LekkeSlaap se webtuiste is vol pragtige plekkies waar jy kan wegbreek, ontspan of op ’n avontuur gaan. Almal kort ’n heerlike nagrus na ’n bedrywige dag van vakansie hou, so ek het ’n paar van dié lekke lêplekkies met die mooiste beddens gaan soek waar jy beslis sal kan lekke slaap. Kliek gerus op die foto’s om meer uit te vind.

Andante Guest House, Rayton

Die pragtige Gastehuis is in Rayton, Bloemfontein. Die plattelandse ligging verseker dat die rus en vrede jou sal oorval.

Letsatsi Game Lodge, Smithfield

Dié heerlike bed is in Smithfield se natuurskoon tussen die asemrowende heuwels en valleie van die Caledonrivier geleë. Hier, in die hartjie van die Vrystaat, kan jy na ’n dag van fietsry, voetslaan of opwindende wildritte jou kop neerlê.

Fairview Estates, Fouriesburg

Ontsnap uit die beskawing en kom bly in Fouriesburg in die Drakensberge. Dié beeldskone bed is op ’n werkende plaas op die grens van die Vrystaat en Lesotho en spog met die mooiste uitsigte.

JBay Zebra Lodge, Jeffreysbaai

Dié lodge spog met ’n pragtige uitsig oor die Indiese Oseaan, inheemse bos en berge. Jy kan ’n outentieke Afrika-atmosfeer hiér ervaar en ’n romantiese skemerkelkie op die houtstoep geniet terwyl jy die beeldskone uitsig geniet.

Tsitsikamma Village Inn, Stormsrivier

Die geboue weerspieël die verskillende boustyle van die Kaap-Kolonie wat is die 1800’s gewild was. Smul aan ’n heerlike ontbyt, middag- of aandete by De Oude Martha Restaurant.

Hitgeheim Country Lodge & Eco-Reserve, Sunland

Kom ontspan in dié luukse kamer in die hartjie van die Sondagsriviervallei naby aan die Addo-Olifantpark. Die chalets by die lodge spog met houtdekke wat oor die sitrusboorde en luisterryke platteland uitkyk.

Leopard Mountain, Hluhluwe

Verlustig jou in die sagte bosgeluide en sonopkoms van die Zululand Renosteroord wat spog met ongerepte bosveld en rivierwoud en die Umsunduzerivier en Lebomboberge in die verte.

Loeriebos Bed and Breakfast, Westville

Geniet ontbyt op die stoep met voëltjies wat roep en paddas wat kwaak van vroeg in die oggend tot laat in die aand.

Amakhosi Safari Lodge, Pongola

Aan die oewer van die Mkusirivier in die Amakhosi Privaat Wildreservaat kan jy die Groot-5 kan sien en ’n luilekker spa-behandeling geniet.

Wish U Were Here, Woodstock

Kom seil weg in jou drome op dié wonderskone bed in ’n historiese gebou net buite Kaapstad se stadskern. En wanneer jy ontwaak, gaan loer sommer in by Old Biscuit Mill net om die draai.

18 On Kloof B&B, Gordonsbaai

Kom kyk hoe baljaar die walvisse aan die kus van Julie tot November terwyl jy in dié heerlike bed ontspan. Die vierster-akkommodasie spog met ’n uitsig oor die Helderberge en Valsbaai.

Tramonto Country Guest House, George

Dié bekoorlike bed is in een van die retro-karavane in ’n stukkie hemel in George. Gaan op ’n “Happy Hour”-toer na die aarbei-, buffel- of wynplaas terwyl jy ’n glasie wyn of bier geniet.

Casta Diva, Pretoria Noord

Kom lê in dié koninklike bed in ’n herehuis wat in ’n welige tuin van 2 ha geleë is. Dit is omring deur palmbome, broodbome en verskeie varings.

Moroccan House, Menlopark

Dié outentieke tuiste spog met kenmerkende argitektuur en tuine. Elke kamer het ’n privaat tuintjie en onthaalhoekie.

Northcliff Manor Guest House, Northcliff

Dié gastehuis is een van die eerste huise wat in 1937  in die hartjie van die Stad van Goud gebou is. Die huis is versier met helder skilderye en Europese, antieke geel- en stinkhout Afrikana-meubels. Daar is ook Victoriaanse en Italiaanse elemente in die huis.

61 on Ireland, Polokwane

Dié beeldskone bed is in ’n steendorp-paradys met intieme argitektuur en ’n samesmelting van rots, koidamme, inheemse plante en die kontemporêre leefstyl in die hartjie van die streek.

Godiva Boutique & Spa, Groblersdal

Godiva bied plattelandse gasvryheid en ‘n samevloeiing van ’n Franse styl en die bosveld terwyl ’n ontspanne, Mediterreense atmosfeer op jou wag. Die kamers het privaat balkonne in welige tuine en spog met ’n tikkie glans.

Jembisa Bush Home, Waterberg

Dié pragtige lodge is van plaaslike riet en klip gebou. Slaap onder die Suidelike sterre en ontwaak met die oggendkoor teen sonsopkoms. Dit is beslis ’n belewenis.

Longtom Farm Guesthouse, Lydenburg

Net 3 km buite Lydenburg met ’n beeldskone uitsig oor die Long Tom Pass lê dié voëlliefhebber-paradys in ’n welige tuin. Dit  lyk net perfek vir ’n prinses!

Serenity Forest Eco Reserve, Malelane

Die bed is romanties weggesteek in die inheemse woud met verskeie wandelpaaie wat daardeur vleg. Elke kamer het ’n privaat houtdek en ’n kaggel. Jy moet self die watervalle, staproetes en voëlkykroetes, romantiese pieknieks en spa-behandelings kom beleef.

Loerie’s Call Guesthouse, Nelspruit

Elke kamer is uniek met ’n hartlike atmosfeer, sagte beligting en uitstaande geriewe met ’n uitsig oor die Krokodilrivier-vallei en Nelspruit.

Ancient Emperor Guest Estate, Oude Dorp

Wie sal nie in die lekke sonnetjie wil ontspan en luister na die voëltjies wat sing nie? Stap net ’n paar meter na die rivier en luister hoe die water oor die klippe vloei.

Motswiri Private Safari Lodge, Madikwe Wild Reservaat

Dié kamer bied vyfster-verblyf met ’n uitsig oor Madikwe van jou privaat dek af. Die kamer is in die bos met groot ou bome weggesteek.

Tau Game Lodge, Madikwe Wild Reservaat

Die lodge het ’n asemrowende ligging – oorkant ’n natuurlike watergat. Kyk hoe ’n verskeidenheid wild water kom drink op die 75 000 ha reservaat.

Boutique Guesthouse Hanover, Hanover

Dié pragtige gastehuis is in ’n klein Karoodorpie langs die N1/N10-kruising en spog met ’n uitsig oor die kerkgebou van die voorstoep af. Die kamers is ruim en eenvoudig versier, maar steeds elegant met egte Karoo-elemente.

Avond Rust Gastehuis, Upington

Die bekoorlike bed is in ’n luukse en suite-slaapkamer wat jou na die welige tuine en ’n skitterende swembad lei waar jy die Kalahari-son kan geniet.

BoKaro, Prieska

Geniet ’n heerlike ontbyt op die stoep na ’n heerlike nagrus in dié bed aan die oewer van die Oranjerivier. Dié luukse gastehuis spog met Charlotte Rhys-badprodukte.

Dit lyk omtrent of dié beddens in ’n glanstydskrif hoort. Gaan besoek die lekke lêplekkies en slaap self in die snoesige beddens.

Watter plekke het jy al besoek wat sulke mooi beddens het? Vertel ons hier onder!

Untitled design

Die hooffoto bevat foto’s van Botsebotse Luxury Retreat, Rhulani Game Lodge, Under Oaks the Vineyard Suites en Mashovela Bush Lodge.

Al die foto’s is afkomstig van LekkeSlaap.co.za.