Dis maklik om ons land se skilderagtige strande in ons ryke taal te besing ─ van Paternoster tot Plettenbergbaai raak bekende Afrikaanse sangers liries oor sand en see. Soms bring die oseaan verlange, maar meestal is die strand propvol pret en plesier. Daarom het LekkeSlaap vyf gewilde strande gekies wat in keurige Afrikaanse lirieke beskryf word, en ons wys jou ook waar jy salig teen die kus kan rus!

Paternoster

Die Weskus sal stil-stil in jou hart kruip wanneer jy Paternoster besoek. Dié vissersdorpie is die perfekte bestemming vir:

Walviskyk, staproetes, kanovaart, branderplankry, visvang, fotogeleenthede en perdry.

Coenie de Villiers besing Paternoster só:

Die see by Paternoster is ’n ander see meneer
hierlangs ken hy wind en reën en ken hy stormweer
wat grys en koud kombers maak ’n visser nederig hou
ja, hierdie is ’n see, meneer
selfs soeter as ’n vrou

Die see hier by Saldanha, het ’n hart, meneer, ek sweer
hy wis alles van verlange, ken die eensaamheid se seer
en as die skuite iewers dobber
op die branding van die baai
gee hy kreef diep uit sy brandkluis
ja, daar’s vis hier op ons kaai

In Jacobsbaai se see, meneer,
kan jy jou nette sprei
laat sak maar deur die deining
ja, daar’s vis in die kontrei
Die hemel word ’n koepel
waaronder ons kan werk
die see hier word ’n katedraal
en die oseaan ons kerk

Luister na die see, my kind
en luister na die wind
jou hart sal hier kom nesmaak
en die Weskus aan jou bind

LekkeSlaap bied lieflike blyplek in Paternoster. Kliek hier en bespreek nóú jou Weskus-wegbreek!

Bloubergstrand

’n Spierwit strand, ’n wêreldberoemde berg en skouspelagtige sonsondergange ─ dis maar net ’n paar redes waarom Bloubergstrand ’n bobaas-bestemming is. By dié pragstrand kan jy:

Walviskyk, branderplankry, voetslaan, fotogeleenthede en skemerkelkies.

Laurika Rauch se immergewilde lied het dié strand diep in Afrikaans gewortel:

Die golwe weet waar breek die branders –
Hulle dink hulle’s vry
Die wolke wentel in die hemel maar
Op die winde moet hul ry
Dis vroeg in die dag, op Blouberg se strand
Die wind gaan nog waai, die son gaan nog brand
Maar dis koel na die lang nag
En ons groet die dag

Goeie môre my sonskyn
Goeie môre my kind
Kom ons draf langs die strand
Kom ons ry op die wind
Die sand sal ons skroei
En die strale sal brand
Maar dis vroeg in die dag
Op Blouberg se strand

Daar is witgekalkte huise
En ou Tafelberg
Daar is hengelaars met stok en hoed
Wat vroeg visse terg
My pa sê “my kind, ons moet swart mossels vind”
Ons is lief vir die see, ek is lief vir my kind
Ja dis koel na die lang nag
En ons groet die dag

Ons bied oornag- en vakansieverblyf in Bloubergstrand, so kliek gerus hier as jy volgende keer in die mooiste Kaap wil slaap!

Victoriabaai

As jy wil hê die Tuinroete moet sy towerstaf oor jou swaai, moet jy beslis koers kry na dié beskutte baai tussen George en Wildernis. By Victoriabaai kan jy:

Branderplankry, visvang, kampeer, swem en braai.

As jy nog nie hier was nie, sal wyle Lucas Maree se woorde jou definitief hierheen lok:

Kyk hoe sluit die son die hemel oop
Kyk hoe wyk die nag, voor die dag
Kyk hoe word die see in goud gedoop
Kyk hoe bloos die strand, vol van hoop
Gedagtes vat my soos ’n kolk wat draai
Deur die newels na Victoriabaai.
Waar die branders in die skuim rond waai
Styg my hart tot waar die seemeeu draai.

Ai ai ai ai ai ai ai
Ai ek wens ek was nou daar
Ai ai ai ai ai ai ai
my kliptroon by Victoriabaai

Daar kan ek nog soms my siel oopknoop
Daar verdwyn die nag en word dit dag
Daar kan ek my kop van kommer stroop
Op my rots, my troon, vind ek hoop

LekkeSlaap het wonderskone blyplekke in Victoriabaai, so kliek hier as jou volgende vakansiebestemming die toweragtige Tuinroete is.

Mosselbaai

Mosselbaai se matige klimaat laat jonk en oud jaarliks na dié kusdorp stroom! Die strand en omgewing bied ’n magdom doendinge, soos:

Swem, restaurante, visvang, gesinspret soos besoeke aan die waterpark.

Die kans is goed dat dié bekende volksliedjie ook in jou kop draai wanneer jy aan Mosselbaai dink:

Aai, aai, die witborskraai!
Hiervandaan na Mosselbaai
Hooggevlieg en laaggeswaai
By die groot see omgedraai.

Raai, raai Janpiet Kepaai
Het sy rietgeweer gelaai,
Tier gaan skiet by Mosselbaai,
Nooit nie weer daar omgedraai.

Fooi, fooi, Stefaans du Toit
Het gaan kuier by ’n nooi
Met sy rietperd in die Baai,
Dadelik weer daar omgedraai.

Aai, aai, die witborskraai!
Hiervandaan na Mosselbaai
Hooggevlieg en laaggeswaai,
By die groot see omgedraai.

Mosselbaai is een van ons land se gewildste vakansieplekke, so om te verseker dat jy nie vanjaar noodgedwonge met Jan Tuisbly se karretjie ry nie, kliek gerus hier om jou Desember-wegbreek te bespreek.

Plettenbergbaai

Dis voorwaar vet pret om in Plet se warmer water rond te plas en jy kan hier selfs leer hoe om branderplank te ry! Dié kusdorp bied ’n rits doendinge, soos:

Swem, walviskyk, kanovaart, wynproe, branderplankry, visvang, fietsry en restaurante.

Pieter Smith se sielvolle lirieke pas perfek by Plet:

As die stadsgedruis my nader
Die rustigheid my vrees
Dink ek aan ’n plek waar ek
weer ’n mens kan wees
As die lewe hier te veel raak
En alles tevergeefs
Ja wens ek, ek was weer by jou gewees

As die Kaapse see jou hart wil steel
en sy winde om jou maai
En die pad wat ek verloor het
weer na jou toe swaai
As die hemelsee my ver weg neem
En my na jou toe draai
Verlang ek weer na jou, Plettenbergbaai

Jou see is soos die hemel
Jou strande soos ’n wolk
Onder jou dak het ek weer ’n mens geword
Ja waar seemeeue die bote terg
Van Keerboomstrand tot by Robberg
Spoel jou blou water my sorge weg

In Plet bied ons verblyf te kies en te keur, so kliek gerus hier as jou vakansiewiele vanjaar in Plettenbergbaai se rigting draai!

***

Sjoe, min dinge is mooier as om Moeder Natuur in jou Moedertaal te beskryf. Laat weet ons gerus as jy nog ’n paar Afrikaanse strandliedjies ken!

Hooffoto: Instansiefoto op LekkeSlaap