Dis ‘n fees van kleure en klank, dis ‘n fees van oorvloed en d(r)ank, dis ‘n fees waar dit bewe van gees en lewe! Skud jou vere reg vir die jaarlikse Klipkoppie Fees in Alberton van 29 tot 31 Mei 2015. Die stof gaan staan op Forestraat se feesgronde wanneer duisende feesvoete die gronde besoek, en daar is iets wat elke Jan Rap en sy maat en sommer die res van sy vriendegroep ook sal vermaak. LekkeSlaap is vanjaar ‘n trotse borg by dié fees en danksy ons lekke akkommodasie-opsies naby aan die feesgronde, sal feesgangers lekke kan slaap sodra hulle na al die pret en kuier beginne gaap Die fees begin Vrydag om 12:00.

Die Klipkoppie Fees word vanjaar vir die tiende keer aangebied en word elke jaar groter. Dis ‘n samekoms van musiek, jolyt, speel, 4×4-avontuur, pret vir die kinders, oulike kopies, lekke kos en, natuurlik soos dit hoort by ‘n fees, lekke kuier! Die program is tjokkenblok vol gelaai om te verseker daar is nooit ‘n vervelige oomblik nie. Van die land se beste kunstenaars vermaak feesgangers van Vrydag tot Sondag. Sien uit na musiek van Elvis Blue, Emo Adams, Nadine, Snotkop, Kurt Darren, Riana Nel, Die Broers, Wicus van der Merwe en vele meer!

Feesgangers kan die heel naweek uitsien na talle uitstallings, tente vol kunstige kopies, pret en plesier vir die kinders, modderige pret op die hindernisbaan, smullekker kos en verfrissende drankies by die biertent. Saterdag gaan die adrenalien pomp met talle opwindende aktiwiteite. Andre de Villiers gaan menige feesganger se hartklop laat bokspring met lekke 4×4-avonture. Die 4×4-skattejag gaan ook sorg vir baie opwinding. Gedurende dié eiesoortige skattejag sal feesgangers met hul eie voertuie leidrade op ‘n 4×4-roete gaan soek. Die roete sluit modderpoele, waterkruisings, steil opdraendes en maagdraaiende afdraendes in. Daar is ook ‘n pretdraf Saterdag (4 km of 8 km) om so ‘n bietjie van die energie te dreineer. En wat is ‘n fees sonder musiek en vermaak!? Kunstenaars gaan heel naweek sorg dat die feesgronde leef en beef op die maat van die beste musiek.

page

Moenie die fees misloop nie! Kaartjies kos R100 Vrydag, R150 Saterdag en R50 Sondag. Kinders onder 12 jaar kan die hele naweek gratis baljaar.

So trek jou feesskoene aan, want dit gaan ‘n fees wees! Bring die hele gesin, jou vriende en jou skoonma, want by vanjaar se Klipkoppie Fees gaan die feesgees oorheers! 

Hier is ‘n kykie na al die pret en plesier wat feesgangers na kan uitsien …

Lekke kunstige kopies

18415_342112109325983_7240325510187855579_n 

Lekke musiek en kos vir almal!

 PicMonkey Collage 1

Lekke 4×4-avontuur en pret en plesier vir die kinders

PicMonkey Collage 2

En dís waar jy jou blyplek kan bespreek!

  Klipkoppie fees akkommodasie