Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Nanje Lourens

Nanje kom van Somerset-Wes af en het haar Nagraadse Diploma in Vertaling aan Universiteit Stellenbosch voltooi. Sy het ’n passie vir taal, veral Afrikaans, en probeer tans haarself Duits en Portugees leer. Sy is lief vir haar familie en vriende, en mal oor reis, kamp, lees en om in die kar te sing wanneer niemand haar kan hoor nie. Eendag sal sy haar grootste droom van haar emmerskoplysie aftiek - om met ’n woonwa deur die Europese platteland te reis.

Ons hou Winterfees in Williston

Sodra jy die wit klippe gewaar wat “Williston” teen die droë koppie uitspel, moet jy sommer reeds na ’n laer rat oorskakel. Nes jy om die draai ry, is dié dutjiesdorp sommer net hier voor jou en as jy jou oë ’n oomblik te lank knip is jy alweer anderkant uit ─ en dít sal […]

Bobaas-doendinge in die Baviaanskloof

Die naam Baviaanskloof, afgelei van die Nederlandse “vallei van bobbejane”, laat dié Wêrelderfenisgebied beswaarlik na ’n bestemming klink waar ek myself wil bevind. Maar tog is dié streek ook die tuiste van ongerepte natuur, nou klowe, kabbelende stroompies, steil bergpasse en groot, oop vlaktes oortrek met graslande wat van die Baviaanskloof ’n stukkie hemel op […]

’n Gids tot Augrabies

Die Augrabies-omgewing het baie diep in my hart gekruip. Die geel grasvlaktes, die ongewone kokerbome, die rooi Kalahari-sand en die vriendelike mense is wraggies iets besonders. Die Augrabies-waterval is natuurlik die groot trekpleister van dié omgewing en ten spyte van die afgeleë ligging, stroom toeriste steeds elke jaar hierheen om die grootste waterval in Suid-Afrika te […]

Vermy só die Paasnaweek-verkeer

Die eerste kwartaal het gevaarlik lank geraak en almal is die laaste maand sleepvoet en langgesig werk toe, maar nou is Paasnaweek uiteindelik in sig. Die tasse is so te sê gepak, al die boksies op jou onthoulysie is afgetiek en jy wil nie hê daar moet nou enigiets tussen jou en jou welverdiende wegbreek […]

Smul by dié 7 stasie-restaurante

Verlang jy na die dae van aansit vir ete op ’n trein, die oorverdowende fluit van een wat nader kom, of dalk die geluid van die wiele wat kap-kap onder jou sitplek? Goeie nuus: LekkeSlaap het ontdek waar jy dit en nog meer weer kan beleef. Ons wys jou waar jy weer op die perron […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang