Daar is mos niks lekkerder as ’n vakansie met ’n vleisie op die kole, die see in die agtergrond en ’n gelag en gesels naby jou nie! Suid-Afrikaners is mal oor vakansies by die see saam met vriende en familie en daarom het LekkeSlaap 18 groot strandhuise al langs die kus met genoeg plek vir groot groepe uitgesoek. Dié blyplekke is groot genoeg vir 8 tot 12 gaste en het al die geriewe wat julle sal nodig hê vir ’n behoorlike kuiervakansie. Kliek gerus op die foto’s hieronder vir meer inligting oor elke strandhuis en bespreek sommer nou!
Waar: Jacobsbaai, Weskus
Slaapplek: 10
Geriewe: Kaggel, braaigeriewe, ondervloerse verhitting en onderdakstoep
Doendinge in die omgewing: Strande, restaurante en visvang
Waar: Langebaan, Weskus
Slaapplek: 8
Geriewe: Braaigeriewe, houtstoep en ’n tuin met ’n plonspoel en klimraam
Doendinge in die omgewing: Strandmeer, restaurante, vlieërbranderplankry en visvang
Waar: Vishoek, Wes-Kaap
Slaapplek: 10
Geriewe: Terras, swembad, kaggel en braai-area
Doendinge in die omgewing: Voetslaanroetes, strande, restaurante en branderplankry
Waar: Noordhoek, Wes-Kaap
Slaapplek: 12
Geriewe: Braaikamer, dek, swembad en skoonmaakdiens
Doendinge in die omgewing: Perdry, swem, branderplankry, wynproe, bergfietsry en voetslaanroetes
Waar: Kommetjie, Wes-Kaap
Slaapplek: 12
Geriewe: Kaggel, swembad, dek, tuin en braaigeriewe
Doendinge in die omgewing: Kreefduik, visvang, branderplankry, fietsry, swem en voetslaanroetes
Waar: Kommetjie, Wes-Kaap
Slaapplek: 10
Geriewe: Dek, swembad en kaggel
Doendinge in die omgewing: Slangkop-vuurtoring, strande, branderplankry, restaurante en voetslaanroetes
Waar: Hermanus, Wes-Kaap
Slaapplek: 11
Geriewe: Kroeg, braaigeriewe, stoep, swembad met veiligheidsnet, ondervloerse verhitting en pooltafel
Doendinge in die omgewing: Wynproe, fietsry, swem en restaurante
Waar: Sandbaai, Wes-Kaap
Slaapplek: 8
Geriewe: Binnebraai, onderdakbalkon en swembad
Doendinge in die omgewing: Strande, branderplankry, wynproe en voetslaanroetes
Waar: Witsand, Wes-Kaap
Slaapplek: 10
Geriewe: Plonspoel, braaigeriewe, biblioteek, dek, waskamer en hek na die strand
Doendinge in die omgewing: Strand, walviskyk, kunsvlieghengel en wandelpaaie
Waar: Klein-Brakrivier, Wes-Kaap
Slaapplek: 10
Geriewe: Kaggel en braai-area
Doendinge in die omgewing: Swem, visvang, roei en branderplankry
Waar: Thesen Islands, Wes-Kaap
Slaapplek: 8
Geriewe: Swembad, kaggel, dek, braai, privaat strand, jetty met 3 kano’s en skoonmaakdienste
Doendinge in die omgewing: Swem, bootritte en restaurante
Waar: Victoriabaai, Wes-Kaap
Slaapplek: 11
Geriewe: Onderdakstoep en braai-area
Doendinge in die omgewing: Gholf, natuurreservate, strande en branderplankry
Waar: Robberg, Wes-Kaap
Slaapplek: 12
Geriewe: Braaigeriewe, ondervloerse verhitting, kroeg, kaggel, stoep, privaat paadjie na strand en waskamer
Doendinge in die omgewing: Swem, natuurreservaat, voetslaanroetes, bergfietsroetes en walviskyk
Waar: St. Francisbaai, Oos-Kaap
Slaapplek: 10
Geriewe: Sondek, braaigeriewe, verhitte swembad en vasmeerplek
Doendinge in die omgewing: Branderplankry, bootritte en versteekte strand
Waar: St. Francisbaai, Oos-Kaap
Slaapplek: 10
Geriewe: Gimnasium, kaggel, speletjieskamer, houtdek, braaigeriewe, tennisbaan, swembad, trampolien en krieketnet
Doendinge in die omgewing: Branderplankry en bootritte
Waar: Jeffreysbaai, Oos-Kaap
Slaapplek: 8
Geriewe: Braaigeriewe en kaggel
Doendinge in die omgewing: Branderplankry, strande en restaurante
Waar: Morgansbaai, Oos-Kaap
Slaapplek: 10
Geriewe: Dek, vermaakarea en braaigeriewe
Doendinge in die omgewing: Strandmeer, strande, markies en visvang
Waar: Zimbali, KwaZulu-Natal
Slaapplek: 12
Geriewe: Gholfkarretjie, dek, swembad, vermaakarea en hotelgeriewe
Doendinge in die omgewing: Restaurante, spa, tennis, muurbal, sokker en strand
Daar het jy dit! Dit hoef nie moeilik te wees om saam met ’n groot groep weg te breek nie. Begin solank beplan aan jou volgende wegbreek saam met vriende of familie.
Hooffoto: Oceans Echo (LekkeSlaap)