Besoek jy een van die dae die Stad van Goud? Of is jy ’n Gautenger wat net ’n bietjie uit die huis uit wil kom die naweek? Hier is vir jou ’n paar opsies vir doendinge in en om Johannesburg wat jou minder as R200 uit die sak sal jaag. Kliek gerus op die oranje vlaggies hieronder om meer uit te vind.

R120 per volwassene, R80 per kind (jonger as 16)

Kom verdwaal in een van die opwindende doolhowe by Honeydew Mazes: van groot tot klein, van riete tot mielies of ’n lekke vasvra in een van die kriptiese vraespelle. Jy kan selfs ’n piekniek, kinderpartytjies en spanbou hier kom geniet. Besoek die doolhowe tussen 10:00 en 17:00, maar maak seker jy begin die avontuur voor 14:30 sodat jy teen 17:00 kan klaar wees. Kom ervaar die doolhoof onder die maanlig van 18:15 tot 20:00 teen R120 per volwassene en R100 per kind. Bring gemaklike skoene en ‘n piekniekmandjie en ontspan onder die groot bome. Daar is ook ’n koffiewinkel op die perseel. As jy meer wil uitvind oor dié prettige doolhowe skakel 073 795 2174 om teleurstelling te voorkom.

Toegang is gratis!

Jy sien gereeld ’n drawwer of twee, paartjies of gesinne wat hul piekniekmandjies uitpak en fotograwe wat die natuurskoon wil vasvang. Die tuine strek oor 81 ha en sluit ook deel van die Emmarentia Dam in. Jy kan hier kom roei, visvang en konserte by die dam geniet.

Eendagkaartjie: R150 vir volwassenes, R80 vir kinders (5 – 17 jaar)

Ons almal ken die rooi busse ‒ en hoe kan jy hulle dan nou mis kyk as hulle deur die stad se strate vleg. ’n Eendagkaartjie vat jou van die Gautrein Park Stasie verby Ghandi Square, Carlton Centre, James Hall Vervoermuseum, Gold Reef City, die Apartheidmuseum, Newtown, Origin Centre, Braamfontein, Constitution Hill en dan weer terug na die Gautrein Park Station. Jy kan ook die combo-opsie kies wat jou dan ook deur Soweto vat, verby die Orlando Stadion, Hector Pieterson Gedenksteen, Vilakazistraat met Nelson Mandela en Desmond Tutu se huise en dan tot by Kliptown. Jy kan by enige van die punte afklim en net weer op die volgende bus spring wat elke 30 minute verby kom.

R180 vir besoekers 1,3 m en langer. R110 vir besoekers 1,3 m en korter. R120 vir pensionarisse en R140 vir studente (met ’n studentekaart).

Daar is verskeie doendinge by die pretpark, met iets vir ieder en elk. Gold Reef City is maar net 8 km vanaf Johannesburg se middestad. Daar is ’n casino, ’n teater, ‘n speletjiesarkade, 4D-bioskoop en verskeie ritte wat jou stembande sal losmaak. Julle kan die hele dag hier deurbring. Skakel 011 248 6800 om meer uit te vind oor dié prettige pretpark.

R200 per volwassene, R110 per kind (4 – 12 jaar) en kinders onder 4 geniet gratis toegang.

Hier kan jy die koning van die diere aanskou en selfs met sy welpies speel. Daar is seldsame wit leeus, jagluiperds, wildehonde en hiënas by dié park. Kom leer meer oor Suid-Afrika se wild tussen 08:30 en 21:00 elke dag van die jaar. Skakel gerus 087 1500 100 of 011 691 9905 as jy meer wil uitvind

R55 toegangsfooi, R25 vir die huur van die ysskaatse.

Kom baljaar op die ys in Northgate en kry sommer so tussendeur die pret ’n bietjie oefening in. Bring jou eie ysskaatse of huur ’n paar by die baan. Daar is soms skuimpartytjies, platejoggies of musiekgroepe wat optree. Gly tussen 10:00 en 17:00 en 19:30 en 22:30 oor die ys. Skakel gerus 011 794 8706 om meer uit te vind oor dié sprokiesagtige doending.

R85 per persoon vir bierproe, R140 per persoon vir ‘n toer en bierproe.

Kom proe ’n verskeidenheid biere by die betowerende bierwêreld en leer terselfdetyd meer oor die verskillende soorte en prosesse. Toere word van Dinsdae tot Saterdae van 10:00 tot 17:00 aangebied, sowel as op openbare vakansiedae (behalwe Maandae). Pensioenarisse en studente betaal slegs R85 per toer. Bespreek maar vooraf om teleurstelling te voorkom. Skakel hulle gerus by 011 836 4900 om meer uit te vind en ’n plekkie op die biertoer te verseker.

R200 per persoon vir ‘n 4-wielmotorfietsrit van 20 minute (16 jaar en ouer). R125 vir 5 rondtes om die knortjorbaan.

Saddle Creek Adventures bied iets vir Bang Jan en Waaghalsige Jan. Gaan op ’n opwindende jaagtog of rits rond op die 250cc Suzuki vierwielmotorfietse. As passasiers (kinders saam met volwassenes) saam op die motorfietse ry, beloop dit R100 per passasier. Die motorfietse is slegs geskik vir kinders ouer as 16 jaar. Die knortjorre is geskik vir kinders van 12 jaar en ouer. Onthou net om toe skoene en gemaklike klere saam te bring. Skakel hulle gerus by 079 467 9906 gedurende weeksdae en 079 467 9907 oor naweke, om meer uit te vind.

Toegang is gratis vir kinders onder 3, R25 vir kinders tussen 3 en 16, R40 vir kinders ouer as 16 en volwassenes.

Die Sci-Bono Ontdekkingssentrum is in ’n eertydse kragstasie gebou en maak wetenskap opwindend vir die jongspan. Daar is allerlei dinge om te sien, aktiwiteite om aan deel te neem en wonderlike feite om te leer. Die sentrum is 7 dae per week oop van 09:00 tot 16:30. Kinderpartytjies en -groepe is welkom. Skakel gerus 011 832 3360 om meer uit te vind en dalk ’n plekkie op die ontdekkingsreis te bespreek.

R120 vir 3 ure en alles wat jy benodig. R75 vir diegene wat hulle eie toerusting het.

Wie is nou nié lus vir ’n potjie paintball nie? Vat ’n groep vriende of vat die jongspan. Dis pret of jy nou ervare is of jy nie eers weet waar die sneller sit nie. Die sessies duur van 09:00 tot 12:00, 12:00 tot 15:00 en 15:00 tot 18:00 en hulle voorsien alles wat jy nodig het indien jy nie jou eie toerusting het nie. Daar is 7 bane om van te kies sodat spelers van alle vaardigheidsvlakke hulself gate uit kan geniet. Onthou om jou plekkie te bespreek! Skakel hulle gerus by 084 9111 000 vir meer inligting.

Daar is nog ’n magdom doendinge in Johannesburg  een naweek is net nie genoeg nie!

Watter plekke besoek jy wanneer jy ’n draai in Johannesburg maak? Laat weet ons!

Kliek hier indien jy opsoek is na doendinge in die Kaap vir minder as R200.

Hooffoto: Bigstock