Kom verlustig jou in die tipe lafenis wat net die Laeveld kan bied… ʼn kombinasie van luukse bederf-akkommodasie en ʼn onverbeterlike ligging naby ván ons liewe land se gewildste besienswaardighede. Belgrace Boutique Hotel bied jou dit alles-in-een en is die ideale bestemming om jou liefde vir die Laeveld en jou nuwe lewensmaat te versoen. Belgrace sal julle help om jul lewenspad met die regte voetjie voor te begin!

01e97cf19b6c25ad2da419446bd44bccbfe16a05141439785478

Belgrace het ‘n luukse, romantiese en weelderige styl en verwelkom jou met ʼn Europese ambience wat jou hart met die intrap slag sal bekoor. Die hotel is splinternuut opgeknap en bied absoluut eksklusiewe, private en luukse akkommodasie, veral vir paartjies wat opsoek is na persoonlike diens en top-bederfies wat hul verblyf eenvoudig onvergeetlik sal maak! Sy ligging op ʼn makadamianeutplaas, net 20 minute van Witrivier en Nelspruit af, maak dié hotel veral besonders en bied Belgrace se gaste ʼn luukse, landelike leefstyl.

Bella Rose Wittebrood-suite

Hierdie pragtige suite is luuks en elegant versier met genoeg karakter om enige romantiese siel te bekoor. Die oopplan-suite met ʼn Jacuzzi, kaggel en plonspoel skep die ideale ruimte vir ʼn romantiese wegbreek.

e29bb0a7db7b53fb4e11840e496fcb6f89005cd91415889120171

Die suite van 90 m² is versier in ʼn Franse styl met rooi en goue damasmuurversiering, handgemaakte afwerkings en antieke silwerware. ʼn Lieflike koninggrootte-bed, Jacuzzi, kaggel en vrystaande steenbad verseker jou absolute gerief en gemak en met romantiese bederfies soos roosblare, kerse en die beste bottel sjampanje is dié suite soos ʼn paradys vir romanse en gehaltetyd saam met jou geliefde.

Bath

04Bath White

Jacuzzi

Dit is ruim en afgeleë en feitlik versteek tussen welige, digte plantegroei met ʼn privaat veranda, buite-stort en plonspoel met ʼn uitsig op die pragtige omliggende heuwels. Kersligetes word in die suite self voorgesit en word noukeurig afgerond om julle van ʼn spesiale aand saam te verseker.

Pano_Honeymoon_Jacuzzi_View

Tariewe

Die Bella Rose Wittebrood-suite is beskikbaar vanaf R2240 per person en op versoek kan daar gereël word dat die suite van romantiese bederfies soos roosblare, kerse, luukse linne en die beste sjampanje voorsien word. Indien die wittebrood-suite nie beskikbaar is nie, kan jy steeds dieselfde bederf by enige van die ander suites op versoek ontvang. Wittebroodpaartjies kan ook op spesiale daguitstappies die Krugerwildtuin en die Panoramaroete verken.

IMG_0774

Doendinge op die perseel

Aandete by Belgrace is absoluut ʼn buitegewone belewenis en die kookkuns is steeds een van die hotel se verskeie aantrekkingskragte wat die meeste komplimente werf. Selfs in die kombuis word die standaard van ʼn luukse hotel en egte plaaskultuur gekombineer om heilsame fynproewersgeregte uit die varsste en organiese produkte vanaf die plaas self te skep. Dít, die elegante eetkamer, die persoonlike diens en die noukeurige aandag aan detail bied jou die geleentheid om saam met jou liefling te sit en ontspan terwyl jy smul aan ʼn spesiale maaltyd waaraan jy later telke male met ʼn waterende mond en ʼn glimlag op jou gesig sal terugdink. Buiten die restaurant het Belgrace ook ʼn lieflike swembad, kroeg en masseer- en skoonheidsterapiegeriewe.

01e97cf19b6c25ad2da419446bd44bccbfe16a051414397851796

01e97cf19b6c25ad2da419446bd44bccbfe16a051414397866474

Cocktail-Bar-at-Belgrace5426c96db2694-700x466

01e97cf19b6c25ad2da419446bd44bccbfe16a051415889530561

Belgrace Boutique Hotel is toevallig ook ʼn gesogte troue-venue en bied ʼn eksklusiewe troue aan enige oordeelkundige paartjie. Troues by Belgrace duur gewoonlik sommer ʼn hele naweek lank te danke aan die pragtige ligging. Die trou-pakket sluit eksklusiewe gebruik van Belgrace Boutique Hotel, luukse akkommodasie met privaat Jacuzzi’s vir 20 gaste vir 1 aand, 5-ster bruid-suite vir die aand van die troue, die venue self, ʼn driegangmaaltyd, stoele vir seremonie, rooitapyt, gazebo, vol onthaalgeriewe, verwelkomingsdrankies en peuselhappies, dansvloer, kelners en kroegmanne en ʼn funksiekoördineerder in.

Green-gaarden-wedding-venue-700x466

Doendinge en besienswaardighede in die omgewing

Belgrace Boutique Hotel is gerieflik naby die Krugerwildtuin en Panoramaroete, en 5 minute van die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe af geleë wat dit die ideale bestemming vir ʼn oordeelkundige paartjie maak. Bespreek ʼn romantiese wildrit teen sonsondergang en soek saam na die Groot 5, of gaan saam op ʼn dagtoer van die Panoramaroete se skilderagtige bakens waar julle op een slag ʼn album vol wittebroodherinneringe kan versamel en een van die land se mooiste roetes kan ontdek!

Michael Jansen Flickr

Inyati 2

Inyati 1

Nog doendinge in die omgewing sluit die volgende in: Hazyview Skyways Trail, Laeveld Nasionale Botaniese Tuine, Sudwala-grotte en die Jane Goodall Institute Chimpanzee Eden.

Laeveld_NBT,_rivieroewer wiki commons

Entrance_to_the_Sudwala_Caves wikicommons

15410451229_0c2acc7368_k

Belgrace stel nooit nie teleur nie en sal enige paartjie keer op keer laat terug kom en laat tuis voel. Klink ʼn luukse maar landelike wittebrood in die Laeveld na iets wat jou hartjie se hartsnare sal roer? Indien jy ’n wittebrood hier wil bespreek, stuur asseblief ’n e-pos aan info@lekkeslaap.co.za en skryf in jou onderwerpgleuf “Mooi Troues: Belgrace Boutique Hotel, Witrivier”.