Benodig jy ’n blaaskans maar jou beursie en die kalender laat nie ’n lang vakansie toe nie? Raak die jongspan al kriewelrig in Jan Tuisbly se karretjie? Moenie bekommer nie, LekkeSlaap het die kuur! Ons weet van nege oorde reg oor die land waar jy ’n sielsverkwikkende naweek kan deurbring met tonne pret vir die hele gesin!

Avalon Springs Resort

Waar: Montagu, Wes-Kaap
Warm swembad: Ja
Kinderoppasdiens: Op versoek
Pret: Swembaddens, Jacuzzi, voëlkyk, visvang, bergfietsry, spa-behandelings en speletjieskamer
Kos: Restaurant, kroeg, kombuis- en braaigeriewe
Verblyf: Berg-chalets en woonstelle

Gariep, a Forever Resort

Waar: Gariepdam, Vrystaat
Warm swembad: Nee
Kinderoppasdiens: Nee
Pret: Kinderswembad, speelarea, piekniekplekke, vlugbalnet, vierwielmotorfietsry, voëlkyk, bootvaarte, visvang en kanovaarte
Kos: Restaurant en kroeg
Verblyf: Chalets, ’n karavaanpark en ’n kampterrein

ATKV Drakensville

Waar: Bergville, KwaZulu-Natal
Warm swembad: Ja
Kinderoppasdiens: Nee
Pret: Swembaddens, plonspoel, ponieritte, pooltafel, minigholfbaan, staproetes en geskenkwinkel
Kos: Restaurant, kitskoskafees en koffiewinkel
Verblyf: Selfsorgwoonstelle, gesinshuise en B&B-kamers

ATKV Goudini Spa

Waar: Rawsonville, Wes-Kaap
Warm swembad: Ja
Kinderoppasdiens:
Op versoek
Pret: Swembaddens, waterwurm, trampolien, minigholfbaan, staproetes, tennisbaan, vlugbalnet, speletjiesarkade en skoonheidsalon
Kos: Restaurant, kitskoskafee en braaigeriewe
Verblyf: Woonstelle, rondawels en villas

Badplaas – A Forever Resort

Waar: Badplaas, Mpumalanga
Warm swembad: Ja
Kinderoppasdiens: Nee
Pret: Swembaddens, kinderswembaddens, waterwurms, wildkyk, perdry, vierwielmotorfietsry, vlugbalnet, rolbalbaan, minigholfbaan, verfbal en vierwielmotorfietsies
Kos: Restaurant, braaigeriewe en kroeg
Verblyf: Hotelkamers, selfsorg-chalets, rondawels, houthutte en ’n kampterrein

Gooderson Natal Spa Hot Springs & Leisure Resort

Waar: Paulpietersburg, KwaZulu-Natal
Warm swembad: Ja
Kinderoppasdiens: Nee
Pret: Perdry, vierwielmotorfietsry, gholfbaan, muurbalbaan, vlugbalnet, bergfietsry en spa-behandelings
Kos: Restaurant, braaigeriewe en kroeg
Verblyf: Dubbelkamers, gesinskamers, ’n wittebrood-suite en selfsorgeenhede

ATKV Klein Kariba

Waar: Bela-Bela, Limpopo
Warm swembad: Ja
Kinderoppasdiens: Nee
Pret: Warmwaterbronne, swembaddens, plonspoel, ’n gholf- en minigholfbaan, vlugbalnet, snoekertafel, staproetes, perdry, wildkyk, fietsry, roei, visvang en vierwielmotorfietsry
Kos: Restaurant, kitskoskafee en geriefswinkel
Verblyf: Woonstelle, berghuise, hutte, tenthuise en slaapkamers

ATKV Natalia

Waar: Suidkus, KwaZulu-Natal
Warm swembad: Nee
Kinderoppasdiens: Nee
Pret: Swembaddens, minigholfbaan, trampoliens, snoekertafel, visvang en speletjiesarkade
Kos: Braaigeriewe
Verblyf: Selfsorgwoonstelle

Montagu Springs

Waar: Montagu, Wes-Kaap
Warm swembad: Ja
Kinderoppasdiens: Nee
Pret: Swembaddens, tennisbaan, piekniekplek, speelarea met klimraam, fietsry en voëlkyk
Kos: Kombuis- en braaigeriewe
Verblyf: Selfsorgkothuise

So, waarvoor wag jy? Bespreek sommer nóú ’n naweekwegbreek by een van dié verfrissende oorde en laat jou sorge soos mis voor die son verdwyn!

Hooffoto: Gariep, a Forever Resort (LekkeSlaap-instansie)