Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Winter

Waar Moeder Aarde Glimlag: Die Caracal 4×4-ekoroete

Hierdie artikel is aanvanklik in JUIG! Tydskrif se April-uitgawe gepubliseer. Springbokke bokspring oor die grasvlakte en ou Skillie suiker oor die grondpad om onder ’n kokerboom te gaan dut. Dis herfs in Namakwaland en die landskap het ’n bruin-en-kakie baadjie aan. Ná die winterreën sal dié vaal wêreld in ’n helderkleurige blomtapyt omskep word wat […]

Sit jou verlof in: Langnaweke en skoolvakansies in 2019

Is jy nog besig om te herstel na die dol feesseisoen? Het jy al vergeet dat jy ooit met vakansie was? Of miskien lê jou welverdiende wegbreek nog voor. Hoe dit ook al sy, 2019 is propvol langnaweke vir wegbreke en jy kan vroegtydig daarvoor beplan met hierdie nuttige gids. Helder Herfs Die eerste vakansiedag […]

Kom Smul Saam by die Soetes- en Sopfees in die Skilderagtige Breedekloof

Jy staan met ’n glas goeie wyn in die een hand en ’n blikbeker tuisgemaakte sop in die ander, terwyl die wintersonnetjie op jou rug bak en jy verwonderd na die majestueuse berge om jou staar ─ dít is die Soetes- en Sopfees in ’n neutedop! Dié jaarlikse winterfees vind plaas in die asemrowende Breedekloof, […]

Sardienloop aan die Suidkus

Soos gesien op Maroela Media Die kus word weer wild, want die sardienloop is hier! Dié jaarlikse natuurverskynsel laat ons elke keer in vervoering en vanjaar gaan geensins anders wees nie. Dis egter in ’n oogwink verby, so jy sal moet spring as jy dié besonderse gebeurtenis onder oë wil kry! Daarom vertel LekkeSlaap jou […]

Mandela-dag: Meer as net Museums, Monumente en 67 Minute

Internasionale Mandela-dag is om die draai en LekkeSlaap nooi jou om op 18 Julie nét 67 minute van jou tyd af te staan ter herdenking van Nelson Mandela se 67 jaar lange stryd om geregtigheid. Dié 67 minute fokus veral daarop om armoede te verlig (#actionagainstpoverty) en om wêreldwye verandering te bewerkstellig. Vanjaar se Mandela-dag […]

Winterwegbreek in Winterton: Die Poort tot die Sentraal-Drakensberg

Jy staar droomverlore na die kaggelvuur terwyl die reën buite giet ─ ’n berghut en ski-vakansie in die Alpe sal glad nie te versmaai wees nie … Dis egter nie nodig om Suid-Afrika te verlaat om dié droom te bewaarheid nie omdat ons immers ’n besonderse bergreeks op eie bodem het ─ die Drakensberge! Dié […]

Winter-Wynproe met Peuselhappies in die Stellenboschvallei

Die winter is hier en die dae van op die strand lê moet ons ongelukkig eers uitstel. So, wat kan ’n mens in die Kaap doen wanneer die broodnodige reën op ons neersak? Al is boetiekbier en gin nou lekker gewild, stel ons ’n ou gunsteling voor ─ wynproe in die Stellenboschvallei! Wat dié ervaring […]

6 Wonderskone Oos-Kaapse Dorpe wat Wink dié Winter

Dit begin al hoe vroeër donkerder word, die son begin meer en meer agter die wolke skuil, dis soggens omtrent ’n pyniging om onder jou snoesige komberse uit te klim, en dit voel asof jy jare gelede behóórlik vakansie gehou het  ─ ja, winter is sterk op pad! Sekere aspekte van dié koue seisoen voel […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang