Vasgevang in die beton-oerwoud? Verruil jou hoëhakskoene of bruin leerskoene vir ʼn paar waterstewels of plakkies en kom baljaar by een van die pragtige, plattelandse plaashuise wat ons dié week aan jou bekendstel. Miskien wonder jy dalk of jy genoeg murg in jou pype het vir ʼn vakansie op ʼn werkende melk-, volstruis- of skaapplaas … Raai wat!? By dié 10 opgeknapte plaashuise sal jy so tuis voel soos by jou eie huis.

lib

Libertas Guest Farm bied 4-ster selfsorg-akkommodasie vir 10-12 gaste op ʼn produserende melkplaas in die hartjie van die Tuinroete. Die plaashuis is netjies opgeknap en dateer uit die 1800’s met pragtige, oorspronklike geelhoutbalke. Dit is die ideale wegbreekplek vir groot gesinne of vriendegroepe wat behoefte het aan ʼn blaaskans in die platteland. Die lieflike kaggel, stoep, braaigeriewe, ruim werf en WiFi sal jou absoluut tuis laat voel. Jy kan voëlkyk, fietsry, visvang, bergfietsry en perdry in die omliggende omgewing. En Libertas voorsien egte vars plaasmelk en vuurmaakhout!

5abb72c0eaeb0b27d2153bfb31d5fc5d9a53daa51395563656322

5abb72c0eaeb0b27d2153bfb31d5fc5d9a53daa51395561759110

5abb72c0eaeb0b27d2153bfb31d5fc5d9a53daa5139573910936

5abb72c0eaeb0b27d2153bfb31d5fc5d9a53daa51395739123552

5abb72c0eaeb0b27d2153bfb31d5fc5d9a53daa51395752292457

Bespreek nou hier!

kasteel

Moeg van die stadslewe? Kom geniet ʼn ontspanne wegbreek op hierdie pragtige plaas in die Oos-Vrystaat. Bring jou gesin en bergfietse saam vir buitemuurse pret en vars lug. Kasteelkop Guest Farm is ‘n kommersiële plaas en hier word met Bonsmara-beeste en perde geboer. Die verblyf bestaan uit ʼn mooi, pragtige 100 jaar oue sandsteenplaashuis met ʼn kaggel, DStv, lieflike stoepe en ʼn ingeboude braaiplek. Die huis is gerestoureer om sy eertydse glorie te weerspieël en dien nou as ʼn troeteldiervriendelike gastehuis. Jy kan heerlik op die stoep sit en die uitsigte oor die vallei bewonder, of baarshengel, voëlkyk en visvang.

b93b674bbc310eba5d1e6ef5b11946fb20ccbf231383663125754

b93b674bbc310eba5d1e6ef5b11946fb20ccbf231383663244463

b93b674bbc310eba5d1e6ef5b11946fb20ccbf23138366371994

b93b674bbc310eba5d1e6ef5b11946fb20ccbf231381934811146

b93b674bbc310eba5d1e6ef5b11946fb20ccbf231381934660107

Bespreek nou hier!

water

Waterkloof Gasteplaas is ʼn lieflike, ruim woning wat dateer uit 1870, op ʼn werkende plaas aan die voet van die majestueuse Swartberge. Die eienaars boer met volstruise, beeste, skape, Angorabokke en groentesaad. Gaan op dagstappies op die plaas, draf of ry fiets tussen die landerye of ontdek die bergfiets- en staproetes. Waterkloof is ook ʼn voëlkykparadys met ʼn groot verskeidenheid verskillende voëlspesies. DStv en ʼn braai-area is beskikbaar, so jy kan ook net terugsit, ontspan en die asemrowende uitsigte oor die Swartberg en Kammanassieberge bewonder. Die vars lug, skitterende sterre en stilte is waarlik uniek aan die Klein Karoo

f2a8548e91586aece1f59584ad9fbdf51c5b148b1414576072326

f2a8548e91586aece1f59584ad9fbdf51c5b148b1414575960746

f2a8548e91586aece1f59584ad9fbdf51c5b148b141457578841

f2a8548e91586aece1f59584ad9fbdf51c5b148b1414575142497

f2a8548e91586aece1f59584ad9fbdf51c5b148b1395782833447

Bespreek nou hier!

middel

Dié ouwêreldse plaashuis wat onlangs opgeknap is, is perfek vir ʼn romantiese wegbreek of vir ʼn gesin wat wil ontspan op ʼn plaas. Die huis het Oregon-vloere en plafonne en sy oorspronklike vensters. Die huis het ook ʼn groot stoep met ʼn lieflike uitsig oor die Overberg se heuwels. ʼn Buitebraai-area (Die Kraal) verseker onvergeetlike aande om die vuur en die DStv sal jou sommer tuis laat voel. Doendinge op die plaas sluit voetslaanroetes, bergfietsry, wild- en voëlkyk, visvang en swem in die plaasdam in. Daar is ook ʼn omheinde grasperk vir kinders om op te baljaar.

70ad4083d7539cad7f6aab20e23adfe348ee48561414953655591

70ad4083d7539cad7f6aab20e23adfe348ee48561414953903915

70ad4083d7539cad7f6aab20e23adfe348ee48561414954771483

70ad4083d7539cad7f6aab20e23adfe348ee48561414954232304

70ad4083d7539cad7f6aab20e23adfe348ee48561414954500425

Bespreek nou hier!

berlu

Berluda Plaashuis en Kothuise is ideaal geleë op pad na die Kangogrotte toe. Die naam ‘Berluda’ verwys na ʼn appelkoos-variëteit wat in die vallei verbou word. Dié vallei was bekend as die groentetuin van die Klein Karoo, aangesien uie, beet, aartappels, wortels, asook appelkose vir baie jare op groot skaal hier verbou is. Berluda is ook deel van ʼn groot volstruisplaas, en bied ʼn privaat toer op versoek. Buiten die braaiplek en pragtige uitsig spog dié plaas ook met geriewe soos ʼn TV, swembaddens, WiFi, Jacuzzi, DStv en ʼn kroeg. As jy die buitelug wil trotseer is daar geleenthede vir baars- en forelhengel, fietsry, wildkyk, stap, swem en perdry.

4b81f9aeedbf715e3eab241fa9857ce24956e5051367936129942

4b81f9aeedbf715e3eab241fa9857ce24956e5051386255564413

c9f43b2ff8c368fa02c2614d3ce5e58b89ce45801363090390355

4b81f9aeedbf715e3eab241fa9857ce24956e5051386240718362

4b81f9aeedbf715e3eab241fa9857ce24956e5051367936372206

Bespreek nou hier!

moolman

Daar word bespiegel dat Van Moolmanshof (1798) die oudste huis in Swellendam is. Dit is ʼn klassieke voorbeeld van ʼn Kaap-Hollandse plaashuis en is geleë op die laaste oorblywende hektaar van die oorspronklike plaas. Benut die voorreg om in ʼn egte nasionale monument te slaap! Dié herehuis is onlangs opgeknap en stylvol versier om erfenis-akkommodasie met die ontspanne atmosfeer van ʼn vervloë era te bied. Die lieflike kaggel, ingeboude braaiplek, DStv, ADSL-lyn en sprankelende swembad vermeng ouwêreldse bekoring en hedendaagse gerief. Jy sal beslis ook nie verveeld wees in die buitelug nie waar jy kan voëlkyk, swem, gaan stap en natuurreservate kan besoek.

a1089b6b3ef8e927109ebc0943e262b820b26bd81372233053886

a1089b6b3ef8e927109ebc0943e262b820b26bd81372233019192

901f60ec2d8733e919508efc61860d2006b6ab881373468053978

c41cbb8bca540ba223bbc0b344e744c4494ac5321372232855795 (1)

a1089b6b3ef8e927109ebc0943e262b820b26bd81372232723953

Bespreek nou hier!

ruim

Beleef die rustige, stil plaaslewe in ʼn opgeknapte, ou plaashuis naby Upington. Ruimland Gastehuis se groot buite-area word deur reuse skadubome beskut en is ideaal vir enige natuurliefhebber. Braaigereedskap en hout is ook beskikbaar sodat jy die braaiplek behoorlik kan inwei. Alhoewel dié verblyf lekker sakpas is, is daar steeds DStv, ʼn moderne kombuis en selfs ʼn daaglikse skoonmaakdiens ‒ dis mos nou lekke! As jy mooiweer wil benut kan jy gaan voëlkyk of wynproe in die omliggende omgewing.

61e404d19fa30d498dddcccd74236141f5ef832b1409123114573

52182d8a1c250fe3a612ae6e1a4c044e235595941409123399731

8ebf10fdda511e0b40a825bfbee09532ee8923501409123675929

a9efcb243b6808c34af25a748320126fe0136ec21409123229695

61e404d19fa30d498dddcccd74236141f5ef832b1409123134415

Bespreek nou hier!

kol

Kolskoot Gastehuis is ʼn selfsorghuisie wat op die plaas De Panne geleë is. De Panne is ʼn tipiese werkende plaas in die Swartland. Hier sal jy pragtige waterpanne met vele watervoëls kan besigtig en selfs voëljagte in die wintermaande kan aanpak. De Panne is ook die tuiste van die bekroonde De Panne Angus-stoet. Kolskoot Gastehuis beskik oor ʼn lieflike onderdak-braaiplek wat uitkyk oor ʼn pragtige koringland en waterpanne. Braaihout, ʼn ten volle toegeruste kombuis, DStv en ʼn skoonmaakdiens word voorsien om jou vakansie nog meer gerieflik te maak. Jou troeteldier is ook welkom! Jy het ook ʼn keuse tussen doendinge soos voëlkyk, fietsry, visvang en wynproe.

fac934d439e63ea83b016dd7bb4f28565d855f7c140601512348

fac934d439e63ea83b016dd7bb4f28565d855f7c1406015128589

fac934d439e63ea83b016dd7bb4f28565d855f7c1406015122975

fac934d439e63ea83b016dd7bb4f28565d855f7c1406015131399

fac934d439e63ea83b016dd7bb4f28565d855f7c1406015124873

Bespreek nou hier!

eland

Hierdie bekoorlike kothuis is op ʼn werkende perske- en beesplaas geleë. Hier kan jy die outentieke plaaslewe beleef: Stap ʼn lekker lang ent, draf tussen die mielielande, of ontspan in die skaduwee van die groot bome in ons tuin. Die kothuisie het ʼn TV met DStv, ʼn DVD-speler en ʼn kaggel. Braai gerus ʼn vleisie op die ketelbraai of bestel vooraf ʼn lekker piekniekmandjie wat jy in die tuin kan nuttig. Verder kan jy op die perseel self voëlkyk, wildkyk of perdry.

700

b335a3d67a2468f8887bde7f476d760c60dc12ca1365334533673

b335a3d67a2468f8887bde7f476d760c60dc12ca1367065604264

b335a3d67a2468f8887bde7f476d760c60dc12ca1365332081677

b335a3d67a2468f8887bde7f476d760c60dc12ca1365332877891

Bespreek nou hier!

skei

Skeiding is ʼn werkende graan-, skaap-, volstruis- en Nguniplaas naby die N2 en halfpad (250 km) tussen Kaapstad en Knysna. Dis ʼn vriendelike familieplaas, ʼn leerskool vir stadsjapies, ʼn plek om te ontspan en dié plek om panoramiese berg-uitsigte te sit en bewonder. Geniet tuisgemaakte, plattelandse kookkuns deur Anné-Lize en haar spannetjie van bekwame en entoesiastiese assistente voorberei. Hier word jy behoorlik bederf met ʼn eerlikheiskroeg, elektriese komberse, voltruisleerpantoffels, verwarmer, kaggels in sommige kamers, ʼn pragtige patio, kluis, braaiplek en ʼn wasgoeddiens. Buiten die tipiese vakansie-doendinge soos voëlkyk, perdry, bergfietsry, wynproe, swem en baarshengel kan jy hier ook volstruise voer!

ca2104b59594e03efbd8bfd6bfe73990e44bacf11366696918336

a6fc54a0b4b752732b146ca5b15252c6da3a60721366696128202

04987c02a978161b66ec041eb011c35cd43843761366699183578

04987c02a978161b66ec041eb011c35cd43843761366700115911

6d364d26e2f00212bf8ab65ca0d587ce3a4e38881366650159362

6d364d26e2f00212bf8ab65ca0d587ce3a4e3888136665058854

Bespreek nou hier!

Beplan saam met ons jou volgende wegbreek uit die stad en ontdek skone Suid-Afrika se prettige platteland!

Alle foto's van akkommodasie afkomstig van instansies se profiele op www.lekkeslaap.co.za 
Hooffoto's afkomstig van Adrian Bischoff, slack12 en StormSignal op Flickr.