’n Salige sessie in die borrelbad is ’n bederf wat jy nie sommer elke dag kan geniet nie. Wie het nou tyd om in die water te week as daar byna ’n miljoen dinge in en om die huis is wat gedoen moet word … Om behoorlik af te skakel moet ’n mens liefs nie by die huis wees nie! Gelukkig het LekkeSlaap.co.za derduisende lekke wegbreekplekke om van te kies.

Wanneer dit by vakansie kom, is ’n luukse bad die kersie op die koek! ’n Bederfbad is sinoniem met wegbreek, met afskakel en batterye herlaai. Daarom het ons dié versameling blyplekke met bobaas-baddens saamgestel wat ons by ieder en elk sal aanbeveel!

Kliek gerus op die onderstaande foto’s vir meer inligting oor die bobaas-blyplekke wat spog met dié luukse baddens.

Limpopo

AM Lodge

Hierdie lodge is in Hoedspruit, Limpopo geleë en bied luukse alles-ingesluit-verblyf vir ’n wegbreek vol pamperlang en skilderagtige sonsondergange.

Ant's Hill

Ant’s Hill is ’n lodge teen ’n krans op ’n wildreservaat naby Vaalwater in Limpopo, maar daar’s g’n niks vaal aan dié plek nie!

Clifftop Exclusive Safari Hideaway

Dié juweel van ’n plek is in die Welgevonden Privaat Wildreservaat in die Waterberge geleë en hiér kan jy ure lank in die water week.

Bushwa Game Lodge

Hierdie lodge is net 250 km van Johannesburg af, so as die stad te veel word weet jy waarheen om te mik!

Kamp was nog nooit so luuks soos by dié plek nie! Elke permatent by Garonga Safari Camp het ’n privaat houtdek met ’n hangmat vanwaar jy die wild kan dophou.

Magoebaskloof Birder's Cottages

Magoebaskloof Birders’ Cottages is tussen die inheemse bome weggesteek en daar is legio staproetes vir natuurliefhebbers.

Mhondoro Lodge

Hierdie kindervriendelike lodge is bekend vir sy ondergrondse watergat-uitkykpunt wat vir ongelooflike wildkykgeleenthede sorg!

Sondela Country House

Sondela Country House is ’n 5-ster gastehuis waar jy puik geriewe en absolute bederf te wagte kan wees.

Woodmere Lodge

’n Lieflike, inheemse woud, damme, voetslaanroetes en uitsigte wat eindeloos voor jou uitstrek … As dit soos ’n wenresep klink, stel ons voor jy kom draai by dié lodge.

Wes-Kaap

Leisure Isle Lodge

Dié lodge is naby die welbekende Knysna Koppe geleë. As jy ’n bad met ’n uitsig soek, hoef jy nie verder te soek nie!

La Clé des Montagnes

Hierdie elegante toevlugsoord is stapafstand van Franschhoek se bekoorlike middedorp af en bied hope Franse flair.

Tsala Treetop Lodge

Hiér kan jy soos Tarzan en Jane tussen die bome kom uitspan. Hierdie lodge is naby Plettenbergbaai geleë ─ perfek as jy die wêreldbekende Tuinroete wil verken!

One&Only Cape Town

Bad soos ’n koninklike in die hartjie van die Moederstad! One&Only Cape Town is in die V&A Waterfront wat spog met van die gewildste besienswaardighede ter wêreld.

Forest Valley Cottages

Dink net jy kan salig in dié borrelbad lê met ’n glasie sjampanje in die hand … By Forest Valley Cottages kan jy dié dagdroom bewaarheid.

Dunmore Penthouse Clifton

By dié luukse woonstel moet jy beslis die kamera gereed hou, want Clifton se sonsondergange is iets wat jy nie sommer elders kry nie.

Noordwes

Tshukudu

By dié Tshukudu in Noordwes kan jy sommer die Groot 5 bekyk terwyl jy in ’n borrelbad week!

KwaZulu-Natal

The Oyster Box

Hierdie hotel is reg teen die water by Umhlanga geleë en ’n uur of twee in dié see-uitsig-bad sal sommer al jou stres weg was.

Kosi Forest Lodge

Dié luukse bad is in die iSimangaliso Vleilandpark ─ een van Suid-Afrika se Wêrelderfenisgebiede ─ geleë!

Ghost Mountain Inn

Ontspan in dié luukse bad in die noorde van KwaZulu-Natal terwyl jy oor die enorme tuin uitkyk en na die voëltjies se getjilp luister.

Daar het jy dit! As jy moeg word vir die lewe in die stad, stel ons voor jy tap vir jou ’n salige borrelbad.