As jy op soek is na elegante, plattelandse verblyf in die hartjie van die Tuinroete met al die luukse geriewe van n vyfsterhotel, sal Knysna Hollow Country Estate so reg in jou kraal val. Ons het die voorreg gehad om n naweek by dié spoggerige hotel deur te bring en deel graag ons eerstehandse ervaring met jou! Knysna wemel van doendinge en ons het ’n paar gekies om jou Knysna-vakansie op te kikker. As Knysna egter uit jou koers is, wys ons jou ook ’n paar ander Hollow-hotelle regoor die land!

AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE3Y2QzYTg3LWFjMmEtNDRjMi04YThmLTNmNTJjMzU3NGU4Nw

Knysna Hollow skuil tussen oeroue eike- en pekanbome op n afgesonderde landgoed, stapafstand vanaf Knysna se strandmeer en net twee kilometer buite die dorp. Ons het laatmiddag in stortreën by die hotel aangekom en is hartlik verwelkom met n glasie vars vrugtesap voor die knetterende kaggel in die gesellige kuierarea. Die huislike atmosfeer en vriendelike personeel het ons sommer onmiddellik tuis laat voel!

Untitled design (46)

Dié hotel bied verblyf in 64 tuinkamers, 15 tuin-chalets en agt ekovriendelike eenhede. Ons het in lieflike grasdak-tuinkamers geslaap en was baie beïndruk omdat die verwarmers in ons kamers reeds aan was om die snerpende winterkoue te verdryf. Die stormweer het dwarsdeur die nag gewoed, maar ons het salig geslaap op die gemaklikste beddens op aarde!

Untitled design (45)

Die stylvolle restaurant in Knysna Hollow se herehuis bied verskeie maaltyd-opsies en ons het n watertandlekker driegangaandete genuttig wat, onder meer, bestaan het uit geurige groentesop, gevulde hoender met fynaartappel en groente, en roomys met sjokoladesous. Ons het ook heerlik aan Ken Forrester Cabernet Sauvignon geteug om ons maaltyd af te rond en die koue dag in styl af te sluit.

Untitled design (47)

Daar is daagliks ’n buffet-ontbyt met Kontinentale en Engelse ontbyt-opsies. Die Engelse ontbyt was uit die boonste rakke met spek, sampioene, worsies, gebraaide tamaties, boontjies, roosterbrood en natuurlik eiers wat by die buffet-tafel volgens jou smaak voorberei word. Terwyl ons aan die heerlike ontbyt gesmul het, was die vriendelike kelnerinne altyd gereed om tee en koffie te skink!

7

Die gesellige kroeg is n gewilde kuierplek met gemaklike rusbanke en n platskerm-TV waarop ons krieket kon kyk. Die wollerige inwonende gemmerkat het sorgeloos voor die kaggel opgekrul om tot die huislike atmosfeer by te dra!

Untitled design (43)

Knysna Hollow bied gerief vir jonk en oud wat drie swembaddens, n konferensielokaal, n trou-venue, twee restaurante, fietse wat daagliks te huur is, n kinderoppasdiens, n snuisterywinkeltjie en n reuse skaakbord insluit.

Untitled design (48)

Boonop bied Knysna ’n rits doendinge om jou besoek aan dié dorpie ekstra spesiaal te maak!

* Vaar op die strandmeer tot by die Knysna Koppe

* Speel gholf by die Knysna Gholfklub

* Pak n staproete aan in die Featherbed Natuurreservaat

* Eet oesters by 34º South, Tapas & Oysters of Quay 4

* Snuffel rond in Knysna se waterfront-winkeltjies en geniet ’n skemerkelkie terwyl jy oor die strandmeer uitkyk

Ander Hollow-hotelle

LekkeSlaap bied ook vyf ander Hollow-hotelle vir diegene wat nie naby die Tuinroete woon nie en in die luukse ervaring wil deel:

Hippo Hollow Country Estate

Untitled design.jp3g

Untitled design.jp4g

Dié hotel is omring deur inheemse tuine aan die oewer van die Sabierivier in Hazyview, net tien minute van die Krugerwildtuin af. Daar is 37 stylvolle grasdak-chalets met basiese selfsorg-geriewe, en 54 hotelkamers. Kom geniet die uitsig oor die welige tuine, die twee swembaddens en die magtige Sabierivier. Hippo Hollow Country Estate bied ’n restaurant waar jy aan keurige disse kan smul terwyl jy met sonsondergang die seekoeie op die gras dophou. Kliek hier om verblyf te bespreek sodat jy self dié unieke ervaring kan beleef.

Cape Town Hollow Boutique Hotel

Untitled design

Dié boetiekhotel is in Tafelberg se skaduwee in die beeldskone Moederstad geleë en bied manjifieke uitsigte oor die Kompanjiestuin, Tafelberg en Leeukop. Cape Town Hollow Boutique Hotel beskik oor 56 en suite-kamers met die beste moderne geriewe. Daar is n magdom doendinge wat jy in die stad en omliggende omgewing kan aanpak, soos partytjies in die bekende Langstraat, n besoek aan byderwetse restaurante en kroeë, die V&A Waterfront, die asemrowende skiereiland en alombekende Kaapse Wynlande. Die hotel is bekend vir uitstekende diens en die restaurant, Eighty-Ate, bied fynproewersdisse gepaard met Kaapse wyn en boetiekbier van  wêreldklas-gehalte. Dié restaurant is oop vir die publiek, so kom geniet n besonderse maaltyd op die patio op n egte Kaapse somersaand en kliek hier om verblyf te bespreek.

Casterbridge Hollow Boutique Hotel

Untitled design.jp11g

Untitled design.jp12g

Untitled design.jp22g

Dié moderne boetiekhotel is tussen die oorspronklike Casterbridge-plaas se mangobome in Witrivier geleë. Dit is net 15 minute se ry van die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe af en is ideaal vir sakereisigers en toeriste wat op soek is na maklike toegang tot die Krugerwildtuin en die Panorama-roete. Casterbridge Hollow Boutique Hotel se unieke styl herinner aan die romantiese dorpies op Provence en Toskane se heuwels. Hiér kan jy stylvolle verblyf geniet in 26 ruim standaardkamers en vier luukse gesin-suites. Magnolia Café is net n klipgooi van die hotel af en bied eersteklas-ontbyt, en Magnolia Restaurant op die boonste verdieping is die perfekte plek vir skemerkelkies. So, kliek hier en bespreek verblyf by dié romantiese oase – jy kan selfs hier trou!

Hollow on the Square

Untitled design.jp1g

Untitled design.jp2g

Dié hotel is in die middel van Tulbagh-plein in Kaapstad geleë. Daar is 56 ruim  semi-selfsorg-slaapkamers met en suite-badkamers en al die moderne geriewe. The Green Annexe, wat ook deel van die hotel vorm, bied omgewingsvriendelike gasvryheid met 30 rustige en stylvolle kamers wat uit natuurlike materiaal gebou is sonder om luuksheid prys te gee. Die hotel is net tien minute se stap van die V&A Waterfront af en vyf minute vanaf die Groentemarkplein, St Georges Winkelsentrum en die pragtige blommemark. Hollow on the Square is die ideale blyplek as jy “Afrika se Manhattan” te voet wil verken, so kliek gerus hier om jou kamer te bespreek.

Perry’s Bridge Hollow Hazyview Boutique Hotel

Untitled design.jp78g

Dié hotel is op n unieke perseel tussen kremetart-, vye- en akasiabome in die hartjie van die koloniale Perry’s Bridge-handelspos in Hazyview geleë. Hiér kan jy smul aan n stewige plaasontbyt, vullende kroegkos en rojale driegangmaaltye by die eiesoortige eetplekke op die perseel. Perry’s Bridge Hollow Hazyview Boutique Hotel is net tien minute se ry van die Krugerwildtuin af en dit neem sowat 40 minute om tot by die Panorama-roete te ry. Daar is 27 ruim kamers en drie gesin-suites wat ontspanne, dog gesofistikeerde verblyf in n luisterryke inheemse tuin bied. So, kliek hier en bespreek nou verblyf vir jou volgende wildtuinwegbreek!

***

Hollow-hotelle bied beslis iets wat in almal se smaak sal val ─ van die betowerende Tuinroete tot by Tafelberg en die Krugerwildtuin! Besoek LekkeSlaap gerus om n kuiertjie by een van dié hotelle te bespreek en kom kyk self watter opwindende doendinge en besienswaardighede in die omtrek skuil.

Hooffoto: Knysna Hollow Country Estate