Sê ‘Ja’ vir lekke Vrydae …

Vrydae word gekenmerk deur ‘n bekoorlike feesstemming wat heers van sonop tot saans, en onlangs is een van my Vrydae van lekke na ongelooflik lekke bevorder toe ek ‘ja’ gesê het …

Hokaai, dis nie wat jy dink nie!

My ‘ja’ was nie op dáárdie vraag nie, maar op ‘n ander vraag wat vir enige wynliefhebber amper soveel vreugde bring: Wil jy die ekslusiewe Klink Toekennings se proesessie by die Constantia Wynvallei bywoon? JA! Wat ‘n ervaring! Ek kon sommer vinnig sien waarom dié Wynroete se wynplase spog met 7 benoemings in vanjaar se Klink Toekennings.

page

Stop die bus – Wat is hierdie Klink Toekennings dan nou?

Die jaarlikse Klink Awards word dié maand gevier en beloof om weer die beste van die beste in die wynindustrie te bekroon. Die toekennings fokus meer op die leefstyl-element van die wynplase en wynroetes as die smaak van die wyne self. Hoewel dit ‘n belangrike element is en ook deel is van die toekennings, is dit duidelik, as jy na die ongewone kategorieë kyk, dat hulle jou wil wys waar jy ‘n familie-/leefstyl-ervaring kan beleef. Volgens die organiseerders, is die twee hoofdoele van die Klink Toekennings om die kleiner plase op die verskeie roetes die kans te gee om die kollig te geniet indien hul bekroon word vir ‘n element anders as hul wyn self, en natuurlik om die plase die geleentheid te gun om met die publiek in verbinding te tree.

Die kategorieë is nie al wat dié toekennings anders maak nie. Oh nee, hier is die kinkel in die … wingerd: JY kies die wenners! Verder staan jy ook ‘n kans om self iets te wen. Frons? Laat ek verduidelik: die Klink Toekennings, uitgespreek as “klienk”, wat vanjaar vir die derde keer gehou word, benoem wynplase en wynroetes in verskeie kategorieë wat strek van Beste Proe-ervaring, Beste Funksie/Okkasie/Aangeleentheid aangebied deur ‘n Wynroete, Beste Akkommodasie by ‘n Wynplaas, Groenste Wynplaas ens. Altesaam is daar 16 kategoerieë. Maar jy, ja JY, kies die wenners. En elke keer wat jy vir jou gunsteling stem, staan jou kanse goed om lekke weeklikse pryse te wen. Die pryse sluit dinge soos ‘n ete by ‘n wynplaas, ‘n gratis nag se akkommodasie, spesiale kos- en wynparings, en natuurlik bottels wyn in.

Kliek hier om die lys van genomineerdes te sien, en begin sommer dadelik stem, onthou net dat jy slegs een keer per kategorie mag stem.

page
Wen nog verder pryse deur jou wyntoer-ervaringe op sosiale media te deel. Kry jou pelle bymekaar en neem so paar kiekies. Deel dit dan op Facebook , Twitter of Instagram met die hutsmerk #KlinkAwards

Oompie trap die petrol dat ons vinniger kan ry …

Ons wiele vir die dag: ‘n oopdak rooi toerisbus! Die City Sightseeing bustoere is gereelde padgebruikers in die Moederstad en neem jou op ‘n onvergeetlike kykrit deur die stad. Ons roete vir die dag was die Blouroete, wat die Kaapse Skiereland, insluitende die Constantia Wynvallei besoek. Dis nie per toeval dat ons deur dié oulike toerisbus opgetel is nie, die busdiens self is ook vanjaar genomineer vir ‘n Klink Toekenning in die afdeling vir Buitengewone besienswaardighede op ‘n Wynroete.

20140912_132153 page4

Probeer is die beste geweer – skietgoed vir ‘n kolskoot?

Ons kyk- en proetoer het by Constantia Nek begin waar ons heerlike vonkelwyn van Steenberg Wynlandgoed geniet het, net die ding om jou geesdrif aan te por! Gewoonlik neem die blou busroete jou na 3 verskillende wynplase, Groot Constantia, Eagles Nest asook Beau Constantia, elkeen anders in sy eie reg en werklik ‘n goeie indikasie van wat die wynvallei het om aan besoekers te bied.
Ons het egter slegs Groot Constantia, die oudste wynplaas in die land besoek, maar steeds kon ons kon steeds die die hele wynvallei se wyne proe. Met aankoms is ons bederf met ‘n “pop-up” wynproe-markie waar elk van die Constantia Wynvallei se wynplase ‘n spesiale proetafel met bederfies gehad het. Van kaas, versuikerde okkerneute, aarbeie, salm-happies en soethappies, is geen steen onaangeroer gelaat om te vesrseker ons ‘n onvergeetlike kos- en wynparing-ervaring het nie! Slukkie vir slukkie, en stappie vir stappie en happie vir happie kon ons sien waarom die Constantia Wynvallei werklik elkeen van hul benoemings verdien – hulle het sowaar ‘n kolskoot geskiet met die dag se program!

page

Constantia, ek smaak jou!

Klink Awards - Des (59)

Die Constantia Wynvallei spog vanjaar met die volgende benoemings:

Happy Times (Most Memorable Wine Route): Constantia Wine Valley
Heritage (Most Welcoming Cellar Door Experience): Klein Constantia & Groot Constantia
New (Best New Cellar Door Attractions): Silvermist Wine Estate
Beyond Expectations (Great Food and Excellent Wine): Steenberg
Gourmet (Best Gourmet Restaurant at the Cellar Door): Buitenverwachting Restaurant
Crowd Pleaser (Best Wine Route Event): Constantia Food & Wine Festival

Klein bietjie wyn, klein bietjie wyn, klein bietjie wyn vir my en ook vir jou …

Die besoek aan die Constantia Wynvallei het weer my liefde vir ‘n wynplaas laat opvlam, en ek het van voor af besef waarom ek so mal is oor wynproe, wynplase en die hele kultuur wat dit meebring. Hoewel ek self lief is vir wynproe, was dit vir my ongelooflik om te sien watter mengelmoes van mense by ‘n wynplaas kom kuier: gesinne met jong kinders wat baljaar, verliefdes wat soos duifies by hul eie tafel sit en koer, jong getroudes met ‘n pienkvoet nog in doeke, jongmense wat die fleur van hul lewe vier en so gaan dit aan. Dis duidelik dat ‘n wynplaas deesdae perfek is vir ieder en elk en sal werklik toesien dat almal die uitstappie geniet. Het jy geweet Suid-Afrika spog met meer as 500 wynplase waar jy kan wynproe? Verder het meer as 150 van dié plase restaurante en/of akkommodasie en dan bied meer as 300 wynplase een of ander geleentheid of konsert op ‘n gereelde basis aan. Van die aktiwiteite wat jy deesdae by wynplase kan geniet sluit in: vrugtepluk, markies met smullekker plaaskos, perdry, toere op ‘n Segway, wildsritte, voetslaan en bergfietsry.

20140912_133632         page3

Die somer is hier en dis tyd vir buitelug-plesier, so hier is ‘n lysie van sommige van die wynroetes waar LekkeSlaap ook lekke akkommodasie het – perfek vir ‘n lekke naweekwegbreek:

Stellenbosch – Stellenbosch Wynroete
Franschhoek – Franschhoek Wynroete
Constantia – Constantia Wynroete
Durbanville – Durbanville Wynvallei
Elgin – Elginvallei Wynroete
Paarl – Paarl Wynroete
Robertson – Robertson Wynvallei