Stel jou voor … Jy sit op ʼn groot stoep met ʼn stomende koppie fynproewerskoffie, ʼn goeie boek en ʼn pak sjokoladekoekies wat jy stadig maar seker sit en verslind. Jy kyk op en sien hoe ʼn kat op die huis oorkant se balkon homself luilekker uitstrek en verder ʼn middagslapie vang. Iewers in die agtergrond hoor jy ʼn haan kraai en verder af in die straat kraak-kraak ʼn windpomp in iemand se agterplaas …

IMG_20160326_121255

Net ’n entjie met die straat op drentel dagbesoekers en toeriste in die middedorp rond, mense snuffel in snuisterywinkeltjies, en teen etenstyd sit hulle al die restaurante en keurige koffiewinkels vol. Skielik tref dit jou dat jy die volgende dag in die pad moet val en jou hart sak in jou skoene, maar dan gryp jy jou selfoon, sleutel “Riebeek-Kasteel” by LekkeSlaap se soekgleuf in, en siedaar ─ jou volgende besoek is amper klaar weer gereël!

Riebeek-Kasteel-0006

Riebeek-Kasteel is ʼn slentersjiek plattelandse dorpie aan die voet van die Kasteelberg in die Swartland, sowat 100 km noord van Kaapstad. Die Kaap-Hollandse en Victoriaanse argitektuur weerspieël ’n ryk erfenis, en een van die land se mooiste kerke en die oudste hotel in die provinsie is ook hier te vinde.

Ons het vir jou ʼn kitsgids saamgestel tot die top-doendinge, -eetplekke en -blyplekke wat ons onlangs in die dorpie ontdek het sodat jy blitsvinnig jou eie wegbreek in die Riebeek-vallei kan beplan!

1

Kloovenburg

Kloovenburg is ʼn gesogte wyn- en olyfplaas op die R46 net voor mens afdraai na Riebeek-Kasteel toe. Besoekers kan Maandag tot Vrydag van 09:00 – 16:30 en Saterdag van 09:00 – 14:00 wyn (R20 vir 4 wyne) en olywe (R10) proe en van die landgoed se wyn en indrukwekkende verskeidenheid olyfprodukte koop. Kliek hier vir meer inligting.

Riebeek-Kasteel-0400

Riebeek-Kasteel-0405

Tel. 022 448 1635

Untitled design

Het Vlock Kasteel

Het Vlock Kasteel is nie net ʼn unieke trou-venue nie ─ hul deli bars uit sy nate van al die vrugte- en olyfprodukte en wyn uit die vallei. Jy kan gelukkig al die produkte proe voor jy koop, so dis veilig om jou mandjie vol te laai! Kliek hier vir meer inligting.

Riebeek-Kasteel-0293

Riebeek-Kasteel-0437

Untitled design (1)

Tel. 082 567 9132

Untitled design

The Olive Boutique

The Olive Boutique vier vanjaar sy 16de bestaansjaar en verkoop produkte uit die vallei én produkte wat hulle self vervaardig. Hier sal jy alles van olyf-pesto tot olyfgeurige lipsalf kry! Proe gerus die songedroogde olyfsmeer en olywe in bloubessiesous. As jy nie kan wag om die winkel self te besoek nie, kan jy sommer hier aanlyn produkte koop.

Riebeek-Kasteel-0416

Riebeek-Kasteel-0419

Tel. 022 448 1368

Untitled design

Riebeek Cellars

Riebeek Cellars se landgoed is ʼn entjie buite die dorp geleë, maar hul gesellige proelokaal en wynwinkel is op die plein in die hartjie van die dorp. Die winkel is onlangs opgeknap en het ʼn lekker proetoonbank en kuierarea met ywerige personeel wat insiggewende proesessies aan gaste bied.

Riebeek-Kasteel-0476

Riebeek-Kasteel-0488

Riebeek Cellars se indrukwekkende verskeidenheid wyn sal elke smaak pas ─ die Montino Petillant Light is gemáák vir soetwynliefhebbers en die Riebeek Cellars Shiraz sal rooiwynkenners bekoor. Maak seker jy proe die gesogte Kasteelberg Shiraz en die splinternuwe Riebeek Cellars Chenin Blanc!

Riebeek-Kasteel-0480

Tel. 022 448 1213

Untitled design

Daar is nog heelwat ander wynplase en proeplekke in die omliggende vallei wat ons ook met oorgawe kan aanbeveel. Allesverloren in Riebeek-Wes en Pleasant Pheasant, ’n gesellige gesinsrestaurant op die perseel,  is veral ʼn moet as jy die vallei verder wil verken!

4

Buiten die wyn- en olyfplase in die omgewing is daar talle interessante eetplekke, koffiewinkels en twee bierproeplekke. Ons het dié keer net by ʼn paar uitgekom, so ons sal beslis moet teruggaan vir die res!

Mama Cucina

Riebeek-Kasteel-0530

Mama Cucina is in 2014 deur Eat Out as een van Suid-Afrika se beste Italiaanse restaurante aangewys. As jy lief is vir pizza en pasta sal jy in die sewende hemel wees! Die spyskaart is seisoenaal, so byna elke keer wat jy inloer sal daar iets nuuts wees om te proe. Die wynlys bevat ʼn paar van die gewildste wyne uit die vallei en Kloovenburg se olyfolie pryk op die tafels.

Untitled design (3)

Soos dit enige Italiaanse restaurant betaam, heers daar ʼn jolige atmosfeer en is daar gedurig ʼn gegons soos die gereelde gaste mekaar groet. Inwoners van die vallei sit dié restaurant bo-aan hulle lysie van gesellige gesinsrestaurante.

Tel. 022 448 1676

Untitled design

Beans about Coffee

Riebeek-Kasteel-0318

Beans About Coffee is ʼn klein koffieroostery wat die lekkerste koppie boeretroos op die dorp maak. Jy kan selfs jou eie bone kom kies en koop. 

Riebeek-Kasteel-0303

Gedurende die week maak hulle 07:00 oop en oor naweke 08:00, so doutrappers kan hier aanklop vir hul eerste koppie koffie van die dag! Buiten koffie bedien Beans About Coffee ook heerlike ontbyt, middagete en gebak.

Riebeek-Kasteel-0345

Kyk ook uit vir hulle oulike wegneem-koffietoonbank, Little Bean in Short Street, waar jy koffie en gebak verkoop.

Tel. 082 901 2113

Untitled design

Flagship Brew

Riebeek-Kasteel-0495

Flagship Brew in Kerkstraat bied gesellige bierproesessies en platters met kaas, olywe en vleis. Besoekers kan op ʼn mooi dag onder die bome sit en die brouery se vier kenmerkende biervariante proe. Die toerusting staan in die proelokaal en die broumeester verwelkom vrae oor die brouproses. Die brouery is elke dag van die week, buiten Maandae, oop.

Riebeek-Kasteel-0502

Riebeek-Kasteel-0508

Daar is nog heelwat ander eetplekkies waarby ons nie dié keer uitgekom het nie, maar ons het net goeie goed van Red Tin Roof, Wicked Treats, Eve’s Eatery en The Comfy Chair gehoor!

1 (2)

5

Suikerbossie-0129

Suikerbossie is ʼn slentersjiek selfsorghuis met slaapplek vir 8 gaste. Al 4 slaapkamers het en suite-badkamers met net die beste geriewe ─ van Hans Grohe-krane tot Victoria & Albert-baddens. Al die beddens is met luukse katoenperkallinne opgemaak wat jou elke oggend  ʼn uurtjie of twee langer sal laat lê.

Untitled design

Die kombuis is met die mooiste en mees moderne toebehore toegerus. Dit is ook die ideale kuierhuis met ʼn swembadjie, braaiplek en stoep wat om die huis strek.

Untitled design (1)

Die huis is net ʼn hanetreetjie vanaf die wêreldklas-restaurante, kroeë, winkels en die bekende wyn- en olyf-boetieks in die dorpie. Kliek hier om jou plattelandse wegbreek by Suikerbossie te bespreek!

Suikerbossie-0138

Kliek hier vir meer verblyf-opsies in Riebeek-Kasteel.

2

Aitsa

Aitsa, ʼn tuisnywerheid in die dorpie se hoofstraat, verkoop allerhande lekkernye wat in die vallei gebak en gebrou word, en ook olyfprodukte van Kloovenburg en Het Flock.

Riebeek-Kasteel-0051

Riebeek-Kasteel-0044

Tel. 022 448 1492

Untitled design

Á La Maison

Á La Maison is ʼn Franse dekorwinkel wat die mooiste huisgoed, klere, tuintoerusting, onthougoed en oudhede verkoop. As jy lief is vir mooigoed sal jy dit nie kan weerstaan nie!

Riebeek-Kasteel-0071

Riebeek-Kasteel-0333

Tel. 022 448 1289 

Untitled design

Crystal & Twine en Vintage White 

Crystal & Twine en Vintage White is nog ʼn dekorwinkel wat binnenshuise versierders se harte sal steel. Die winkel is byna altyd oop en bied ʼn groot verskeidenheid ─ van meubels tot kombuisgoedjies.

Riebeek-Kasteel-0097

Riebeek-Kasteel-0116

Tel. 022 448 1290

Untitled design

The Gallery

The Gallery is ʼn kunsgalery in die hoofstraat wat  kunswerke van plaaslike kunstenaars uit die vallei uitstal. Daar is iets wat elke oog sal vang ─ van groot skilderye tot klein ornamentjies.

Riebeek-Kasteel-0339

Riebeek-Kasteel-0248

Tel. 083 653 3697

Untitled design

Ancient Spirit

Ancient Spirit in die gewilde Short Street is ʼn kleurvolle klerewinkel wat eiesoortige kledingstukke en bykomstighede verkoop.

Riebeek-Kasteel-0383

Riebeek-Kasteel-0375

Tel. 022 448 1777

Untitled design

Creative Collective

Creative Collective, net langs Ancient Spirit, verkoop unieke, handgemaakte skryfbehoeftes, huisgoed en juwele wat alles deur plaaslike ontwerpers gemaak is.

Riebeek-Kasteel-0369

Riebeek-Kasteel-0370

Tel. 022 448 1777

Untitled design

Crisp

Crisp is ook in dié straat geleë en is ʼn oulike, ouderwetse groentewinkeltjie en deli wat vars groente, eiers, kaas, koue vleis, speserye en olyfprodukte verkoop.

Riebeek-Kasteel-0360

Riebeek-Kasteel-0363

Tel. 022 448 1769

Untitled design

3

Die Riebeek-vallei se Olyffees lok besoekers van heinde en verre en is enige wyn- en olyfliefhebber se droom! Dis die perfekte geleentheid (en verskoning) om ʼn naweek-wegbreek in die vallei te beplan. Dié vallei is nie net bekend vir die land se vier top-olyfprodusente nie, maar ook vir bekroonde wyne en van die beste shiraz in Suid-Afrika. Feesgangers reis van plaas tot plaas waar hulle olyfprodukte en wyn kan proe, maar tussendeur ook kan smul aan kaas, deliprodukte, varsgebakte brode en ingelegde lekkernye.

Tapenade, Olives And Olive Oil

Wat jy moet weet oor die Olyffees 2016:

  • Die fees vind dié jaar 7 en 8 Mei plaas (9:30 tot 17:00 die Saterdag en 9:30 tot 16:00 die Sondag).
  • Die paspoort kos R125 per persoon en sluit toegang vir die hele naweek en ʼn proeglas in.
  • Dit is gratis vir kinders onder 12 jaar.
  • ʼn Gratis pendeldiens sal gedurende die naweek beskikbaar wees.
  • Kontak 022 448 1545 of stuur ʼn e-pos aan olivefestival@gmail.com as jy meer oor die fees wil uitvind!

Die dorp is reeds byna vol bespreek, so kies betyds jou blyplek vir die naweek van 7 en 8 Mei voor dit te laat is! Klier hier om te bespreek.

Foto’s: Pieter Wolhüter.