Successfully reported

LekkeSlaap blog

Pret en plesier in die prentjiemooi Pilanesberg Nasionale Park

So gaan kuier ek, ’n gebore Kapenaar, aan die hange van ’n twee biljoen jaar oue vulkaan by Kwa Maritane Bush Lodge in die Noordwes. En ek kan met vrymoedigheid sê, as jy nog nie daar was nie, móét jy eenvoudig by die Pilanesberg Nasionale Park gaan draai. Gebore en getoë in die Kaap se […]

Sterland: Ontmoet Sutherland se sterre

As kind het ek dikwels die sterre en planete agterop die Astros-boksies bestudeer en dit was net ’n kwessie van tyd voor ek Sutherland sou besoek om die Melkweg van naderby te bekyk. Gestewel en gespoor met ’n reisplan wat haarfyn uitgewerk is en ’n propvol brandstoftenk, is dit presies waarheen ek en Schalk vroeg […]

’n Kuier in die Klein-Karoo by Berluda Farmhouse & Cottages

’n Behoorlike besoek aan die Klein-Karoo het nog altyd in my reisgeskiedenis ontbreek en toe Laura van Berluda Farmhouse & Cottages my vir ’n naweek na die hartjie van dié mooie streek nooi, het ’n byna tasbare opgewondenheid oor ’n besoek aan Oudtshoorn my moeë kantoorlyf met nuwe woema gevul.  Dis ’n snikhete Vrydagmiddag in […]

Willowmore: die Karoo-dorp vol engele

Dié dorpie aan die suidpunt van die Kamdeboovlakte is ’n baie spesiale plek, soos ons gou sal uitvind, want dit is die tuiste van ’n leërskare engele en, bly jy ’n rukkie, ervaar jy hulle gulhartigheid eerstehands.    Die wêreld is vaal en stil, en buiten ’n handjievol turksvybome wat vooroor buig van die dors, is […]

Ons groet die OPTOG!-kunstenaars met ’n laaste vraag

Ons het vir oulaas die kunstenaars gevra wat hul heel lekke’ste ding om te doen is. Hier is wat hulle te sê gehad het én ’n paar idees vir vakansie-inspirasie.  Die jaar lê byna op sy rug en die OPTOG!-kombi se wiele is voos ná sy roetereis deur Suid-Afrika en Namibië! Dié kunstige kaperjolle sluit […]

Tone in die sand by dié kindervriendelike strandrestaurante

Het jy al by ’n restaurant geëet en gedink dit proe mos nou soos vakansie? Die kombinasie van ’n heerlike maaltyd en die strand is die perfekte plek om af te skakel en die geselligheid rondom jou te geniet. Daar is niks soos vars seelug, seesand en ’n tradisionele gereg om van al die kantoorkommernisse […]

De Rust ─ Toe glad nie so rustig

Soos gesien op Maroela Media. De Rust, die “kleiner Oudtshoorn”, die dorp waardeur jy op pad Kangogrotte toe jaag, net nóg ’n klein Karoodorpie …  Wat wou! LekkeSlaap.co.za sien baie Karoodorpe ─ ons ag onsself kundiges op dié gebied ─ en De Rust is nie sommer net een van hulle nie. Dit is ook beslis nie […]

Steytlerville: Kuns en ’n egte Karoo-kuier by die Karroo Theatrical Hotel

So elke nou en dan kry jy die geleentheid om iets totaal en al buitengewoon te ervaar. Dis presies wat die Karroo Theatrical Hotel in Steytlerville is! In die middel van die Karoo kom jy voor ’n unieke gebou met geel aksente te staan, minwetend dat ’n voortreflike aandete en ’n vertoning van formaat op […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang