Die Griekse Eilande skuil waarskynlik in daardie hoekie van jou verbeelding wat jy besoek as alles net te veel raak – die werk, verkeer, kinders, politiek, en deesdae ook, die droogte. Dié twee woorde roep beelde op van seiljagte op hemelsblou water, skelwit huisies teen eilandkranse, yskoue witwyn in kristalglase, son, wind, en sorgeloosheid. En duisende kilometer tussen jou en jou baas. Helaas is ’n eilandvakansie in die Egeïse See nie vir ons almal beskore nie, maar Mykonos maak dit vir ons moontlik om ’n stukkie Griekeland hier op eie bodem te beleef.

Houses Of Club Mykonos

The Houses With The View

Dié gewilde vakansieoord teen Langebaan se strandmeer aan die Weskus bied romantiese verblyf, konferensiegeriewe en legio doendinge. WestCoastWay het ons genooi vir ’n luilekker dag by Club Mykonos.

Kaliva592Collage

Ontwaak tussen wit linne en geniet jou oggendkoffie met ’n uitsig oor die hawe.

K711 Splendour in MykonosCollage

Staan verstom voor die strandmeer-sonsondergang en sluimer dan in soos ’n Griekse godin.

GWP_0329

Vergeet van al jou sorge in Mykonos se turkoois swembad.

Sauna.

Die lys doendinge is amper net so eindeloos soos die uitsig oor Langebaan se strandmeer: sauna, Jacuzzi’s, plonsbaddens, binnenshuise swembaddens, stoomkamers, Spa, restaurante, gholf, seiljagvaarte, waterponies, visvanguitstappies, tennis, tafeltennis, muurbal, mini-gholf, noem maar op.

3606871222_2517707dcd_o

Augustus en September is blommetyd aan die Weskus – is dit nie dalk hoogtyd om dié wêreldbekende verskynsel met jou eie oë te aanskou nie?

WestCoastNationalCollage

Die Weskus Nasionale Park is minder as 20 minute se ry van Club Mykonos af.

May 2011. Bontebok (Damaliscus dorcas dorcas) West Coast National Park, Western Cape, South Africa.

Natuurliefhebbers kan gerus ook ’n draai maak by Thali-Thali Wildlodge, Buffelsfontein Wildreservaat, Elandsfontein Privaat Natuurreservaat en die Weskus Fossielpark.

Allan Watt (flickr)

Verruil jou verbeelding vir die helder werklikheid, bespreek ’n Griekse vakansie in Suid-Afrika!

Al die foto’s is van instansieprofiele op LekkeSlaap.co.za tensy anders aangedui.

Hooffoto: Bigstock