Is jy op soek na ’n lekke partytjie of musiekkonsert om die Nuwejaar in te wy? Ons het ’n lys van die top-doendinge vir Oujaarsaand en Nuwejaarsnaweek regoor Suid-Afrika opgestel!

Kirstenbosch Nuwejaarsvertoning
Kaapstad, Wes-Kaap

Vanjaar se Nuwejaarskonsert in die Kirstenbosch Botaniese Tuine beloof om weereens gróót te wees. Vanjaar tree Grassy Spark en Jeremy Loops op. Kom sit op die gras saam met jou vriende en neem afskeid van 2015. Die hekke open om 19:00, die optrede begin om 20:30 en die aand eindig net na middernag. Dit sal jou net R110 tot R150 uit die sak jaag. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets of by Kirstenbosch se kaartjiekantoor. Skakel gerus 021 762 2866 vir meer inligting.


Bathurst Ox Braai
Bathurst, Oos-Kaap

Die Bathurst Osbraai wat jaarliks by die Bathurst Skougronde plaasvind, lok reisigers van heinde en verre en is al van 1981 af ’n tradisie. Dié bekende spitbraai vind vanjaar op 29 Desember plaas en is nét die regte manier om jou heerlike Nuwejaarsnaweek aan die Sonskynkus af te skop. Toegang is R150 per persoon en R100 per motor. Daar is vier verhoë met jolige musiekgroepe wat vermaak verskaf en ’n oorvloed heerlike kos. Dit begin om 10:00 en hou aan tot die son opkom. Besoek hulle Facebook-blad of stuur ’n e-pos aan oxbraai@gmail.com vir meer inligting.

A photo posted by Meagz claasen (@meaganclaasen) on


The Smoking Dragon in die Drakensberge
Bergville, KwaZulu-Natal

Dié fantastiese musiekfees is van 29 Desember tot 1 Januarie aan die gang. Kom beleef ’n fees van bekende musiekgroepe teen die hange van die Drakensberge. Jy kan ook vir die naweek daar kamp. Bespreek nou jou kaartjies teen R700 (vir die naweek) en R300 vir ’n dagkaartjie. Besoek hulle webblad vir meer inligting oor die fees.


The Ruins

St. Francisbaai, Oos-Kaap

Nuwejaar beteken ook dat dit weer tyd is vir The Ruins ─ ’n jaarlikse nuwejaarspartytjie in St Francisbaai in die Oos-Kaap. Vanjaar kan jy uitsien na drie verhoë met musiek wat in ieder en elk se smaak sal val. Kaartjies kos tussen R250 en R850 en is hier beskikbaar.


Die Liggiesfees
Nieu-Bethesda, Oos-Kaap

Die Bethesda Arts Centre hou elke jaar om middernag ’n liggiefees en lantern-parade om die Oujaar vaarwel te roep. Kaartjies kos R100 per persoon en sluit die volgende in: die maak van jou lantern by die sentrum (of ’n keuse van een van hulle lanterns), ’n vertoning in die buitelugteater, lewensgrootte marionette en die lantern-parade gevolg deur ’n braai. Maak seker dat jy vooraf bespreek vir die kursus om jou lantern te maak.  Skakel die Bethesda Arts Centre by 049 8411 731.

A photo posted by Elbé Heerden (@elbecoza) on

 

Maskerbal by Chicago’s Piano Bar
Johannesburg, Gauteng

Wy die Nuwejaar in, getooi in jou beste vere. Vir dié glansaand beter jy jou hofskoene en aandrok afstof. En moenie van jou masker vergeet nie! Kaartjies kos R395 per persoon en sluit ’n driegangmaaltyd en drankies in. Om net die dans by te woon (sonder ete) sal jou R190 kos. Bel 011 794 3383 of e-pos kathyholls@gmail.com vir meer inligting.

A photo posted by @roshanbhana on

 

Silent Disco by Octopus Garden St James, Wes-Kaap Octopus’ Garden, ’n restaurant en kuierplek in St James tussen Muizenberg en Kalkbaai, is vinnig besig om vir hulself naam te maak met hul Silent Disco. Toegang tot die aand se musiek kos slegs R80 (vir die huur van jou oorfone). Die idee is dat jy kan gesels met jou vriende sonder die rumoer van ’n dansklub, maar dan jou oorfone kan aansit as jy in die tuin wil dans. Daar is drie kanale met verskillende musiek-genres om na te luister. Dit begin om 20:00 op 31 Desember. Maak seker jy’s vroeg daar om jou oorfone te huur. Bespreek gerus ’n tafel indien jy eers wil eet by 072 533 2026 of theoctopusgarden@gmail.com.

A video posted by Shawn Buck (@shawnathanbuck) on

Goldfish in lewende lywe Ballito, KwaZulu-Natal Nog ’n tradisie is dié partytjie in Ballito op 31 Desember. Vanjaar kan jy kuier op die maat van Goldfish en Das Kapital.  Kaartjies kos R350 tot R590 en is hier beskikbaar.


Bosvarkoord Nuwejaarsmakietie
Nelspruit, Mpumalanga

As jy jouself naby Nelspruit bevind, is daar ’n heerlike Nuwejaarsmakietie by die Bosvarkoord op Cairn, net 12 kilometer buite Mbombela (Nelspruit). Dis gesinsvriendelik so bring jou piekniekmandjie, familie, swemklere en tent saam om oor te slaap. DJ ESS sal musiek verskaf en daar is lekker pryse om te wen deur die loop van die aand. Die partytjie begin al vroegdag en hou reg deur die nag aan. Daar is ook swembaddens en ’n groot kontantkroeg. Kaartjies kos R100 per persoon en dis gratis vir kinders onder 12 jaar. Kaartjies is beperk, so bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Bel gerus vir Lynette by 079 070 4664 of Madeleen by 083 605 9153.

A photo posted by Dj Wags (@dj_wags) on

 


Hope@PaulCluver saam met die Thembalitsha Foundation
Grabouw, Wes-Kaap

Begin 2016 op die regte noot saam met die Parlotones by Paul Cluver op 2 Januarie 2016. Kom geniet van hul grootste treffers en maak dié feesseisoen ’n verskil. Al die wins van die konsert gaan aan die Thembalitsha Foundation. Kaartjies kos R300 by Computicket.

 

 

So, wat gaan jy doen om die Nuwejaar te vier