As jy nog nie jou somervakansie bespreek het nie, sit jy waarskynlik nou met ’n taamlike tameletjie. Om te keer dat jy volgende jaar weer sonder ’n wegbreekplek sit, het ons ’n bietjie in ons statistieke gaan rondkrap om uit te vind by watter minder bekende maar ewe lekker bestemmings jy ’n vinnige wegbreek oor die feesseisoen kan beplan ─ veral as alles van Margate tot die Kaap propvol bespreek is!

Tipiese Kaapse Kusvakansie

Verruil die immergewilde Melkbaai en Big Bay vir die rustiger Gordonsbaai en Melkbosstrand. Albei is steeds lekker naby die Kaap en hoofroetes en het ’n vakansie-atmosfeer wat jou skoon van die besiger alternatiewe sal laat vergeet.

StrandGordonsbaai

Kaap combo 1
Bloubergstrand
Melkbosstrand

Kaap combo 3

 

Wegbreek in walvis-en-wyn-wêreld

Wissel jou walvis-en-wyn-wegbreek in die Overberg af met ’n kuiertjie in Gansbaai ─ een van die minder woelige dorpies naby gewilde bestemmings soos Hermanus. Só is jy steeds naby albei terwyl jy werklik die nodige rus inkry.

HermanusGansbaai

overberg combo 3

 

Sonnige Strandvakansie aan die Suidkus

Smag jy na die Suidkus se warm waters, maar sien nie juis kans vir die swetterjoel mense op die strande nie? Draai jou stuurwiel na Port Edward en Umzumbe se kant toe ─ daar’s nét sulke lekker strande plus avontuur-doendinge wat skrik vir niks!

MargatePort Edward

SONY DSC

Amanzimtoti → Umzumbe

suidkus combo 2

 

Ware Weskus-wegbreek

Wonder jy elke jaar of jy ’n Weskushuisie moet bespreek voordat die massas op Paternoster en Langebaan begin toeslaan? Loer gerus na verblyf in Saldanha en St Helenabaai vir ’n rustiger wegbreek in ’n vissersdorpie waar jy steeds naby die Weskus se besienswaardighede en toeristeroetes is.

PaternosterSt Helenabaai

Bo-Bakkies pat-horz

LangebaanSaldanha

Speelhuis lange-horz

 

Binnelandse Baaivakansie

Bietjie laat besef jy sal nie die strand of binnelandse swembestemmings soos Harties en Sun City kan haal nie? Jy bekommer jou verniet! Bespreek gerus nog ’n blyplek in Parys aan die oewer van die Vaalrivier of gaan maak jouself tuis langs die Pongolapoortdam. Jy sal steeds na hartelus kan swem en jou batterye langs die water kan herlaai.

HartbeespoortdamPongolapoortdam

El Shadai harties-horz

Sun CityParys

The Kingdom Resort su n city-horz

 

Wegbreek in die Natuur

Daar is heelwat van ons wat eerder in die natuur wil gaan wegkruip of binnelandse avonture wil aanpak. Clarens en Bela-Bela is al amper propvol, maar het jy al Sabie of Dullstroom oorweeg? Daar is nét sulke mooi uitsigte en allerhande avontuur-doendinge wat jy sonder die massas kan aanpak.

ClarensDullstroom

De Ark clar-horz

Bela-BelaSabie

ATKV Klein Kariba bela-horz

 

Toweragtige Tuiste op die Tuinroete

Jy gaan sukkel om nou nog ’n plekkie in gewilde dorpe soos Mosselbaai en Plettenbergbaai te vind. Gelukkig het die Tuinroete talle versteekte juwele waar jy steeds naby spogstrande en kuswoude kan bly!

MosselbaaiGroot-Brakrivier

Aquamarine 1 mb-horz

PlettenbergbaaiGlentana

La Vista Lodge3-horz

Untitled design

Nou toe nou! Daar is nie meer baie tyd vir laat slaap nie, so kliek op die bestemmings hieronder en bespreek voor selfs dié oulike, stiller plekke ook tjok-en-blok is.

Gordonsbaai | Melkbosstrand | Gansbaai | Port Edward | Umzumbe | St. Helenabaai | Saldanha | Pongolapoortdam | Parys | Dullstroom | Sabie | Groot-Brakrivier | Glentana

Hooffoto: Alkantmooi Private Nature Reserve Keurkloof Units