As dié liriek van wyle Worsie Visser nie ‘n huppel in jou stap sit nie, het dit miskien tyd geword dat jy die pad vat en rustig raak, weg van die stad se lawaai en alewige gebrom van karre op hoofpaaie en groepe mense in klein kantoortjies. Ons LekkeSlaap-span het lekke verblyf-opsies gaan soek wat jou stresvlakke sal laat daal en jou verbeelding vlerke sal gee. Ja, vra verlof, los die tent en kampyskas by die huis, en kom woon in een van dié ongewone oornagplekke om jou innerlike huppel terug te wen.

1. Rondawel

 

3 Rondavels

3 Rondavels

Tipe instansie: Selfsorg

Plek: Marloth, Mpumalanga

By 3 Rondavels, diep weggesteek in die Marloth Park-bewaringsgebied op die grens van die Kruger Nasionale Wildtuin, word jy elke uur van die dag deur die bos betower. Oeroue maroelabome sprei hul towertakke uit om stres en die stadsgewoel weg te weer. Diere en voëls verwelkom jou na hulle wêreld. Drie tradisionele, ruim bosveldrondawels bied luukse akkommodasie. Sentraal tussen die drie rondawels is die ruim, verhoogde hoofdek en braaiplek in die skadu van maroela- en doringbome. Alle rondawels het loopgange na die hoofdek. Hier sal jy een word met die natuur en die toweruur van die bos, wanneer die son begin sak, soos nog nooit vantevore ervaar.

2. Wigwam

 

Farr Out

Farr Out****

Tipe instansie: Gastehuis

Plek: Paternoster, Wes-Kaap

Die skilderagtige ou vissersdorpie, Paternoster, langs die Weskus, staan alombekend as die St Tropez van Suid-Afrika. Farr Out is geleë op ‘n kleinhoewe op die buitewyke van Paternoster, omring deur fynbos en langs die Columbine Natuurreservaat. Die asemrowende strand is ‘n paar minute se rit weg. As die dorpie jou nie kan verlei nie, sal die luukse wigwam (‘n Indiaanse tent) van Farr Out dit beslis regkry. Krul op in jou tent en staar uit deur die dakvenstertjie na ‘n pragtige sterrehemel.

3. Ossewa

 

Oxwgon

Hoekfontein Oxwagon Camp

Tipe instansie: Selfsorg

Plek: Ficksburg, Oostelike Vrystaat 

In ‘n sandsteenvallei buite Ficksburg word jy die geleentheid gebied om pret te ervaar deur in ‘n outentieke ossewa te oornag. Die plaas bied ‘n ware buitelug-leefstylomgewing met aktiwiteite wat omtrent almal pas. Hoekfontein Oxwagon Camp is een van die beste bekostigbare opsies vir persone wat tyd in die natuur wil deurbring of aktiwiteite wil geniet. Dis ook die ideale basis vanwaar die Oostelike Vrystaat en Lesotho verken kan word. Wees avontuurlik, en kom slaap in ‘n ossewa!

4. Boomhuis

 

Pezulu

Pezulu Tree House Game Lodge

Tipe instansie: Lodge

Plek: Hoedspruit, Limpopo 

Hierdie klein, eksklusiewe boomhuis wildslodge is geleë in ‘n private wildreservaat in die Limpopo, slegs veertig minute van die wêreldbekende Kruger Nasionale Wildtuin. Pezulu Tree House Game Lodge is die ideale plek om te ontsnap van die besige wêreld en om die rustigheid van die ongerepte Afrika-bos te geniet. Die boomhuise is geleë in ‘n rustige bosomgewing. Elke eenheid het ‘n ruim balkon waar jy troppe diere kan sien wat verbyloop. Soliede hout-prominades lei hoog na jou eie private boomhuis en skakel pragtig in met die Afrika-bos.

 

Besoek gerus LekkeSlaap vir nog ongewone, maar lekke verblyf-opsies.