Verloor jou hart hierdie Valentynsmaand by die One&Only Cape Town! Lekkeslaap krul van opwinding en ons kan nie méér in ons noppies wees nie. Dis mos wat die liefde aan jou doen … Lekkeslaap het ‘dié een’ gevind: die One&Only Cape Town is stedelik-sjiek, wêreldwys en het ‘n hele rits internasionale toekenings onder die belt – Travel+Leisure het dit onlangs aangewys as Beste Hotel Spa in Afrika en die Midde-Ooste 2013. Twee luukse wolkekrabbers, twee privaat eilande omsoom met skitterblink waterweë, ‘n gesogte Spa, die legendariese sjef Nobuyuki “Nobu” Matsuhisa se enigste restaurant in Afrika,‘n Reuben Riffel bistro en die koelste kroeg in Kaapstad … Ja, die liefde blom wit by Lekkeslaap!

 

Verlei jou liefie met die volgende spesiale aanbiedings …

 

Reuben’s

Lus vir romantiese bistro geregte? Smul aan die 6 gange op Sjef Reuben se vasgestelde spyskaart teen R395 per persoon. Of bespreek ‘n tafel in die “Wine Loft” vir ‘n meer intieme ete met 12 rooi rose en ‘n bottel vonkelwyn teen R2500 per paartjie.

Wat van ‘n bespreking vir 12 vriende by “Reuben’s Tasting Table”?

Nobu

Bederf jou palet met die smaaksensasies van Nobu se Omakase 7-gang vasgestelde spyskaart teen R795 per persoon – elke gereg is ‘n Oosterse kunswerk.

Isola

Isola Restaurant is geleë langs ‘n swembad op een van die privaat eilande en is die perfekte Valentynsbestemming op ‘n warm somersaand. Die 6-gang vasgestelde spyskaart kos R395 per persoon.

Privaat Etes

‘n Dekadente privaat uiteet-ervaring kan gereël word in ons afgesonderde buitelug (not sure if this is the right word as its not in the open air)pavilion met ‘n uitsig oor die water. Smul aan Nobu se kulinêre kunswerke en laat die fyn sjampanjeborreltjies van Moët & Chandon jou tong kielie.

Vista Bar & Lounge

‘n Tafel met heerlike soet en sout happies, versier in skakerings van rooi staan gereed vir jou by die “Afternoon Tea Buffet” wat elke dag van die Valentynsnaweek gehou word. Vrydag tot Sondag van 2.30pm tot 5.30pm teen R185 per persoon.

Etes in die Kamer of Gourmet Pieknieks

Hoe klink ‘n kerslig-ete op ‘n privaat balkon vir jou? Of wat van ‘n romantiese piekniek langs die kanaal? ‘n Onvergeetlike aand wag op jou en jou geliefde by One&Only Cape Town!

Vir meer pragfoto’s, kliek hier.