KwaZulu-Natal is deesdae op almal se doenlysie. Die provinsie is ’n mengelmoes van statige winkelsentrums, aksiebelaaide avonture, myle se lywe op die strande en bekoorlike landelike gebiede wat jou maak voel of jy in ’n sprokie rondswerf. Dit bied alles: van welige, groen berge, droë grasvlaktes, die besige stadskern tot bedrywige markies in die dorpstrate. Daar is ook verskeie besienswaardigehede en doendinge wat jy moet beleef as jy ’n plekkie by een van die bekoorlike B&B’s bespreek. Kliek op die foto’s indien jy meer wil uitvind.

Dié pragtige siersteengebou staan al vir 70 jaar en is naby aan alles wat jy benodig om ’n heerlike vakansie in Zululand te geniet. Spring in die kar en gaan baljaar in die Indiese Oseaan of gaan wandel in die Drakensberge.

Bancroft B&B is in ’n welige groen woonbuurt in Pietermaritzburg met ’n beeldskone tuin. Hulle bied iets wat almal se smake sal pas. Geniet elke oggend die wonderskone sonsopkoms uit een van die 3 uiters gerieflike B&B-suites.

Dié gastehuis is in die beeldskone plattelandse omgewing van Howick geleë, in die hartjie van die Midlands se watervalle, die suidelike Drakensberge en die gewilde Sanipas. Jy kan in die Japanese ontwerperstuin ontspan of op die privaat grasperk jou kombersie oopgooi en in die sonnetjie bak.

In die hartjie van die majestueuse Natalse Midlands lê die sprokiesagtige The Lodge @ Curry’s Post, omring deur bekoorlike trou-venues. Die pragtige, individuele kamers is top-gehalte en bied al die geriewe wat ’n reisiger en vakansieganger sal benodig.

Ontspan op die veranda en bewonder die 129 voëlspesies, die skaars samango-aap en die karkloof blou skoenlapper of wandel in die woud en kyk of jy ’n kuifkoptarentaal, breëkop- of witkruisareand kan gewaar. Die Midlands Meander begin net hier op jou drumpel en jy kan alles van handgemaakte-, tuisgemaakte- en ongewone items hier opspoor. Bring jou fiets en stapskoene vir ’n avontuur deur die woud of waag dit op ’n Karkloof Canopy Toer.

Die beeldskone lodge lê in die prentjiemooi Balgowanvallei. Na ’n besige dag kan jy salig op die stoep ontspan met ’n drankie in jou hand terwyl jy kyk hoe die son ondergaan. Word wakker met voëltjies wat buite jou venster sing en spandeer die dag in die water of vang vis in die dam.

So, wanneer maak jy weer ’n draai in KwaZulu-Natal? Laat weet ons watter B&B is jou gunsteling!

Hooffoto: Tracey’s B&B 
Al die foto’s is van LekkeSlaap.co.za af verkry.