Daar is net een hotel in Kaapstad met direkte strandtoegang, en dit is die luukse Lagoon Beach Hotel**** in Milnerton, een van die nuutste toevoegings op LekkeSlaap se aanlyn-databasis. Hierdie hotel is 20 km van Kaapstad Internasionale Lughawe en 7-8 km van die Kaapse middestad en V&A Waterfront af.

Ons span is onlangs uitgenooi na ‘n bobaas buffet ontbyt by The Brasserie, een van die drie restaurante by Lagoon Beach Hotel. Met ‘n uitsig oor die strand en Tafelberg wat in die agtergrond tuur, is ons soos konings behandel.

Die buffet bestaan uit ‘n gesondheidsafdeling met vrugte, jogurt en pappe; ‘n Engelse ontbyt-afdeling met spek, wors, eiers en ander warm bederfkosse; en ‘n Kontinentale afdeling met broodjies, konfyte, kaas en koue vleise. Die kelners het deurentyd koffie en tee aan gaste bedien. Sommer gou-gou het ‘n paar uur soos ‘n luilekker Somersvakansie gevoel.

Na die ontbyt het Cheryl Hepburn, die dinamiese bemarkingskonsultant van Lagoon Beach Hotel, ons span deur die hotel vergesel, sodat die luukse hoekies – onder andere van die 200 hotelkamers, van die 13 konferensielokale, drie restaurante, drie swembaddens, twee kroeë, ‘n Camelot Spa en die gimnasium – van nader bekyk kon word. Die ekstra geriewe – van gratis WiFi tot gratis geskeduleerde pendeldienste na KIKS, die V&A Waterfront en Century City – bied daardie ekstra tikkie luuksheid.

Kom loer-besoek dié hotel … sommer aanlyn!

Hieronder verskyn LekkeSlaap se foto’s van ons onlangse besoek aan Lagoon Beach Hotel.

Die LekkeSlaap-span bedank graag vir Cheryl en die personeel by Lagoon Beach Hotel wat hierdie uitstappie moontlik gemaak het. Ons het dit baie geniet, en kan nie wag om LekkeSlaap-ers aan dié luukse verblyf-opsie bekend te stel nie.

Die LekkeSlaap-span