Soos gesien op Maroela Media.

Al moeg gesoek na die perfekte strandhuis vir Desember? Teen Oktober is blyplek teen die kus vir die somervakansie so skaars soos hoendertande, maar moenie bekommer nie! Met LekkeSlaap.co.za is jy sommer binne ’n japtrap uitgesorteer. Rol af ek kyk na ons versameling gesinsvriendelike vakansieverblyf naby die see wat nog beskikbaar is tussen 21 Desember 2020 en 2 Januarie 2021*. 

Spring vinnig, voor hulle almal opgeraap word!

Dis Al! Akkommodasie

McDougallsbaai, Namakwaland, Noord-Kaap

Kies tussen een- en tweeslaapkamer-kothuise met slaapplek vir 4 tot 6 gaste op McDougallsbaai se strandfront. Dié kusnedersetting naby Port Nolloth in die Noord-Kaap is ideaal vir gaste wat van die samedromming van die stad wil ontsnap, en buiten die kans om snoek en geelstert te vang (onthou jou permit!), kan gaste ook ’n dagbesoek aan die |Ai-|Ais -Richtersveld Oorgrenspark aflê. 

Kliek hier vir die tariewe.

Nog beskikbare vakansieplekke in Port Nolloth

___________________________

Oystercatchers

Rooi-Els, Suidkus Walvisroete, Wes-Kaap

Met sy uitsig oor Valsbaai, ’n warmwater-buitestort en ’n privaat paadjie tot op die strand, is hierdie dubbelverdieping-vakansiehuis die ideale plek vir ’n familievakansie. Die huis het slaapplek vir tot 12 gaste in 5 slaapkamers en daar is ’n groot grasperk vir die kinders om te speel en ’n braai-area en stoep waar gaste die pragtige sonsondergang kan bewonder. 

Kliek hier vir die tariewe. 

Nog vakansieplekke op die Suidkus-Walvisroete

__________________________

Blue Whale Way

Kommetjie, Kaapstad, Wes-Kaap

By hierdie drieslaapkamer-strandhuis in Kommetjie loop jy deur die tuinhekkie tot op die strand! Daar is slaapplek vir tot 6 gaste en die huis grens aan ’n natuurreservaat wat ’n wonderlike geleentheid bied om saam met die jongspan die rotspoele te besoek en die area se biodiversiteit te verken. Boonop is Kommetjie ’n perfekte bestemming vir branderplankryers en gesinne wat daguitstappies na die Kaap wil maak, én die huis het gratis WiFi. 

Kliek hier om die tariewe te sien.

Nog beskikbare somervakansieplekke op die Kaapse Skiereiland

________________________

Allesmooi Villa

Langebaan, Weskus, Wes-Kaap

Ons almal weet Langebaan is lekke, en dié drieslaapkamerhuis met slaapplek vir 6 gaste sal sorg dat jy en jou geliefdes hierdie somervakansie die lekker vol hou. Daar is grasperke vir die kinders om op te speel, ’n dek met ’n braai-area en ’n uitsig oor die strandmeer in die verte. En raai wat? Vlekkie is ook welkom!

*Troeteldiere word toegelaat indien gereël.

Kliek hier om die tariewe te sien. 

Nog beskikbare somervakansieplekke aan die Weskus

_________________________

Surferscorner Self-Catering Apartments

Muizenberg, Kaapstad, Wes-Kaap

Daar is nog woonstelle met slaapplek vir 3 of 4 gaste beskikbaar in hierdie woonstelblok in Surfer’s Corner. Nader aan Muizenberg se ikoniese strandhuisies, rits strandfrontwinkels en -restaurante kan jy nie kom nie en soggens sal jy met ’n helder sonsopkoms oor Valsbaai bederf word. 

Kliek hier om die tariewe te sien. 

Nog beskikbare somervakansieplekke in die Suidelike Voorstede

__________________________

Guppy Huys Oceanfront Holiday Bungalow

De Kelders, Gansbaai, Wes-Kaap

Hierdie drieslaapkamerhuis het slaapplek vir 8 gaste en is in die loslit-kusdorp, De Kelders, naby Gansbaai in die Overberg geleë. Die huis is stylvol versier, word deur fynbos omring en daar is ’n heerlike uitkyk-stoep met ’n braai, asook ’n boma op die perseel. ’n Natuurpaadjie sal gaste vanaf die huis tot op die strand neem, en die beste van als is dat jou troeteldier ook saam kan vakansie hou! 

*Troeteldiere word toegelaat indien gereël. 

*Daar is ’n minimumverblyftydperk van 5 dae tydens die spitsseisoen.

Kliek hier om die tariewe te sien. 

Nog somervakansieplekke in die Gansbaai-area

________________________

Blue Bay Bungalow

Suiderstrand, Overberg, Wes-Kaap

Hierdie drieslaapkamer-houthuis word deur die L’Agulhas Nasionale Park omring en skuil op die duine in Suiderstrand, ’n kusnedersetting naby Struisbaai in die Overberg. Die huis het slaapplek vir 6 gaste en die kinders kan in hierdie veilige, afgeleë area speel terwyl Ma en Pa op die stoep braai of voëlkyk van die dek af. As julle lus is vir mense, is Agulhas en Struisbaai se restaurante, winkels en strande net ’n klein entjie se ry ver.   

Kliek hier vir die tariewe.

Nog beskikbare vakansieplekke in die Overberg

________________________

Lagoon Drive Family Beach Home

Salt Rock, Noordkus, KwaZulu-Natal

Die hele familie sal in hierdie keurige vierslaapkamerhuis met slaapplek vir 12 gaste en parkeerplek vir 7 voertuie  pas. Dit is toegerus vir ’n sorgelose selfsorgvakansie en gaste kan op die stoep langs die swembad kuier en die 5 minuut-stappie tot by Salt Rock se strand of ’n daguitstappie na Ballito geniet. 

*Daar is ’n minimumverblyftydperk van 7 nagte tydens die spitsseisoen. 

Kliek hier om die tariewe te sien. 

Nog beskikbare somervakansieplekke aan die Noordkus

______________________

Villa Siesta 4

Margate, Suidkus, KwaZulu-Natal

By Villa Siesta 4 ruik jy die seesout terwyl jy nog in die bed lê en wonder of jy moet opstaan. Dié duplekswoonstel het slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers en het alles wat jy vir ’n selfsorgvakansie sou benodig. Sit en braai op die onderdakstoep met ’n fantastiese see-uitsig of stap oor die straat na die strand en getypoel. 

Kliek hier om die tariewe te sien. 

Nog beskikbare somervakansieplekke aan die Suidkus

_____________________

Bondi Beach 1

Shelly Beach, Suidkus, KwaZulu-Natal

Hierdie woonstel op die grondverdieping het slaapplek vir 6 gaste en buiten die feit dat dit lekker naby die see is, is dit in ’n kompleks met hope vermaak vir die jongspan, ’n swembad, tennisbaan en ’n klubhuis geleë. Bring jou DStv-dekodeerder saam as jy so ’n bietjie media-vermaak soek of doen die strandding en stap af na Shelly-strand.  

Kliek hier om die tariewe te sien. 

Nog beskikbare somervakansieplekke aan die Suidkus

_________________________

Milkwood Cottage 13

Gordonsbaai, Groter-Kaapstadarea, Wes-Kaap

’n Ontwerpershuis net ’n paar treë van Gordonsbaai se strand af klink mos nou lekke! Hierdie drieslaapkamerkothuis het slaapplek vir 6 en jy kan jou troeteldier saambring! Daar is ’n braai en ’n buite-sitarea op die stoep, en die kothuis se swembad is verhit. So, strand of swembad, jy’s verseker van ’n salige swemsessie. 

*Troeteldiere word toegelaat indien gereël. 

Kliek hier om die tariewe te sien. 

Nog beskikbare somervakansieplekke rondom Gordonsbaai. 

_______________________

Elizabeth House

Port Elizabeth, Nelson Mandelabaai, Oos-Kaap

Hierdie enorme strandvakansiehuis het slaapplek vir tot 14 gaste in 4 slaapkamers (van die kinders kan op slaapbanke slaap) en spog met ekstra bederfies soos gratis WiFi, ’n swembad, ’n dek met ’n hangmat en ’n buitebraai. As jy nie op die strand sonbaai nie, kan ons jou verseker dat jy die meeste van jou tyd op die dek met ’n uitsig oor die baai sal deurbring, want só ’n uitsig is balsem na ’n lang, deurmekaar jaar. 

Kliek hier om die tariewe te sien. 

Nog beskikbare somervakansieplekke rondom Nelson Mandelabaai

____________________________________________

Ons hoop jy het jou 2020-somervakansiehuis gevind! Indien nie, onthou dat daar is nog talle ander opsies op ons webwerf is, en as ons nie vir jou ’n plekkie reg langs die see kan kry nie, kan LekkeSlaap beslis ’n paar alternatiewe voorstelle maak. 

*Let asseblief dat hierdie instansies nog beskikbaarheid gehad het tussen 21 Desember 2020 en 2 Januarie 2021 ten tyde van publikasie. 

Hooffoto: Blue Bay Bungalow op LekkeSlaap.co.za