Verbeel jou jy sit in die mik van ‘n reusboom, ʼn newel van mis omgewe jou, ʼn klammigheid slaan op uit die woud se blaartapyt en woel die aardse reuk van bas los, die swaar stilte van miljoene roerlose blare word meteens verbreek deur die gutturale roep van ʼn knysnaloerie hier by jou, en as jy jou kop draai om hierdie pragvoël van nader te beskou, sien jy net ʼn rooivlerkfladdering wat in die ruigtes verdwyn …

Knysna Turaco (Tauraco corythaix corythaix)

Ek het 7 boomhuise gaan soek waarin grootmense hul kaalvoetdae kan herleef en lekke kan slaap in die natuur!

Teniqua Treetops (Sedgefield)

“Iets wat almal ten minste een keer moet beleef … awesome!” – Christelle V (Maart 2014)

Majuli Tree Lodge (Marloth Park)

“Baie lekker gekuier! Skoon en netjies. Die diere is baie mak en eet uit jou hand uit!” – Susan J  (September 2013)

Treehouse River Lodge (Valley of 1000 Hills)

“Dit is ʼn baie lekker plek, baie rustig en die kos was heerlik!” – Jaco V (April 2014)

Tsala Treetop Lodge (Plettenbergbaai)

Pezulu Tree House Game Lodge (Hoedspruit)

“Die boomhuis met sy buitestort, die skemerkelkie by die lodge en uitkykpunt, die dromme wat die aandete aankondig, die ete onder maanlig en sterre in die boma. Dit was een groot fees. Baie dankie vir Pezulu wat elke oomblik baie spesiaal gemaak het.” – Werner D (April 2015)

Serenity Forest Eco Reserve (Malelane)

“One of the best spots I know of in SA!” – Carl V (Julie 2014)

Forest Bird Lodge (Magoebaskloof)

“Kan dit aanbeveel vir enige iemand wat ʼn paar dae net rustig wil wees. Die mooiste natuurskoon en baie vriendelike ontvangs. Net wat ons nodig gehad het.” – Marlene K (Februarie 2015)

  • Hooffoto: ‘n knysnaloerie (Johan du Preez)
  • Al die ander foto’s is afkomstig van instansies se profiele op LekkeSlaap.co.za