Suid-Afrika spog nie net met asemrowende landskappe en natuurskoon nie, maar ook met talle wêreldklas-wynroetes. Te danke aan die Wes-Kaap se Mediterreense klimaat is dit die land se gewildste wynstreek met ’n legio wynplase om elke hoek en draai. Buiten wynproe bied talle wynplase ook ’n blik op die streek se geskiedenis, heerlike kos, plaasdiere en doendinge vir die hele gesin.
Die minder bekende Overberg-wynroetes is net oos van Kaapstad en spog met asemrowende wynplase wat bekroonde wyn oplewer. Die Overberg bied die ideale omstandighede vir wynbou met die berge en see aan weerskante en die gevolg is dat die terroir-beginsel in die streek geld. Dit beteken dat die gehalte van die wyn afhanklik van die grond en klimaat van die spesifieke area is. LekkeSlaap het gaan ondersoek instel oor dié streek se unieke wynroetes en blyplekke langs die pad, sodat jy nie hoef te stres oor die langpad huis toe na jou wynproesessie nie!
Majestueuse berge en luisterryke fynbosheuwels vorm die agtergrond vir die Hemel-en-Aarde-vallei se wynroete in Hermanus. Dié vallei is ’n móét vir wynliefhebbers met talle wynplase in ’n pragtige vallei wat die naam gestand doen! Die vallei se beskutte ligging, die kleigrond en seebries van die Atlantiese Oseaan maak dit ideaal vir wynbou en dit is veral bekend vir kultivars soos Pinot Noir en Chardonnay. Daar is 15 wynplase op dié skilderagtige wynroete in Hermanus en dit beloof om jou asem weg te slaan.
Waar: Boonste Hemel-en-Aarde-vallei, Hermanus
Wyn: Sauvignon Blanc, Maritimus Estate White Blend, Chardonnay, Merlot, Wayfarer MCC, Pinot Noir, Syrah, Epitome Estate Red Blend en Pinotage
Wynproe: Daagliks van 11:00 – 17:00
Eetplek: The Dining Room
☎ 028 312 1097 | Webtuiste
Waar: R320, Hemel-en-Aarde-vallei, Hermanus
Wyn: Claudia Brut MCC, Rose of Sharon Brut Rose MCC, Josephine Pinot Noir, Syrah Mourvedre, Chardonnay, Sauvignon Blanc en Petit Rose
Wynproe: Maandae tot Sondae van 11:00 – 16:00 in die winter en Maandae tot Saterdae van 11:00 – 17:00 en Sondae van 11:00 – 16:00 in die somer
Eetplek: Geen
☎ 028 313 2126 | Webtuiste
Waar: R320, Hemel-en-Aarde-vallei, Hermanus
Wyn: Shiraz, Chardonnay, Riesling, Pinot Noir en Sauvignon Blanc
Wynproe: Daagliks van 10:00 – 17:00
Eetplek: La Vierge Restaurant
☎ 028 313 0130 | Webtuiste
Waar: Hemel-en-Aarde-vallei, Hermanus
Wyn: Pinot Noir, Merlot, Cabernet Sauvignon, Cabernet Franc, Phantom, Sauvignon Blanc en Merlot Rosé
Wynproe: Dinsdae tot Saterdae van 10:00 – 16:30 en Sondae en openbare vakansiedae van 10:00 – 16:00
Eetplek: Restaurant @ Spookfontein
☎ 072 199 8774 | Webtuiste
Hier is ons top-keuses vir verblyf op die roete:
Bijoux Self-Catering Apartment | High Seasons Farm
Elgin is 350 m bo seespieël geleë en dit maak dit die wynstreek met die koelste klimaat in Suid-Afrika. Die druiwe neem dus langer om ryp te word en hoë reënval en vrugbare grond dra ook by tot die terroir van die streek. Grabouw is veral bekend vir sy appelplase en daarom het die wyn van dié streek heelwat ondertone van vrugte en besoekers sal bekroonde Sauvignon Blanc, Pinot Noir en Shiraz op dié roete teëkom.
Waar: De Rust Landgoed, Grabouw
Wyn: Sauvignon Blanc, Riesling, Chardonnay, Gewurtztraminer, Pinot Noir, Noble Late Harvest
Wynproe: Daagliks van 09:00 – 16:00 (Toe op Sondae van Junie tot Augustus)
Eetplek: Fresh Restaurant
☎ 021 844 0605 | Webtuiste
Waar: Viljoenshooppad, Grabouw
Wyn: Chardonnay, Syrah, Merlot, Sauvignon Blanc, Dry Rosé en Vineyard Selection
Wynproe: Dinsdae tot Saterdae van 10:00 – 16:00 in die winter en Dinsdae tot Sondae van 10:00 – 16:00 in die somer
Eetplek: Geen
☎ 021 848 9844 | Webtuiste
Waar: The Valley-pad 113, Elgin
Wyn: Cabernet Sauvignon, Sauvignon Blanc, Dry Rosé, Blanc de Blanc MCC, Kevin King Bazza Pinot Noir, Kevin King BBK Malbec, Kevin King Micah Red Blend, Kevin King Bassey White Blend
Wynproe: Daagliks van 09:00 – 17:00
Eetplek: The Gallery Restaurant
☎ 021 844 0888 | Webtuiste
Hier is ons top-keuses vir verblyf op die roete:
Tangleberry Cottage | Uilhuijs
Botrivier se golwende heuwels verwelkom jou soos jy oor die Houwhoekpas kom. Dié roete se 14 pragwynplase is binne ’n 10 km-radius geleë. Dit bied besoekers die geleentheid om die egte plattelandse gasvryheid van die streek te beleef en om wyn van die oudste wingerd in die streek te proe. Die streek lewer topgehaltewyn met wynboere wat gebruik maak van moderne metodes om vernuwende variëteitswyn te produseer. Wynplase in die streek wissel van die jongste plase tot tradisionele familieplase en spog met van die beste Chenin Blanc, Shiraz en Pinotage in die Kaap.
Waar: Swartrivierweg, Botrivier
Wyn: Rosebud, Sauvignon Blanc, Syrah, The Blend, Five Arches, Shiraz, Cabernet Franc, Elodie, Magdalena, Syrah on Sandstone, Syrah on Shale en Madame Lucy’s MCC
Wynproe: Maandae tot Vrydae van 09:00 – 17:00 en Saterdae van 11:00 – 15:00
Eetplek: Gabriëlskloof Restaurant
☎ 028 284 9865 | Webtuiste
Waar: Van der Stel-pas, Botrivier
Wyn: Shiraz en Chenin Blanc
Wynproe: Weeksdae van 10:00 – 16:00
Eetplek: Geen
☎ 028 284 9308 | Webtuiste
Hier is ons top-keuses vir verblyf op die roete:
Barton Luxury Villas | Palm Cottage
Die Stanford-wynroete se uiteenlopende terroir maak dit die ideale plek om uitstekende wyn te produseer. Die wingerde is op terreine wat wissel van sandduine en berghange tot vrugbare grond. Dié roete bied ’n heerlike ervaring vir wynliefhebbers en bied iets vir elke tipe wyndrinker wat droë rosé, MCC en goeie rooiwyn insluit. Die wynplase streef konstant daarna om op hoogte te bly met die nuutste giere en goeie wyn en daarom beloof dié asemrowende plattelandse roete om een van jou gunstelinge te wees.
Waar: R43, Stanford
Wyn: Chenin Blanc, Sauvignon Blanc, Rosé, Pinot Noir en Shiraz Viognier
Wynproe: Donderdae tot Maandae van 08:00 – 16:30
Eetplek: The Royal Oke
☎ 082 304 4849 | Webtuiste
Waar: R326, Stanford
Wyn: Sauvignon Blanc, Rosé, Raka Spliced, Raka Sangiovese, Pinotage, Raka Quinary, Raka Figurehead, Shiraz, Merlot, Malbec, Mourvèdre, Cabernet Franc, Cabernet Sauvignon, Petit Verdot en Raka Five Maidens
Wynproe: Maandae tot Vrydae van 09:00 – 17:00 en Saterdae en openbare vakansiedae van 10:00 – 14:30
Eetplek: Geen
☎ 028 341 0676 | Webtuiste
Hier is ons top-keuses vir verblyf op die roete:
Stanford Country Cottages – Acacia Cottage | AfriCamps at Stanford Hills
Elim is ’n klein dorpie in die Agulhas-streek en sy wynroete bestaan uit 6 wynplase. Die unieke terroir van die area veroorsaak uitdagende omstandighede vir wynbou, maar die geharde wynboere van dié area het dit al goed baasgeraak. Besoekers gaan beslis nie teleurgesteld wees in die gehaltewyn van dié geweste nie. Wind van die Atlantiese Oseaan skep koel omstandighede regdeur die jaar en laat die unieke druiwe toe om stadig ryp te word en intense geure te ontwikkel. Die verskillende grondsoorte het ook ’n kenmerkende invloed op die unieke smaak van wyn soos Sauvignon Blanc en Shiraz uit die streek.
Waar: Elimpad, Gansbaai
Wyn: Sauvignon Blanc, Syrah, SSV, SMV en Merlot
Wynproe: Dinsdae tot Saterdae van 10:00 – 16:00
Eetplek: Geen
☎ 082 908 0099 | Webtuiste
Waar: R317, Elim
Wyn: Sauvignon Blanc, Shiraz Rosé, Pinot Noir, Shiraz, Suikerbekkie Noble Late Harvest, Adamastor, Syrah en The Navigator
Wynproe: Maandae tot Donderdae van 08:00 – 17:00, Vrydae van 08:00 – 16:00 en Saterdae van 10:00 – 15:00
Eetplek: Geen
☎ 028 482 1902 | Webtuiste
Hier is ons top-keuses vir verblyf op die roete:
Pearly Beach Cottage | The Drift Farm
Daar het jy dit nou! Die Overberg se eiesoortige wynroetes is beslis die besoek werd – bespreek sommer vandag nog plek om dié streek en sy spogwynplase te verken.
Hooffoto: AfriCamps at Stanford Hills (LekkeSlaap)