Is jy alweer terug in jou daaglikse roetine na die vakansie? Voel jy dis weer tyd vir ’n bietjie spa-bederf vir jou en jou vriende en/of geliefde? Ons plaas die kollig op ’n paar lekke spa-wegbreekplekke waar jy lafenis en rus vir jou siel kan vind! Kom ontspan en bederf jouself by een van dié luukse spa-bestemmings. Kliek op die spa se naam vir meer inligting!

Evergreen Manor and Spa, Stellenbosch, Wynlande

‘Evergreen Manor and Spa’ is knus geleë in die historiese kern van Stellenbosch, die hartjie van die Kaapse wynlande. Die herehuis staan onder eeueoue eikebome en is omring deur rotsagtige berge en golwende wynlande, wat dit een van die mooiste en luukste gastehuise in die omgewing maak. Die huis is in 1904 gebou in die weelderige landgoedhuis-styl en bied ou-wêreldse sjarme maar moderne gerief.

5debf8d0d796c1c81a900ccd7869ff941e3f09631313152493494-tile

71dd8fc01a98cbe69e231adb0f9d967f94e67480131315254588-tile

71dd8fc01a98cbe69e231adb0f9d967f94e674801313152146157-tile

71dd8fc01a98cbe69e231adb0f9d967f94e674801313152192611-tile

71dd8fc01a98cbe69e231adb0f9d967f94e674801313152225214-tile

Stillness Manor & Spa, Tokai, Kaapstad

Stillness verwelkom jou by sy klassieke Kaap-Hollandse herehuis, omring deur die pragtige wingerde en woude van die Constantiavallei. Stillness Manor en Spa is ’n manjifieke en afgesonderde hotel en spa, bokant Steenberg Gholf-landgoed en die Amerikaanse konsulaat. JoJos@Stillness Spa bied dagbesoekers, sakereisigers en toeriste pragtige gesondheidsgeriewe, en ’n volledige reeks opwindende spa-behandelings.

1f5e6b585ba433e1c8413fa85dc910bbc91361cb1335965185344-tile

529f5cb560556afd661ee711d65028019f0df8351346079409849-tile

529f5cb560556afd661ee711d65028019f0df8351346079445241-tile

529f5cb560556afd661ee711d65028019f0df8351346079198502-tile

529f5cb560556afd661ee711d65028019f0df835134607903681-tile

Lanzerac Hotel & Spa, Stellenbosch, Wynlande

Die Lanzerac Hotel & Spa is op ’n werkende wynlandgoed geleë. Lanzerac is tans een van die mees gesogte hotelle en trou-venues in die wêreld. Lanzerac Landgoed is ideaal geleë om die omgewing se gewilde wynplase en die geskiedkundige dorp Stellenbosch te verken. Plaaslike handwerk- en antiekwinkels, kunsgalerye, museums en bekroonde restaurante is ook gerieflik naby geleë. Lanzerac spog met gasvryheid en ’n ryk erfenis!

1ee1e79ac0e1cca2c37ffcfb8f6fb74b927d9d341371563419332-tile

0615c90017d0b859574050277fa863c45d779d6d1371563711739-tile

0615c90017d0b859574050277fa863c45d779d6d1371563761401-tile

0615c90017d0b859574050277fa863c45d779d6d1371563973535-tile

0615c90017d0b859574050277fa863c45d779d6d1371564076271-tile

bca1627963252c78d9cac4ea7e7eba3af9026344137156192535-tile

5 Mountains Lodge & Spa, Wellington, Boland

5 Mountains Lodge & Spa   in die beeldskone Bovlei-vallei, aan die voet van die Bainskloofpas. Dit is ’n luukse, eksklusiewe wegbreek-oord in pragtige tuine en wingerde en omring deur die natuurskoon van die majestueuse berge. Gaste kan weelderige verblyf kombineer met bekroonde spa-behandelings, besigtigingstoere, wyntoere, bergfietsry, perdry en stap. Jy kan ook kies om eerder langs die swembad te ontspan. Geniet die gasvryheid van ons vriendelike en behulpsame personeel.

9f72fee714394aa6f016183b1dc84ffc3f7a99631334473730525-tile

9f72fee714394aa6f016183b1dc84ffc3f7a99631334473768183-tile

cb6e642c91954578b10320f9b11538d11b12d4f51334473157816-tile

cb6e642c91954578b10320f9b11538d11b12d4f51334473651984-tile

Witwater Safari Lodge en Spa, Waterberg

Witwater is ’n 5-ster lodge in die pragtige, malariavrye Waterberg. Dit is geleë aan die oewers van die Lephalale-rivier en kry sy naam by die wit waters waarvoor die Witwater bekend is. Indrukwekkende elegansie en ’n hartlike verwelkoming wag op jou. Witwater se hartlike verwelkoming en gasvryheid sal by jou bly lank nadat jy hier kom kuier het.

035d8d07ed96b4f0b9d72738752d6e57244d97d31407501170804-tile

035d8d07ed96b4f0b9d72738752d6e57244d97d3140750119510-tile

035d8d07ed96b4f0b9d72738752d6e57244d97d31407831845334-tile

035d8d07ed96b4f0b9d72738752d6e57244d97d31407501200885-tile

035d8d07ed96b4f0b9d72738752d6e57244d97d31407501199582-tile

Leeuwenhof Country Lodge & Garden Spa, Modimolle, Waterberg

Leeuwenhof is ’n romantiese Country Lodge & Garden Spa wat in die Waterberg se pragtige natuurskoon geleë is. Dit is net twee ure se ry van Johannesburg Internasionale Lughawe af. Agter ’n indrukwekkende wit hek skuil ’n lang wit gebou in die Kaapse Koloniale styl met skaduryke stoepe wat jou nooi om waarlik te ontspan. Die mooi grasperke word met lowerryke bome en struike afgewissel. ’n Tydlose rustigheid heers met voëls wat sing en beeste en wild wat wei en rondloop.

50ac92dbf714b07d41dabb876a7a41ee6cddeb5d1323247277864-tile

50ac92dbf714b07d41dabb876a7a41ee6cddeb5d1323247220388-tile

57e2ab53611be4a4358a149a14e41aa5c4d781621323246163831-tile

57e2ab53611be4a4358a149a14e41aa5c4d781621323246413128-tile

2261aaca1e55dcd1461bede36c276d36fdcfd5d91323247050731-tile

Alle foto’s afkomstig van instansies se profiele op www.lekkeslaap.co.za