Droom jy van ‘n wittebrood waar julle omring is deur die pragtige bosveld? ‘n Plek waar jy gedurende die dag op wildritte kan gaan of met ‘n lugballon oor die vlaktes kan sweef? ‘n Lodge wat in die aand soos ‘n sprokiesplek lyk, verlig deur laterns en kerse? ‘n Intieme wegbreek in die wildernis? Ngama Tented Safari Lodge is net dié plek.

By Ngama kry jy die perfekte balans tussen weelde en ontspanning. Die pragtige seiltente is so ontwerp dat dit die beeldskone omgewing omhels, maar steeds aan gaste privaatheid gee. Dié plek bied egter nie jou gewone kampeerervaring nie! Die seiltent is toegerus met moderne geriewe wat ‘n koninggrootte-bed en ‘n losstaande bad insluit. Skoon kleure en houtafwerkings skep ‘n gevoel van ruimte en rus, terwyl die muskietnet ‘n sagte romanse aan die kamer verleen. In die aand waai daar ‘n briesie deur die tent en jy hoor slegs die geluide van die natuur. Daar is ‘n houtdek en ‘n buite-stort wat verseker dat julle behoorlik tyd in die natuur kan deurbring. Ngama is ‘n intieme safari-lodge met slegs ses seiltente, wat verseker dat gaste dikwels soos die enigste mense in die kontrei voel.

Kamergeriewe:

  • Koninggrootte-bed
  • En suite-badkamer
  • Losstaande bad
  • Toiletware
  • Buite-stort
  • Tee- en koffiestasie
  • Privaat dek

Ngama is geleë naby aan Hoedspruit, die bekende Thornybush-wildreservaat en die beroemde Krugerwildtuin. Die ligging impliseer dat daar talle aktiwiteite in die omtrek is, maar dat jy altyd afgeleë voel – ‘n perfekte balans vir die wittebrood van ‘n leeftyd. Word in die oggend wakker en geniet ‘n heerlike ontbyt met die sonsopkoms en gaan daarna op Ngama se begeleide staptoer deur die bos. Terwyl jy en jou geliefde die natuur geniet, deel die gidse hulle kennis van die veld. Besoek in die middag Hoedspruit se “Endangered Species Centre” en ontmoet die bekende en ongewone bok-en-renoster maatjies. Die volgende dag wink die Panorama-roete se asemrowende uitsigte vir jou, of ‘n wildrit vat jou deur die Krugerwildtuin. Wanneer jy slegs wil ontspan en ‘n luilekker dag saam met jou geliefde wil deel, is daar drankies en ‘n plonsswembad by Ngama. In die aand stap jy tussen flikkerende lanterns terug na jou liefdesnes, waar flikkerende kersies om ‘n warm bad wag.

Aktiwiteite in die omgewing:

  • Begeleide staptoer in die bos
  • Wildrit in ‘n wildreservaat waar die Groot 5 gesien kan word
  • Dagtoer na die Krugerwildtuin
  • Besoek die Hoedspruit Endangered Species Centre
  • Dagtoer na die Panorama-roete
  • Bootrit op die Blyderivierpoortdam waar die Kadishi Tufa-waterval, seekoeie en krokodille gesien kan word.
  • Sweef op ‘n warmlugballon
  • Besoek die Moholoholo-rehabilitasiesentrum
  • Avontuursport by die Canyon-avontuursentrum
  • Safari op ‘n olifant se rug

Ngama Tented Safari Lodge bied die volgende ekstras vir wittebroodpaartjies:

  • ‘n Romantiese piekniek
  • ‘n Ontspanne skemerkelkie
  • Private boma-ete
  • Die kamer word saans omskep in ‘n romantiese ruimte met kerse, ‘n borrelbad en sjampanje.

Die prys per persoon per aand is R1060 wat die volgende insluit:

  • Akkommodasie
  • ‘n Volle ontbyt
  • Heerlike aandete
  • Tee en koffie
  • Gebottelde drinkwater

Indien jy ‘n wittebroodpakket wil bespreek, stuur asb. ‘n e-pos aan info@lekkeslaap.co.za en skryf in jou onderwerpgleuf “Mooi Troues: Ngama Tented Safari Lodge – Hoedspruit”, en ons sal jou help.

Jy kan ook die skakel na ons webtuiste volg: http://www.lekkeslaap.co.za/akkommodasie/ngama-tented-safari-lodge