Ek haat hipsters. Hulle outydse truie laat my na my ouma verlang. Ek haat hulle puik koffie, hulle gourmet-burgers, hulle boetiekbier wat my verbeelding met goue garslande besoedel, hulle perfekte Pulled Pork-toebroodjies wat met my kop smokkel. Hipsters is nie haastig nie, mens wag lank vir die kos, maar as die baardman met die verveelde uitdrukking uiteindelik die houtskinkbord voor jou inskuif, is jy nooit spyt nie. Kaapstad is beslis Suid-Afrika se hipster-hoofstad, maar Johannesburg is kort op haar hakke. Ek het ’n paar hipster-uithangplekke vir koffie-, bier- en slow food-liefhebbers in die Goudstad uitgesnuffel.

2

 

* Titelfoto: Bigstock