Dié dorp is nie net prentjiemooi nie, maar ook lewendig en propvol fassinerende doendinge. Shiraz, volryp olywe, kleurvolle seisoene, asemrowende uitsigte, skilderagtige sonsondergange en immergroen plantegroei maak van Riebeek-Kasteel ‘n droombestemming. Dis ‘n oase vir natuurliefhebbers, stappers, bergklimmers, voëlkykers en enige iemand wat net wil ontspan.

Dit ‘n besondere geskiedkundige dorpie met ‘n hele paar besienswaardighede, wynplase en ‘n Olyffees, tog is dit die jolige gasvryheid waarmee jy hier begroet word wat jou bybly. Hier word jy sommer gou deel van die Riebeek-familie as ‘n inwoner eers besef jy’s nuut op die dorp. Maar die hartjie van dié geselligheid is sonder twyfel die intieme en eiesoortige eetplekkies wat jy regoor die dorpie aantref. Ek het ‘n kitsgids saamgestel tot ‘n paar van die gewildste keuses onder Riebeek se inwoners.

Bestemming (1)

Untitled design

red roof

Red Tin Roof bied ‘n eklektiese kombinasie van eietydse karakter en klassieke, nostalgiese geselligheid ‒ die gebou is altans ‘n 100 jaar oue herehuis wat onlangs opgeknap is. Dit is al 2 dekades lank dat die restaurant en kroeg die hongerpyne van Riebeek se besoekers stil. Die spyskaart is ‘n trotse versameling van Swartland-wyne en plaaslike geregte met ‘n kinkel wat op wynvaatborde voorgesit word. Kyk uit vir die ikoniese vetkoekburger of ‘n Swartland-platter. Die restaurant self is ruim en kleurvol ‒ die gesellige atmosfeer is absoluut aansteeklik! Besoekers en inwoners kan ewe lekker saam kuier om die klavier, voor die kroeg se platskerm-TV, by die mengeldrankiekroeg of luilekker langs die swembad. Moenie verbaas wees as die inwonende hoender of honde jou ook kom verwelkom nie!

local

redtin

Untitled design

wicked

Wicked Treats is ‘n klein bakkerytjie in die hartjie van die dorp wat deur ‘n gesin bestuur word en ‘n wye verskeidenheid gebak, ligte maaltye en verversings verkoop. Ongelooflike ontbyt, kreatiewe kolwyntjies en ander verleidelike verversings is dié koddige plekkie se kenmerk. Verder is hulle sogenaamde Babelaas Burgers glo bobaas en kan jy nie verkeerd gaan met ‘n melkskommel of varsgebakte brood en koek nie. Buiten dit het Wicked Treats ook ‘n ywerige span mense wat spyseniering doen vir enige funksie of partytjie nét soos jy dit wil hê. Selfs grootskaalse geleenthede soos die Bergrivier-maraton, Solms Delta Oesfees en Swartland MotoX was al op dié span se doenlysie.

wicked2

wicked3

Untitled design

pleasant

Dié huislike gesinsrestaurant onder eeue oue eikebome op die geskiedkundige Allesverloren Wynlandgoed bied wonderskone uitsigte oor die wingerde en die vallei. Allesverloren is wel nader aan Riebeek-Wes as Riebeek-Kasteel, maar ek kon dit nie weerstaan om hom by my lys te voeg nie! ‘n Feestelike atmosfeer heers hier by Pleasant Pheasant waar jy so tuis soos by jou eie huis sal voel! In die winter kan jy rustig en snoesig voor die kaggel ontspan en op ‘n warm somersdag kan jy ‘n al fresco-aandete onder die eikebome of op die voorstoep nuttig. Daar is ‘n prettige speelpark vir kinders en pragtige piekniekplek as jy ‘n mandjie sou wou bestel. Wat die kos betref bied Pleasant Pheasant waarde vir geld en iets vir almal: Steaks, burgers, Kaapse kos (bobotie, bredie ens.) en calamari is van die gewildste opsies! Proe sommer tussendeur Allesverloren se wyn en plaas ‘n bestelling as dit in jou smaak val.

pleasaNT2

pleasaNT2

Untitled design

mama

“Die atmosfeer, die kos, en die diens saam, maak dat ons as gesin elke keer terugkom om dit weer te ervaar,” sê Elma Coetzee, ‘n gereelde gas by Mama Cucina. Nou ja, dít uit die mond van ‘n gereelde kliënt. Mama Cucina blyk ‘n ou staatmaker onder plaaslike inwoners te wees! Te danke aan die genotvolle atmosfeer en uitstekende diens sal jy glo ‘n hele dag hier kan deurbring. Die geregte is eg Italiaans-Meditereens, altyd vars en word op ‘n innoverende wyse voorgesit. Die wynlys met wyne uit die Riebeekvallei komplementeer die verleidelike geure van dié watertandlekker disse. Tuisgemaakte pasta, egte Italiaanse pizza, smullekker slaaie en njammie nageregte is die sterre op die spyskaart. Buiten dit word ander spesiale disse daagliks deur die hoofkok voorberei: Kies tussen wildesampioenrisotto, osso bucco of lamskenkel! In die herfs is daar elke Sondag ook ‘n heilsame oestafel wat selfs nóg meer keuses bied.

MAMA2

mama3

Untitled design

beans

Beans About Coffee Roastery is eerstens toegewyd daaraan om die beste, varsste koffie en voortreflike diens aan kliënte te lewer. ‘n Koffie-snob sal hier in die sewende hemel wees – unieke koffiemengsels word hier met die hand gerooster en op kleinskaal gemaak sodat individue en korporatiewe kliënte albei die produkte werklik kan geniet en waardeer. Jy kan selfs op versoek jou eie unieke mengsel laat rooster. Beans About Coffee mik om ‘n koffiekultuur te skep waar goeie koffie maklik, toeganklik en eenvoudig hemels is! Probeer gerus die gewilde “sidewalk blend” of kies sommer jou eie mengsel. Dis g’n wonder besoekers noem dié koffie die lekkerste op die dorp nie. En boonop is hulle ontbyt glo ‘n wenner en die diens uitstekend.

Daar is nooit 'n verskoning om slegte1

beans2

Untitled design

Bokomo Country

Kliek hier, bespreek nou jou wegbreek na Riebeek-Kasteel en val in die pad. ‘n Kaleidoskoop van koninklike kookkuns en ‘n keurige koffiekultuur wag op jou!