Besoek jy een van die dae die Moederstad? Of is jy ‘n Kapenaar wat net bietjie uit die huis uit wil kom die naweek? Hier is vir jou ‘n paar opsies vir doendinge in en om die Kaap wat jou minder as R200 uit die sak sal jaag.

TEXT HERE (2)

Maak ‘n Kaapse draai in die bloedrooi bus. Die bus besoek ‘n verskeidenheid besienswaardighede en daar is ‘n paar roetes om van te kies. Die roetes begin by die Two Oceans Akwarium en maak ‘n draai verby Langstraat, Mount Nelson Hotel, Kirstenbosch Botaniese Tuine, World of Birds, Kampsbaai, Groenpunt en eindig dan weer by die akwarium. Jy kan by verskeie punte afklim en net weer op die volgende bus klim wanneer jy die Kaap verder wil verken. ‘n Eendagkaartjie sal jou R150 uit die sak jaag.

TEXT HERE (2)

As jy lus is vir ‘n uitdaging, kan jy die “koppie” gaan klim. Dis absoluut gratis en  as jy bo op die kop staan en jy kyk oor Kampsbaai en Tafelberg uit, sal jy besef dit is definitief die doen werd.  Dit is werklik ‘n asemrowende belewenis.

TEXT HERE (2)

World of Birds, in Houtbaai, is die grootste voëlpark in Afrika en een van ‘n handjievol voëlparke in die wêreld.  Daar is meer as 3000 voëls (400 spesies) en ander klein diertjies wat wag om jou te verwelkom.  Jy kan rustig in die park rondwandel en die natuurskoon geniet. Kaartjies is slegs R85 vir volwassenes en R40 vir kinders, pensionarisse en studente (met studentekaarte)  betaal slegs R55. Die park is 365 dae van die jaar oop tussen 9:00 – 17:00 en jy kan saam met die apies baljaar tussen 11:30 – 13:00 en 14:00 – 15:00.

TEXT HERE (2)

Omtrent 2000 oulike pikkewyne waggel op Boulders-strand in Simonstad. Hierdie bedreigde spesie bly tussen die graniet-rotse wat die hele strand vol staan. Volwassenes en kinders ouer as 12 kan die pikkewyne vir R40 besoek en kinders tussen 2 en 12 betaal net R15. Dit is regtig ‘n belewenis om die pikkewyne van so naby af te aanskou.    Besoektye: Desember en Januarie – 07:00 – 19:30; Februarie en Maart, Oktober en November – 08:00 – 18:30; April tot September – 08:00 – 17:00.

TEXT HERE (2)

Dis heerlike lente (oftewel somer), en dis die perfekte tyd om die plaas te besoek – wanneer die aarbeie volop groei. Die plaas is tussen Stellenbosch en Somerset-Wes op die R44, dit is moeilik om daardie yslike voëlverskrikkers te mis.  Jy kan slegs van Oktober tot Desember  aarbeie pluk (09:00 – 16:00), maar die Polkadraai-plaasstal, wat heerlike lekkernye en ingelegde bederfies verkoop, is die res van die jaar ook oop. Pryse beloop tussen R25 (vir 800 g) tot R 170 (vir 6.5 kg – dit is nou vir die van julle wat aarbei-mal is). Onthou om gemaklike skoene, ‘n hoed en sonskerm saam te vat wanneer jy op die aarbei-ekspedisie gaan.

TEXT HERE (2)

Die Beerhouse is in Langstraat, in die hartjie van die stad, in ‘n groot geel gebou geleë.  As jy hou van “craft”-bier, kraai die Beerhouse koning. Daar is ‘n uitgebreide bier-spyskaart, wat as gids dien vir die waaghalsige bierliefhebbers.  Die personeel is goed opgelei en het ‘n uitgebreide kennis van die produk. As die bier ‘n bietjie te veel raak op jou leë maag, is daar ‘n verskeidenheid geregte beskikbaar wat die bier uitstekend komplimenteer. Die Beerhouse is elke dag van 11:00 tot laat oop, en die koffiekroeg is al van 08:00 bedrywig.

TEXT HERE (2)

Charly’s Bakery se unieke gebou is moeilik om mis te kyk daar in Canterbury straat, Kaapstad. Die buitekant van die gebou weerspieël die heerlike soetighede wat hulle daar  binne koester. Daar is ‘n hele reeks soetgoedjies wat enige soettand sal bevredig. Die bakkery is Dinsdae tot Vrydae 08:00 – 17:00 en Saterdae 08:30 – 14:00 oop.

TEXT HERE (2)

Klippies in oorvloed – Tieroog, Roos Ametis, Jasper, Agaat en ‘n magdom kristalle. Jy kan tot jou hartsbegeerte in Simonstad of by die V&A Waterfront gaan “scratch”. Pryse wissel van R17 (vir ‘n klein sakkie) tot  R95 (vir ‘n groot houer). Kinders is mal hieroor.

TEXT HERE (2)

O, waar kan ek begin? Daar is so baie dinge om te doen in Kalkbaai, die ouwêreldse vissersdorpie tussen Muizenberg en Simonstad. Jy kan in die strate wandel en al die curio-winkels besoek. Of jy kan ‘n heerlike koppie koffie in een van die koffiewinkels geniet. Vis en tjips by Kalky’s is een van die plaaslike gunstelinge, pizza en pasta by Satori en heerlike gebak by die Olympia Bakery – en dit is nie eers al die oulike plekkies wat beskikbaar is nie. Kom loer self  by die mooi, ou vissersdorpie in en besluit self watter is jou gunstelinge.

TEXT HERE (2)

Jy kan ‘n dag hiervan maak – wandel rustig deur die groot verskeidenheid stalletjies en neem al die geure in. Geniet dan ‘n heerlike eetdingetjie, soet of sout, of ‘n smaaklike drankie om jou siel te verfris.  Hulle is Maandae tot Vrydae van 10:00 – 16:00 en Saterdae van 09:00 – 14:00 oop. Die Old Biscuit Mill is in Albertstraat in Woodstock en is perfek geleë as wegspringpunt vir die res van jou verkenningstog deur die Kaap.

Daar is nog ‘n magdom doendinge in die Kaap, een naweek is net nie genoeg nie!

Watter plekke besoek jy wanneer jy ‘n Kaapse draai maak? Laat weet ons!