Die beeldskone Malotiroete loop al langs die Malotiberge teen Lesotho af en sluit dele van die Oos-Vrystaatse Hooglande en Lesotho in. As majestueuse bergreekse, bekoorlike dorpies, erfenisgebiede, die natuurskoon en interessante mense in jóú kraal val, kyk dan verder na al die pragtige prentjies wat jy op dié roete kan verwag!
Prentjiemooi foto’s
Dié roete het beslis nie ’n tekort aan asemrowende uitsigte nie! Jy kan jou kamera om elke hoek en draai mik en jy sal met fantastiese foto’s beloon word. Daar is woudagtige valleie, groen grasvelde en hoë pieke, so jy sal definitief iets vind wat in jou smaak val.
Voetslaan
As jy ’n bietjie ekstra energie het om van ontslae te raak, gaan wandel gerus oor die Malotiroete se berge en dale! Daar is verskeie beginpunte en moeilikheidsgrade sodat die hele gesin kan deelneem. Kliek hier vir meer inligting.
Perdry
As jy nie die roetes self wil aanpak nie, kan jy dit gerus op ’n perd se rug aandurf. Jy sit dan sommer lekker hoog en kan die uitsig nog beter bewonder! Lees meer hier.
Wildkyk
Daar is baie wildspesies wat op die roete voorkom. As jy in die Maloti-Drakensberg Oorgrenspark gaan kuier, kan jy die elande teen die hoër berghange dophou, terwyl hulle na die soeter grasvelde beweeg om daar te gaan wei.
Blomseisoen
Aan die einde van die jaar is dit blomseisoen op die Malotiroete! Bewonder die kosmos wat teen die grondpaaie groei, die sonneblomvelde wat kilometers ver strek en selfs ’n protea of twee. Daar is oneindig baie plantspesies in dié geweste, so kyk gerus hoeveel jy kan raaksien!
Lekker blyplek
Ons het hope slaapplek as jy besluit om dié wonderskone deel van ons land te gaan verken! Loer bietjie hier!
De Ark Mountain Lodge, Clarens
Dynasty Red Mount Ranch, Clarens
Fairview Estates, Fouriesburg
Lesoba Guest Farm, Fouriesburg
Mafube Mountain Retreat, Fouriesburg
Royal Coachman, Clarens
The French Cottage, Clarens
***
Daar het jy dit nou! Die Malotiroete is voorwaar ’n lushof vir die oog en is ideaal vir jou volgende gesinsvakansie. So, bespreek nóú ’n oornagplekkie by LekkeSlaap en val in die pad!