Ek is seker die slimkoppe by Google is besig om te tweak aan die eerste prototipes van masjiene waarmee jy in ‘n oogwink van die hede na die verlede (en wie weet, miskien selfs die toekoms!) kan rits. Maar ‘n mens kan ook verwag dat die genieë wat in beheer is van hierdie projekte op die oomblik nog kopkrap oor die fynere details: Hoe moet die ding lyk? Kan ‘n mens reis na ‘n tyd voor elektrisiteit as jou tydmasjien met elektrisiteit werk? Gaan die batterye hou? Sal Sanlam uitbetaal as jou tydmasjien vashaak of jou neem na ‘n post-apokaliptiese aarde wat wemel van kakkerlakke, maar sonder enige ander tekens van lewe? Hoe dit ook al sy, dit gaan dalk nog ‘n rukkie wees voor Verimark ons begin vertel hoekom die lewe sonder ‘n tydmasjien absoluut onleefbaar is. Maar as jy die regte inligting in ‘n soekenjin invoer, kan jy maklik ‘n blik op die verlede kry (en dit is nie nodig om jou makelaar te bel om jou risikoprofiel aan te pas nie!). Sluit by my aan vir ‘n vinnige toe-en-nou-reis en kyk hoe ons stede gelyk het voor selfone, skootrekenaars en verkeersknope.

Johannesburg

Johannesburg (vroeë 1900’s)

Markplein, Johannesburg (19de eeu)

Markplein, Johannesburg, vanuit die Carlton-sentrum (2013)

NicoRoets(flickr)

Johannesburg se liggies (21ste eeu)

Bloemfontein

Bloemfontein met Tweetoringkerk in die agtergrond (1905)

Bloemfontein met Tweetoringkerk in die agtergrond (2014)

Port Elizabeth

Markplein, deesdae Vuyisile Mini Square, Port Elizabeth (19de eeu)

Port Elizabeth se stadsaal in Vuyisile Mini Square (vroeë 1900’s)

Port Elizabeth se stadsaal (vroeë 2000’s)

Durban

Durban se baai (19de eeu)

Durban se hawe (21ste eeu)

West Street, deesdae Charlotte Maxeke Street, Durban (19de eeu) 

Charlotte Maxeke Street, Durban (21ste eeu) 

Kaapstad

Kaapstad se Waterfront (19de eeu)

Die V&A Waterfront (21ste eeu)

Jan van Riebeeck-plein met St Stephen-kerk in die middel links (19de eeu)

Parkeerterrein langs Buitengrachtstraat met dieselfde kerkgebou links (21ste eeu)

Foto’s

Johannesburg:

  1. http://transitionurbandesign.blogspot.com/
  2. Markplein, Johannesburg, 19de eeu (http://www.sahistory.org.za/ ; Martin Plaut Collection)
  3. http://jacquesdb.co.za/tag/johannesburg/
  4. Nico Roets (flickr)

Bloemfontein:

  1. Steve Drewett
  2. Google Street View

Port Elizabeth:

  1. www.MyPE.co.za
  2. www.MyPE.co.za
  3. FireflyAfrica

Durban:

  1. www.ports.co.za
  2. Cal Harding (flickr)
  3. www.molegenealogy.blogspot.com
  4. Google Street View

Kaapstad:

  1. www.backpackersincapetown.co.za
  2. Danie van der Merwe (flickr)
  3. Cape Town – Down Memory Lane
  4. Google Earth