Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Roetereis

Alles behalwe vaal in dié driehoek

Raak jy mismoedig as jy hoor jy moet die Vaaldriehoek besoek? Wel, wees gerus, want LekkeSlaap het gaan kyk hoe om vaal in vrolik te verander! Die Vaaldriehoek is nog altyd bekend as die driehoek wat grotendeels deur Vanderbijlpark, Vereeniging en Sasolburg gevorm word. Destyds was dit ’n belangrike stedelike en industriële middelpunt, maar vandag is die Vaalrivier […]

Verken die Rooibosroete: Vanrhynsdorp tot Citrusdal via Wupperthal

Die Rooibosroete is ’n unieke toevoeging tot die bekende N7 wat mense al dekades lank ry op soek na Namakwaland se daisies, kosmos en die soetste sitrusvrugte in Suid-Afrika. Die roete is ’n verering van die Aspalathus linearis-plant, of sommer net Rooibos soos ons dit ken. Dié plant word verwerk tot daardie bekende oranjerooi tee […]

Suid-Afrika: ’n Voëlparadys van Noord tot Suid

Suid-Afrika word beskou as een van die wêreld se topvoëlkykbestemmings met sowat 850 opgetekende voëlspesies. Die meeste spesies, soos die bosluisvoël en lelkraanvoël, woon in Suid-Afrika of besoek ons land jaarliks. Slegs ’n kwart van die spesies, soos die teeleendjie en die jakkalsvoël, word net hier op eie bodem gevind. LekkeSlaap wys jou waar die […]

Reis met Troeteldiere: Voordele en Raad

Soos gesien op Maroela Media. Moes jy dié Paasvakansie weereens koebaai waai vir Wagter wat jou met verlangende oë agter die hondeherberg se tralies dophou soos jy op die horison verdwyn? As troeteldier-eienaar is dié besluit wanneer jy ’n vakansie beplan waarskynlik keer op keer ’n taamlike tameletjie. Die gesin gaan met vakansie, maar hoe […]

Stories en Seesand: Slenterstap langs die Weskus

Los al jou pretensies by die huis ─ bring net jou stapskoene en ’n ontvanklike hart, want ons gaan aan die Weskus slenterstap! Die gesogte Shoreline of the San-roete is ’n slackpacking-avontuur tussen die nederige vissersdorpies, Elandsbaai en Strandfontein. Dit is een van die béste maniere om hierdie spesiale kusstrook, sy onopgesmukte hartsmense, lipleklekker tradisionele […]

Vermy só die Paasnaweek-verkeer

Die eerste kwartaal het gevaarlik lank geraak en almal is die laaste maand sleepvoet en langgesig werk toe, maar nou is Paasnaweek uiteindelik in sig. Die tasse is so te sê gepak, al die boksies op jou onthoulysie is afgetiek en jy wil nie hê daar moet nou enigiets tussen jou en jou welverdiende wegbreek […]

Dapper en Stapper deur die Tsitsikamma

Die Tsitsikamma-staproete tussen Nature’s Valley en Stormsrivier hoort op elke kranige rugsakstapper se emmerskoplys. Dis ’n strawwe roete vir tawwe tienies dié, met uitsonderlike uitsigte en asemrowende natuurtonele as beloning. Só pak jy dié 62,5 km lange staproete oor ses dae aan: Dag 1: Nature’s Valley tot Kalanderhut (3,6 km | sowat 2 uur) Vroegoggend […]

7 Stopplekke op die N7

Pak jy dié vakansie die N7 aan? Dan het ons die ideale gids vir jou ─ Kardoesie Country Stop en West Coast Way SA het ’n nuttige lysie van stopplekke op dié langpadroete saamgestel sodat jy jou eie selfry-toer kan beplan! Die platteland vanaf Piketberg tot Garies het soveel eiesoortige en versteekte afsaalplekke en besienswaardighede […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang