Piekenierskloof Mountain Lodge is al jare lank ’n gewilde bestemming vir gesinne, wittebroodpaartjies en vriende wat saam wegbreek. Dié lodge is tussen die berge op die Piekenierskloofpas naby Citrusdal op die N7 geleë en is een van die gewildste stopplekke op die Weskus se nuwe selfry-bergroete. Dié bergroete begin in Velddrif en loop verby allerhande eiesoortige dorpies al die pad tot by die Sederberge. Die lodge het nie net ʼn prentjiemooi ligging nie ─ dit bied ook allerhande doendinge vir jonk en oud wat gaste keer op keer laat terugkeer.

Pikenierskloof-0008

Pikenierskloof-0016

1

Nadat die lodge se gewilde zipline onlangs in ʼn veldbrand verwoes is, het hulle besluit om dit op te knap en dié keer sommer ekstra oemf te gee! Drie van die sewe platforms is al gereed en die ander vier behoort teen Augustus klaar te wees. Die volledige roete sal avontuurlustige gaste oor ʼn dam, boomtoppe en tot onder in die vallei laat sweef. LekkeSlaap is die geleentheid gekry om die eerste drie platforms te toets en dié voorsmakie was nét genoeg om ons te oortuig om terug te gaan vir die res!

Pikenierskloof-0088

Pikenierskloof-0206

Pikenierskloof-0257

As jy bietjie skrikkerig is om dié avontuursport aan te pak, behoort die volgende feite jou gerus te stel:

Zipliners dra ʼn helm en veiligheidsharnas wat aan twee staalkabels vasgemaak word.

-Besoekers van 8 jaar en ouer word al toegelaat om te zipline, so as hulle kan, kan jy ook!

-Die oudste persoon wat die zipline hier aangepak het, was 85 jaar oud ─ dít wil gedoen wees.

Pikenierskloof-0137

Alles wat jy verder van dié zipline moet weet:

-Net die eerste drie kos R150 en as jy al sewe wil baasraak, sal dit jou maar net R250 uit die sak jaag.

-Kinders tussen 8 en 12 jaar moet deur ʼn ouer persoon vergesel word.

-ʼn Maksimum gewig van 110 kg word toegelaat.

-Maak seker jy is ʼn halfuur voor die tyd daar om jou vrywaringsvorm by ontvangs in te vul.

-Geen alkohol mag voor of tydens zipline gebruik word nie.

-Bespreek minstens ʼn dag vooruit vir ʼn spesifieke tydsgleuf (om beskikbaarheid te verseker) by 022 921 3574 (Natasha).

Pikenierskloof-0375

2

Bring jou gesin of vriende vir ʼn paar uur se pret by Piekenierskloof ─ of jy nou by die lodge self kom bly of jou net iewers aan die Weskus tuismaak. Gaste wat by die lodge self kom bly, kan minigholf speel en in die buiteswembad en die verhitte binnenshuise swembad baljaar. Daar is ’n speletjieskamer vir die jongspan, asook ’n speelarea met ’n trampolien, ’n klimraam en ’n reuse skaakstel.

IMG_20160629_142458

11d870524fe2da444a6685ae603fbd5ff5dd4082137404776699

Dagbesoekers kan ook kom teikenskiet, hulself bederf by die gesondheid- en skoonheid-spa, bergfietsry in die skouspelagtige omgewing, Carmien-tee en Darling Brew-bier proe en ʼn fynproewersmaaltyd by Kloof Restaurant geniet. Die restaurant, kroeg en stoep buite skep ʼn heerlike onthaalarea waar gaste ure lank sal kan kuier ─ in die somer én in die winter.

Pikenierskloof-0510

Pikenierskloof-0387

Pikenierskloof-0388

Pikenierskloof-0407

As deel van die nuwe zipline se bekendstelling het verteenwoordigers van Carmien-tee en Darling Brew-bier, wat albei in die omgewing geproduseer word, en Kloof Restaurant se sjef vir ons die mees interessante paring saamgestel: tee, bier en fynproewershappies!

Pikenierskloof-0490-tile

Dit is nie maklik om ʼn gunsteling uit die vyf smullekker kombinasies te kies nie. Maar as ons een móét uitsonder, is dit die kombinasie van Thunderbird-bier (“Indian pale ale”) met sy sitrusgeur, en sitroengras-en-gemmer-tee en “pulled pork” gemarineer in bier op ʼn taco ─ voorwaar ’n onverwagte maar heerlike mengsel van geure! Doen gerus navraag as jy die bier- en teeproe met die kos wil kombineer ─ dit is slegs vir groepe beskikbaar en die prys per persoon is nog nie vasgestel nie.

Pikenierskloof-0497

3

Ons het ook kans gekry om die akkommodasie self van nader te bewonder en ons kan nie wag om self daar te gaan bly nie! Die lodge het 22 vierster-hotelkamers en 16 selfsorg-chalets met ʼn driester-gradering. Elke chalet het twee slaapkamers met en suite-badkamers, ʼn solder, groot oopplan-sitkamer en -eetkamer, ʼn volledig toegeruste kombuis en ʼn patio met panoramiese uitsigte op die Sederberge.

52b7e46c6c37e72a849f36a6cef4d8a4b05fece21374049054172

Oorweeg jy nou om sommer hier by Piekenierskloof te kom bly nadat jy die zipline aangepak het? Kliek hier om te bespreek.

Untitled design (1)

Die Weskus bied só baie gesinsvriendelike roetes en doendinge, maar die nuwe #ZiplineKloof is werklik iets wat oud en jonk ewe veel sal geniet. Nou het jy nóg ʼn uitstekende rede om Piekenierskloof by jou verblyflysie te voeg. Bespreek sommer nou jou volgende vakansie aan die Weskus en maak seker dié lodge en die bergroete is ingesluit. As jy meer oor die Weskus se Bergroete wil uitvind, volg gerus West Coast Way op Facebook en Twitter.

Foto’s: LekkeSlaap se amptelike fotograaf, Pieter Wolhüter.