Hooffoto verskaf deur Leon Laubscher.

Ons sonskynland het die afgelope week sommer baie sneeu gesien en Suid-Afrikaners het die kostelikste kiekies geneem om dié sprokiestoneel vas te vang. Ons het van die beste sneeufoto’s op ons landgenote se Instagram-profiele gaan opspoor en ons kan amper waarborg dat jy nie deur hierdie blog sal kom sonder om jou eie winterwegbreek te bespreek nie!

Die afgelope week het die sneeu hoofsaaklik in die Wes-, Oos– en Noord-Kaap geval, maar vroeër vanjaar was die Drakensberge ook met dié skilderagtige versiersuiker bestrooi. Onthou, die winter is nog lank nie verby nie, so kliek gerus hier en hier om te sien waar jy jou eie lêplekkie in die sneeu kan bespreek.

Hierdie oulike woef het ’n nuwe beste maatjie.

Die Swartbergpas was ook vroeër die week in wit getooi!

Kersfees het vroeg gekom in Matroosberg Natuurreservaat!

In Drie Kuilen Natuurreservaat naby Montagu maak ons amok in die kapok!

Hierdie pragtige nabyskoot is ook op Matroosberg geneem.

‘n Plasing gedeel deur Saleehah (@itssaleehah) op

In Sutherland het daar ook sneeu geval!

Wie sou kon dink dié Europese toneel is in ons land?

Sneeu of te nie ─ dié brawe siel wys die Matroosberg wie’s baas!

“Oor ons ewige gebergtes, waar die kranse antwoord gee …”

In die winter speel ons meer as net kleilat!

Nog ’n beeldskone nabyskoot van die sneeu op Matroosberg.

Die sneeu was beslis ‘n nuwigheid vir Kapenaars!

Dis nie net mense wat die sneeu geniet het nie.

’n Pragtige kiekie van ’n sneeuman in die boorde van die Koo-vallei.

Hoera vir die sneeu!

Nieu-Bethesda in die Oos-Kaap het ook ’n bietjie sneeu gesien.

Hierdie besoekers aan Drie Kuilen naby Montagu maak hul wapens bymekaar!

As jy wonder waar of wanneer dit sneeu, beveel ons beslis Snow Report se webtuiste aan. En as jy ’n paar dae voor ’n kaggelvuurtjie met die sneeu buite jou venster wil deurbring, is LekkeSlaap.co.za natuurlik die beste manier om jou sprokiesagtige winterwegbreek te bespreek!