Successfully reported

LekkeSlaap blog

Riebeek-Kasteel roep: ’n Kykie op kos, kelders, koffie en kultuur

My oupa was destyds die skoolhoof van Laerskool Riebeek-Kasteel en my ma en haar vier sibbes het natuurlik lekker amok gemaak in dié dorpie. My pa hou van ry, sommer net, en het ons op Sondae gereeld ná kerk in die kar gelaai en koers gekies binneland toe — die meeste van die tyd Riebeek-Kasteel […]

The Red Caboose: Kom slaap in ’n treinwa

Verlang jy terug na die dae van prentjiemooi treinritte tussen dorpe en stede? Hoe jy en jou gesin vir ’n paar dae tyd in ’n piepklein kamertjie deurgebring het op pad na jul bestemming? Dit mag dalk iets van die verlede wees, maar The Red Caboose net buite McGregor bied jou die geleentheid om ietwat […]

Luukse lodges in Limpopo

Agter ’n string kameeldoringbome is die son besig om agter die horison te verdwyn. Die lug is met ’n fleurige mengsel van rooi en oranje gevlek en in die verte huil ’n jakkals. Dít is die beeldskone Bosveld! Hierdie week skud ons die seesand van ons voete af en trek ons ons vellies aan ─ […]

Besoek die Bo-Kaap dié Erfenismaand!

Erfenismaand is om die draai en die Bo-Kaap is net die plek waar jy kultuur en plesier op sy beste kan ervaar. Hier kan jy op ’n staptoer deur die woonbuurt gaan, die kleurvolle huisies bewonder, Kaaps-Maleise disse probeer of ’n bietjie meer oor die geskiedenis agter hierdie prentjiemooi omgewing leer. In hierdie blog wys […]

14 fantastiese wegbreekplekke vir Vrouedag

Hierdie Vrouedag kan jy maar van blomme en sjokolade vergeet, want met ’n spa en ’n restaurant op die perseel, kan jy nie anders as om die spesiale dame in jou lewe hiér te kom bederf nie. LekkeSlaap het gesorg dat julle kan kom afskakel en niemand oor kosmaak hoef te bekommer nie! Maak Vrouedag […]

Kuier om Kaapstad se kus

Wat klink lekkerder as ’n avontuur om die Kaap se kus? LekkeSlaap.co.za het ’n Kaapse draai gaan ry en vat jou saam op ons toer deur Muizenberg, St. James, Kalkbaai, Vishoek, Simonstad, Noordhoek en al die pad tot by Kaappunt. Muizenberg Muizenberg is vir die kleurvolle huisies bekend wat in rooi, groen, blou en geel […]

Wagter gaan Weskus toe: Troeteldiervriendelike Blyplekke

Dis net sand wat spat en ’n stert wat swaai,want Wagter hardloop na hartelus.Hy sny ’n lyn reguit na die baai.O, dis lekke vir ’n hond aan die Weskus! Sien jy altyd op na die hartseer afskeid wanneer jy met vakansie gaan en jou hondekinders by die huis moet los? Dis glad nie nodig nie! […]

Lekke naweekdorpies buite Durban

KwaZulu-Natal is ’n provinsie met prentjiemooi plattelandse dorpies net ’n hanetreetjie vanaf Durban se geroesemoes, en die Natalse binneland is ’n toevlugsoord vir natuurliefhebbers, avonturiers en enigiemand wat smag na stilte buite die besige stad. In hierdie blog neem ons jou op ’n virtuele toer deur die skilderagtige landskappe, oulike dorpies en ontsagwekkende natuurwonders wat […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang