Soms jaag mens deur die Karoo en die platgedrukte koppies flits vormloos verby … Jy ry kilometers aaneen en sien net ’n windpomp langs die pad of ’n dorpie wat hardkoppig soos ’n vetplant op die vlaktes oorleef. Wanneer jy egter gaan stilstaan en stomstaan voor ’n Karoo-sonsondergang, dan tref dit jou. Jy sien die skoonheid en sielsrus in die veld wat voor jou uitstrek. Op die bossies lê die fyn blommetjies soos die oggendryp en die grond is besprinkel met ’n kaleidoskoop klippies.  Skape wei rondom ’n kliphuis en stories kleef aan die mure. In die aande lyk die sterreruim buitengewoon naby. Kom kyk hoe mooi die Karoo eintlik is. Draai jou rug op die stad se gewoel en vind rus in die skoon lug – hier kry jy jou menslikheid terug.

Desert Dew Guest House in Victoria-Wes.

Doornberg Guest Farm in Nieu-Bethesda.

Boutique Guesthouse Hanover in Hanover.

Eenzaamheid Vakansieplaas in Graaff-Reinet.

Keurfontein Country House in Willowmore.

Ganora Guest Farm & Excursions in Nieu-Bethesda.

Hillston Farm in Steynsburg.

Waterval Farm-Stay in Graaff-Reinet.

Olive Grove Guest Farm in Beaufort-Wes.

Kliphuis in die Karoo.

Osfontein Antieke Klip Guesthous and Treehouse in Carnarvon.

Assendelft Lodge & Bush Camp in die Klein Karoo.

The Old Jail in Willowmore.

Snyderskloof Karoo Cottage in Matjiesfontein.

Wolvekraal Gasteplaas in die Klein Karoo.

Karoo View Cottages in Prins Albert.

Die Karoo is droog, maar dit is deurweek met gasvryheid, geskiedenis en geheime. ’n Diverse landskap wat jou elke keer oorweldig met sy vreedsaamheid. Gaan op ’n vertoefreis deur die Karoo. Ontdek die pragtige klein dorpies wat onverwags agter ’n koppie verskyn en beleef die eensame paaie wat deur die landskap strek. Kyk hoe die son oor die horison wegsmelt, steek die kaggelvuur aan en slaap salig in ’n kliphuis. Raak weer mens in die Karoo.