Is jy moeg gesukkel om die ideale wintervakansiebestemming vir jou en jou gesin in Suid-Afrika op te spoor? Ons het gaan ondersoek instel om uit te vind watter van die dorpies, streke en stede in ons land gedurende die winter die gewildste is en waarom. Só kan jy volgende keer ʼn ingeligte besluit maak as jy jou wintervakansie beplan ─ bespreek vroegtydig by ʼn gewilde bestemming of vermy die massas en kies juis koers in ʼn ander rigting!

2

1

Robertson en die omliggende dorpies vorm die hartjie van die Roete 62-wynroete in die Wes-Kaap met meer as 50 wynplase wat die dorp omring! Dis g’n wonder Wacky Wine Weekend (2 tot 5 Junie 2016) word juis elke jaar hiér gehou nie. Nie net kan jy die winterkoue kul met ʼn glasie rooiwyn op ʼn wonderskone wynplaas nie ─ jy kan ook gesellig by een van die baie brouerye en restaurante in die omtrek gaan kuier. Koop ʼn warm roosterkoek by een van die padstalle, gaan ontspan by Montagu se warmwaterbronne (net ʼn paar kilometer weg) of gaan stap op ʼn effens warmer dag op een van baie roetes rondom die dorp. Daar’s iets vir die hele gesin!

1

Bespreek nóú jou winterwegbreek in Robertson op LekkeSlaap.co.za

1 2

Winter in die Walviskykhoofstad ─ wat ʼn fees! Walviskyk behoort natuurlik heel boaan jou doenlysie te wees as jy enigsins tussen Junie en Desember in die Overberg kom kuier. Dan kan jy gerus ook die Kalfiefees (4-9 Augustus 2016), Wyn- en Kosfees (6-8 Augustus 2016) en die Hermanus Fynarts Fees (10-19 Junie 2016) bywoon. Kos- en wynliefhebbers kan hulle verlustig in die wyne van die Hemel-en-Aarde-vallei en die legio restaurante op die dorp. En as jy lief is vir snuisterywinkels, markies en kunsgalerye sal jy ure lank in die middedorp kan rondsnuffel. Waaghalse kan haaihokduik en ander avontuursporte aanpak wat dié tyd van die jaar ook gewild is ─ koue ofte not!

2

Bespreek nóú jou winterwegbreek in Hermanus op LekkeSlaap.co.za

3

3

Daar ver in die noorde van ons land is ʼn winterdag mos nooit regtig nat nie. G’n wonder ons gaste vlug noordwaarts as die wintervakansie aanbreek nie! Buiten die lekker droë weer is daar nog ʼn paar ander redes hoekom die Wildtuin en sommer die res van die Noorde dié tyd van die jaar ʼn treffer is. Wildkyk is aansienlik makliker omdat daar meer wild om die watergate is en die natuur minder ruig is, so mens sien die wild makliker raak. Van stapsafari’s en fototoere tot kultuurdorpies en rehabilitasiesentrums vir wilde diere ─ hier sal jy nooit verveeld wees nie. Dan is jy ook nog naby die grens as jy landuit wil reis, en ook naby genoeg om ʼn dag of twee op die Panorama-roete deur te bring!

3

 Bespreek nóú jou winterwegbreek naby die Wildtuin op LekkeSlaap.co.za

4

5

Die juweel van die Vrystaat en ʼn kunstenaarsparadys ─ is daar ooit regtig ʼn slegte tyd om Clarens te besoek? Natuurlik nie. ʼn Wintervakansie in dié dorp hou wel ʼn unieke voordeel in wat jy nie sommer op enige plek gaan beleef nie, en dit is sneeukyk! Die temperatuur in die omliggende Golden Gate Highlands Nasionale Park het al tot -15 ºC gedaal, so stel jou net die sneeu voor wat daarmee gepaard gaan … Maar as sneeu nie vir jou snaaks is nie kan jy gaan skuil by die brouery, ʼn gesellige restaurant of ʼn kunsgalery waar die kunswerke jou skoon van die koue sal laat vergeet. As jy nie skrik vir die koue nie kan jy natuurlik ook avontuursport en staproetes aanpak wat regdeur die jaar gewild is. Hiberneer jy eerder in die winter? Dan is Clarens steeds ʼn goeie idee, want al sit jy heeldag voor die kaggelvuur is dié dorpie se lekke verblyf en ongelooflike uitsigte nie iets wat jy sommer by die huis sal kry nie!

4

 Bespreek nóú jou winterwegbreek in Clarens op LekkeSlaap.co.za

5

4

Dis altyd somer in Margate! As jy uit en uit ʼn somermens is wat eenvoudig nie in die koue kan funksioneer nie, is KwaZulu-Natal se Suidkus, en spesifiek Margate, die droombestemming vir jou. Verbeel jou dis weer somer en kom hou ʼn behoorlike strandvakansie in die middel van die winter. Danksy al die Blouvlagstrande en seekosrestaurante in Margate hoef jy jou glad nie aan die winter te steur nie. Jy kan ook gholfspeel, haaihokduik, skubaduik of diepseevisvang sonder om ʼn ledemaat aan die koue af te staan en vir ʼn daguitstappie kan jy die natuurreservate of ʼn reptielpark besoek. Moenie die jaarlikse sardientjieloop tussen Mei en Julie misloop wanneer biljoene sardientjies koers kies Suidkus toe nie ─ dís glo nogal iets om te beleef!

5

Bespreek nóú jou winterwegbreek in Margate op LekkeSlaap.co.za

Sjoe, wie sou kon raai dat ʼn wintervakansie soveel verskillende doendinge, weerstoestande en besienswaardighede kan inhou? Wragtag nét in Suid-Afrika! As jy gou genoeg spring kan jy dalk selfs nog vir dié wintervakansie ʼn lêplekkie bespreek.

upper house

Alle akkommodasie-foto’s is afkomstig van blyplekke se profiele op Lekkeslaap.co.za

Robertson-collage: Links bo ─ “Outside Robertson” deur Tyrone Adams (Flickr) 
Hermanus-collage: Regs bo ─ “Hermanus, South Africa” deur jbdodane (Flickr). Regs onder ─ Hemel-en-Aarde-vallei deur Travis Baker (Flickr)
Krugerwildtuin-collage: Regs bo ─ Wildritte deur Mike (Flickr). Regs onder ─ “Bahlule Game Reserve / Kruger National Park” deur April Killingsworth (Flickr)
Clarens-collage: Regs bo ─ “Cafe moulin” deur Aquila (Flickr). Links onder ─ ClarensXtreme.
Margate-collage: Links onder ─ “Fish Platter” deur Benson Kua (Flickr)