Bo-op die Welbedachtberge en net 3 km van Knysna af, lê dié elegante lodge wat oor die Knysna-seemeer en Outiniquaberge kyk. Knysna is vir baie mense die pragtigste deel van die Tuinroete, met weelderige plantegroei, goue strande en die skitterende seemeer wat deur die dorp weef. Die hoofstraat, wat deel vorm van die N2, loop dwarsdeur die dorp en is met klein boetieks en winkeltjies uitgevoer, en jy en jou liefie kan hand-aan-hand al stappend die dorp se skoonheid en gees wat in die strate heers, inneem. Die groot, helderkleurige kranse van die Knysna Koppe staan wag by die mond van die seemeer en is ‘n geologiese kenmerk om te aanskou.

Knysna is ‘n bekende toeriste-bestemming, en dit is nie moeilik om te verstaan hoekom nie. Daar is so baie om te doen en sien. As jy bedrywig wil wees tydens jou wittebrood, bied Knysna ‘n groot verskeidenheid doendinge. As jy eerder wil ontspan in die arms van jou geliefde, bied Elephant Hide Lodge fantastiese wittebrood-pakkette wat jou sal toelaat om nét dit te doen.

DSC_5526

Elephant Hide of Knysna Gaste Lodge is 1 km van die N2 af geleë en het privaat suites wat perfek is vir ‘n wittebrood-wegbreek. Hulle het somer en winter wittebrood-pakkette vir 3, 4 of 5 nagte se verblyf. Die somer-pakkette sluit 3, 4 of 5 nagte se verblyf by die Lodge, ontbyt elke oggend, ‘n bottel vonkelwyn, ‘n sonsondergang bootvaart op die Knysna seemeer, ‘n romantiese piekniek in die Knysna woud, ‘n romantiese ete vir 2 in die privaatheid van jou eie suite (Suite Cafe) en ‘n masseringsbehandeling vir ‘n paartjie by Pezula Spa en Gym in.

Die tariewe vir 2015 somer-pakkette 1 Januarie tot 15 April en dan weer 16 September tot 31 Desember is: 3-nagte R4800, 4-nagte R5600, 5-nagte R6400 per persoon.

Die winter-pakette sluit 3, 4 of 5 nagte se verblyf by die Lodge, ontbyt elke oggend, ‘n bottel vonkelwyn, ‘n aandete op die Paddle Cruiser op die Knysna-seemeer, ‘n romantiese piekniek in die Knysna woud, ‘n romantiese ete vir 2 in die privaatheid van jou eie suite (Suite Cafe) en ‘n masseringsbehandeling vir ‘n paartjie by Pezula Spa en Gym in. Die tariewe vir 2015 winter-pakkette 16 April tot 15 September is: 3-nagte R4300, 4-nagte R4900, 5-nagte R5600 per persoon.

Daar is ‘n magdom dinge om in Knysna te doen vir die avontuurlustiges en selfs diegene wat net hulle skoene wil uitskop na die groot dag.

DSC_5350

Doendinge en besienswaardighede:

  • Olifant Park – wandel saam met die ou groottes, julle sal dit nooit vergeet nie.

  • Monkeyland – raak nou al aan mekaar se aapstreke gewoond en baljaar saam met die apies.

  • Woudtoere/ “Forest Tours” (Tony Cook Adventures) – verskeie begeleide toere deur die woud en langs die kus.

  • Voëlkyk – koer-koer vir mekaar terwyl julle die kleurvolle Knysna loerie soek.

  • Wandelpaaie in die dorp en in die woud – begin hand-aan-hand deur julle nuwe lewe saam stap.

  • Fotografie – uitstekende geleenthede vir sonsondergang- en natuurskoon-foto’s.

  • Canopy tours – julle kan soos Tarzan en Jane deur die bome swaai op ‘n foefie-slide.

  • Riviermonding kayak – maak seker julle is in dieselfde bootjie en roei tot by die see of tussen die kranse in

  • Tuinroete Nasionale Park – gaan stap, ontspan of hou piekniek.

  • en nog vele, vele meer …

 DSC_5434

Indien jy ‘n wittebrood-pakket wil bespreek, stuur asb. ‘n e-pos aan info@lekkeslaap.co.za en skryf in jou onderwerpgleuf “Mooi Troues: Elephant Hide Lodge – Knysna”, en ons sal jou help.