Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Roetereis

8 Lekke Suid-Afrikaanse Reisapps

Kyk, ons erken daar is beslis ’n tipe romanse en nostalgie aan reis met ’n oudtydse padkaart en ’n stapel reisgidse waarin jy alles van doendinge en besienswaardighede tot wild- en voëlspesies kan opsoek. Maar die Suid-Afrikaanse reisindustrie groei en moderniseer nou só vinnig dat jy byna glad nie meer effektief sonder ’n slimfoon aan […]

Ontdek die Mooie Middellande

Is die Gautengse geraas besig om jou onder te kry? Is jy op soek na die perfekte plek vir ’n stil en rustige naweek weg? Hoekom kies jy nie ’n bietjie koers na die KwaZulu-Natalse Middellande nie? Dis ’n lushof vir enige roetereisiger met uitstekende restaurante, bekoorlike koffieplekkies, interessante antiekwarewinkels en poskaartmooi natuurskoon om elke […]

Kom rus ’n bietjie in Rosendal

Rosendal het dalk minder as ’n 100 permanente inwoners, maar hierdie sonderlinge dorpie in die Oos-Vrystaat loop oor van al die stories. LekkeSlaap het gaan inloer om te luister na dié verhale en te sien watter skatte hier lê. Ligging Rosendal is sowat ’n halfuur se ry vanaf Ficksburg en ongeveer ’n uur en vyftig […]

Langpadwenke vir die Desembervakansie

Soos gesien op Maroela Media. Jou vakansieverblyf is lankal bespreek, jy is uiteindelik met verlof en die motor is gelaai ─ al wat nóú nog tussen jou en ’n welverdiende blaaskans staan, is die langpad! Duisende Suid-Afrikaners pak jaarliks ons land se paaie aan onderweg na verskeie vakansiebestemmings. Wanneer die pad egter eindeloos voor jou […]

Verken dié 5 Lekke Ry- en Blyroetes in Suid-Afrika

Amerika spog in flieks met die bekende Route 66, Australië se Great Ocean Road is ’n nasionale erfenis, en Noorweë se Trolstigen-roete laat ’n mens se adrenalien pomp selfs al kyk ’n mens net na die foto’s. Raak jy soms moeg daarvoor om te dink die gras is altyd groener aan die anderkant van die […]

Verken Vrolike Villiersdorp: 6 Gesinsvriendelike Doendinge

In ’n fraaie vallei in die Overberg skuil ’n plaasdorpie wat veral bekend is vir sy vrugtebome, wingerde en geil graanlande wat soos ’n lappieskombers oor die berge lê. Villiersdorp het in 1943 ontstaan toe veldkornet Pieter De Villiers toestemming gekry het om ’n dorpie op ’n gedeelte van sy plaas, Radyn, uit te lê. […]

Die Vallei van ’n Duisend Heuwels

Die Vallei van ’n Duisend Heuwels is vernoem na die talle heuwels, kranse en valleie wat die Umgenirivier omsingel. Dié rivier vloei vanaf die Drakensberge tot by die Indiese Oseaan en sluit die omgewing van Pietermaritzburg, Monteseel, Drummond, Botha’s Hill, Shongweni, Kloof, Gillits, Hillcrest, Waterfall, Pinetown en Durban in. Hier kry jy ’n kombinasie van […]

Namakwa-Weskus: ’n Verrassing om elke draai

Blommekyk, oop vlaktes en vriendelike mense is sinoniem met die Namakwa-Weskus ─ dis egter nie al wat in dié streek skuil nie. Die Namakwa-Weskus strek vanaf Doringbaai aan die Weskus tot by Namakwaland se Knersvlakte en is ideaal vir ’n roetereis. LekkeSlaap het dié pragstreek gaan verken en vertel jou graag van al die opwindende […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang