Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Wes-Kaap

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Koos Kombuis

Dis weer lente in die Boland, want dié week reis OPTOG! se kleurvolle kombi’s al die pad van Kroonstad tot in die eeue oue Eikestad! Stellenbosch, die land van Adam Tas en Simon van der Stel, is alombekend vir sy studentelewe, prag-akkerboomlane en, natuurlik, wyn in amper elke moontlike kleur en kultivar. Koos Kombuis tree […]

Die Beste in die Weste: Best Western Cape Suites Hotel

Die res van die wêreld se Best Westerns mag dalk dink hulle kraai koning, maar die beste in die weste is beslis ’n Kaapse ding. LekkeSlaap het onlangs op ’n woeste winderige dag in die Moederstad ’n draai by die Best Western Cape Suites Hotel in Zonnebloem gaan maak. Tot die vroeë 19de eeu was […]

Gesinspret en Salige Weskusdae in Dwarskersbos

As jy soggens op jou stoep aan ’n koppie boeretroos teug, die vars Weskus-briesie aan jou vel voel streel en die branders in die verte hoor druis, wéét jy jy het ’n vreedsame vakansiebestemming gevind. Maar die jongspan benodig beslis meer as rus en vrede om ’n wegbreek te geniet! Daarom deel LekkeSlaap graag dié […]

Kom maak ’n draai by die diva van Darling!

In ’n klein Swartlanddorpie, net duskant die Kaap, lê ’n ou treinstasie in pienk, wit en blou uitgedos om jou te vermaak. Dié ou treinstasie ─ ’n perron as’t ware ─ is die tuiste van Suid-Afrika se gunsteling-tannie, met rooi lippe en grys hare. Ja, dis Darling se eie diva: Evita Bezuidenhout. Evita se Perron […]

Woordfees: Vers en Klank Tussen Akkerblare

Die jaar word ryp met vers en klank en ’n Stellenbosse Maart lok die hele land. Ja, sowaar, ’n fees van woord tref eersdaags die Eikestad se goue akkerblaar en LekkeSlaap weet nét hoe om jou feesbootjie vlot te laat vaar. So, skuif ’n bietjie nader en spits jou ore, want ’n vrolike Woordfees is […]

Koop, Klets en Knibbel by dié Kersmarkies

Aan die einde van die jaar raak dinge mal! Almal vaar die winkelsentrums in op soek na daai laaste paar pakkies om onder die boom te sit. Maar hoe gemaak as jy jou Kersinkopies tot op die nippertjie los en voor ’n leë winkelrak te staan kom? Om seker te maak daar is vanjaar glimlagte […]

5 Bekoorlike Houerhuise Vir ’n Buite-Die-Boks-Wegbreek

Ons kuier altyd lekker in ons huisie-by-die-see, span rustig in die Bosveld uit, of geniet die stilte van die Karoo, maar somtyds is dit goed om ’n bietjie uit jou gemaksone te klim en nuwe avonture aan te pak. LekkeSlaap is altyd op soek na nuwe wegbreekmodes, en hier is ’n nuwe gier wat begin […]

Alle spore lei na Elgin: ’n Naweek in die Appelvallei

Elgin is beslis meer as net “die plek waar die appels vandaan kom”. Alhoewel dié Overbergdorpie bykans 60% van ons land se appels voorsien, is dit die wynlandgoedere in dié streek wat deesdae op almal se lippe is. Die ligging tussen die berge en naby die see gee dié streek die koelste klimaat van al […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang