As jy ’n tikkie “gypsy” in jou hart het en nie van tent opslaan hou nie, is karavaankamp mos net vir jou! Ons het ’n paar oulike staanplekke op LekkeSlaap se boeke gevind waar jy bloot kan parkeer, en siedaar! Als is voor die wind. So, waarvoor wag jy? Reël sommer vandag nog jou vakansie op wiele. Kliek gerus op die foto’s om meer uit te vind!

Die karavaanpark het 54 staanplekke met gras, kragpunte, braaigeriewe en water. Springbok Caravan Park se skoon en netjiese ablusiegeriewe is ook rolstoelvriendelik.

Die perfekte wegbreek in die ongerepte natuur aan die oewer van die Elandsrivier.

Enige natuurliefhebber se droom! Al die staanplekke het skaduwee en kragpunte.

Pragtige staanplekke en uitstekende ablusiegeriewe. Die karavaanpark spog ook met ’n swembad, krieketveld, minigholf-baan, ’n trampolien en speelparkie.

Albei kampe is toegerus met kragpunte en oulike ablusiegeriewe. Die Bushkamp spog met die mooiste uitsig oor die Malutiberge en die vallei.

Dié staanplekke aan KwaZulu-Natal se Suidkus spog met ’n see-uitsig wat skrik vir niks.

Skop jou skoene uit en geniet die pragtige sonsondergang by die kamp of by een van die uitkykpunte en voëlkykplekkies terwyl die bos ontwaak met uiltjies en naguiltjies wat roep.

Hier naby aan die Hartenbosrivier het jou soektog na ’n salige naweekwegbreek of gesinsvakansie sopas tot ’n einde gekom.

As jy nie kans sien om jou eie karavaan saam te sleep nie, het Old Mac Daddy net die ding vir jou! Dié retro-karavane staan sommer vir jou gereed tussen die bome.

So, kom kamp sonder ’n kopseer by dié kief karavaanparke!

***

Let asb. daarop dat daar nog opsies op LekkeSlaap is. So, besoek gerus die webtuiste, kliek op ’n provinsie, stad of area en tiek dan die ‘kampeer’-filter aan die linkerkant van die blad.

Hooffoto: Tom Hodgkinson (Flickr)

Al die ander foto’s: LekkeSlaap-profiele.