Travis Snyder, ‘n geleentheidskoördineerder en Utah-boorling, het die eerste 5 km-kleurdraf georganiseer met die doel om mense opgewonde oor hulle gesondheid te maak. In Januarie 2012 het die eerste kleurdraf in Phoenix, Arizona plaasgevind met ‘n allemintige 6 000 deelnemers. Dit het soveel opskudding veroorsaak dat 15 ander lande ook by die inisiatief betrokke geraak het.

Vanjaar is daar twee 5 km-kleurwedlope in Suid-Afrika! (Een was alreeds 21 September in Johannesburg.) Nes al die ander kleurwedlope beloof die een in Kaapstad ook om ‘n kaleidoskoop van kleur, energie, dans en musiek te wees. Dis ‘n fees wat geluk, gesondheid en individualiteit vier, ongeag jou ouderdom en vermoëns. Almal is welkom, van kinders tot grootouers, want daar word nie wenners gekies nie, daar is nie ‘n afsnypunt nie, en niemand monitor of jy stap, kruip, trippel of draf nie. Die doel is om jou gate uit te geniet, terwyl jy met elke kilometer nog ‘n kleurtjie ryker word. Om nuwe drawwers te verwelkom, word daar elke 15 minute ‘n kleur-aanval by die eindpunt geloods. Die pret hou net nie op nie!

Die wedloop eindig op ‘n feesterrein waar musiekoptredes van Mi Casa, Goodluck, LCNVL, Crazy White Boy en Roger Goode te wagte kan wees. Daar is opwindende aktwiteite en baie verrassings ook! Met kosstalletjies vir honger mae en ‘n kroeg-area vir drawwers ouer as 18, gaan die partytjie nie sommer direk na die 5 km-draffie stopgesit word nie.

Is jy net so opgewonde soos ons oor die ‘Colour Me Crazy 5km Run & Colour Fest’? Koop jou kaartjie vandag nog sodat ons saam-saam ons ware kleure by kan wys.

Scooter Lowrimore (flickr)

Kitskennis:

  • Datum: 26 Oktober 2013 (Kaapstad)
  • Plek: nog nie bevestig (Kaapstad)
  • Tyd: 09:00-20:00 (Wedloop: 11:00-12:30, Musiekfees: 11:00-20:00)
  • Koste: R320 aan Quicket. Hierdie fondse word vir liefdadigheid geskenk.
  • Kontak: +27 (0)21 439 3249 
  • Webadres: www.colourmecrazy.co.za
  • E-pos:  info@colourmecrazy.co.za
  • Elke deelnemer kry ‘n T-hemp, tatoeëring, sak met poeier, sweetband en geskenkpak met komplimente van die borge.

Foto: Scooter Lowrimore (flickr)

 Wenke:

  1. Dra wit klere wat maar vuil mag raak. Jy kan in enigiets opdaag, van ‘n tutu, eenstuk (“onesie”), baaibroek tot gewone loslitdrag.
  2. As jy jou T-hemp weens sentimentele redes wil hou, spuit asyn daaroor en stryk dit dan om die kleur te behou.
  3. Bring ‘n son- of duikbril om jou oë te beskerm.
  4. Dra al jou waardevolle items in ‘n plastieksak.
  5. Bring jou vriende en gesin saam. Kinders onders ses hoef nie te betaal nie.
  6. Ons kan jou help met lekke akkommodasie lekke naby die wedlope in Kaapstad en Johannesburg.
 
Hooffoto:  lasdc9 (flickr
Foto 1: Scooter Lowrimore (flickr)
Foto 2: Scooter Lowrimore (flickr)