Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Avontuur

Jou menu vir avonture in Montagu

As ’n mens in Montagu se hoofstraat, Langstraat, ry ervaar jy ’n klassieke klein-dorpie-gevoel, maar in die are wat na die res van dié geskiedkundige dorpie vloei, pols daar pragtige natuurskoon, kunstige argitektuur, opwindende aktiwiteite en, natuurlik, eeue-oue mensestories. LekkeSlaap is onlangs genooi om ’n bietjie toeris in hierdie om-die-draai-dorpie te speel en ons vertel […]

10 bekoorlike boomhuisblyplekke

Kom maak jou boomhuis-droom uit jou kinderjare hiér waar! Net omdat ons nie meer kinders is nie, beteken nie ons wil ook soms net ’n bietjie tussen die boomtoppe gaan wegkruip nie. LekkeSlaap.co.za het ons gunsteling-boomhuisblyplekke reg oor die land bymekaargemaak en ’n lekke lys met die nodige inligting opgestel, sodat jy jou volgende wegbreek […]

9 velddrafroetes in die Wes-Kaap

Suid-Afrika is geseën met ’n diverse natuurlike landskap met lang, ongerepte strande, digte woude, majestueuse berge, unieke plantegroei en ongelooflike rotsformasies om net ’n paar te noem! Een van die beste maniere om hierdie landskappe te verken en sommer terselfdertyd aan jou fiksheid te werk, is velddrafroetes, oftewel trail runs. Velddrafroetes het oor die afgelope […]

Speel gholf by hierdie wegbreke langs die kus

’n Goeie baansyfer word nie verniet ’n albatros genoem nie. Suid-Afrika is die tuiste van menige wêreldberoemde gholfbane waarvan heelparty met ’n kuslyn in die agtergrond spog. ’n Gholfwegbreek teen die kus is ’n ervaring wat op elke gholfliefhebber se lysie moet wees. Buiten gholf, bied dié skilderdoek-dorpies langs Suid-Afrika se kus bied boonop baie […]

8 Lekke plekke met bergfietsroetes op die perseel

’n Avontuurvakansie is nie volmaak sonder om die kontoerlyne van berge op ’n bergfiets aan te pak nie. Suid-Afrika is ’n skilderdoek van opwindende roetes wat vir Jan Alleman én Jan Kenner geskik is. ’n Bergfietsroete bied avontuurlustiges ’n eerstehandse ervaring van die fauna en flora van ’n streek en is ook ’n eko-vriendelike manier […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang