Die jaar is al volstoom aan die gang en dit is nie te vroeg om jou 2023-vakansies te reël en jou verlof in te sit nie. Wees strategies met jou verlof om te verseker dat jy en jou gesin hierdie jaar ordentlik rus!


Heerlike Herfs (Maart – Mei)

Naries Namakwa Retreat
Naries Namakwa Retreat (LekkeSlaap)

Hierdie Herfs het Suid-Afrika drie langnaweke. Bespreek sommer nou ’n wegbreek vir jou gesin of ’n groep vriende om teleurstelling te vermy.

Menseregtedag (21 Maart) val op ’n Dinsdag en daarom is die 20ste Maart (Maandag) ’n spesiale skoolvakansiedag. Dit beteken dat skoolleerders ’n langnaweek van die 18de tot die 21ste Maart het. Werkende mense hoef slegs een dag se verlof in te sit om ’n vierdag-langnaweek te geniet.

Menseregtedag

Goeie Vrydag is 7 April en Familiedag is op ’n Maandag (10 April). Die 7de tot die 10de April is dus ’n langnaweek waarvoor jy nou al ’n vakansie kan bespreek.

Goeie Vrydag en Familiedag

27 April (Donderdag) is Vryheidsdag en 1 Mei (Maandag) is Werkersdag wat beteken dat die 27ste April tot die 1ste Mei ook ’n langnaweek is indien jy net een dag verlof insit.

Vryheidsdag en Werkersdag

Wonderlike Winter (Junie – Augustus)

Dream Lodge
Dream Lodge (LekkeSlaap)

Die winter is ’n lekker tyd vir ’n knus plaasvakansie of ’n wegbreek na die Krugerwildtuin. Dís die tyd vir kaggels en warmsjokolade. Gaan loer ’n bietjie op ons webtuiste om al die moontlikhede te verken. Hier is ’n paar datums wat jy kan oorweeg:

16 Junie (Vrydag) is Jeugdag en dit beteken dat die 16de tot die 18de Junie ’n langnaweek is.

Jeugdag

9 Augustus (Woensdag) is Nasionale Vrouedag. As jy twee dae verlof insit, kan jy 5 Augustus tot 9 Augustus óf 9 Augustus tot 13 Augustus ’n vyfdag-wegbreek maak. As jy vier dae verlof insit het jy ’n lekker lang wegbreek van nege dae. Dit is ook ’n lekker tyd vir ’n blommekyk-vakansie! Indien jy meer wil weet oor blommekyk, kan jy hierdie blog van ons lees.

Vrouedag
Vrouedag

Lieflike Lente (September – November)

Bethulie Guest Farm
Bethulie Guest Farm (LekkeSlaap)

In September is dit tyd om te braai en daar wag nóg ’n lekker langnaweek, omdat Erfenisdag op ’n Sondag (24 September) val en omdat 25 September ook ’n vakansiedag is! Ons webtuiste het ’n “braaiplek”-filter aan die linkerkant wat jou toelaat om al ons lekker verblyf met braaiplekke te sien! Soek eers met jou datums en die aantal gaste, en kliek dan op die braaiplek-filter.

Erfenisdag

Salige Somer (Desember)

Gonana Guesthouse
Gonana Guesthouse (LekkeSlaap)

Die somer is natuurlik Suid-Afrika se feesseisoen, so moenie te laat wag om jou feesverblyf te bespreek nie! LekkeSlaap het ’n groot verskeidenheid kusverblyf. Jy kan ook na die binneland koers kies om Kersdag om ’n bomavuur deur te bring. As jy hierdie jaar oor Kersfees drie dae verlof insit, kan jy vir 10 dae rus. Kersfees (25 Desember) val op ’n Maandag en Welwillendheidsdag val dan op ’n Dinsdag (26 Desember) en met Nuwejaar wat Maandag die 1ste Januarie geskied, hoef jy slegs die Woensdag tot Vrydag verlof te neem om ’n heerlike vakansie te geniet. Sluit die jaar met ’n behoorlike wegbreek af!

Kersfees en Nuwejaar

Suid-Afrikaanse openbare vakansiedae en skoolvakansies

La Mer
La Mer (LekkeSlaap)
Suid-Afrikaanse Openbare Vakansiedae
Skoolkwartale en -vakansies 2023
Skoolkwartale en -vakansies 2023

Hooffoto: Vrolikheid Landgoed (LekkeSlaap)