Die Oos-Kaap is ’n pragtige provinsie in ons mooie Suid-Afrika en ons het 18 foto’s op LekkeSlaap.co.za gaan soek wat jou sal oortuig om jou tasse te pak en die pad te vat. As jy reeds ’n vakansie in dié provinsie bespreek het, gee hierdie foto’s vir jou ’n voorsmakie.
Die Sonskynkus en die Wildekus vorm deel van hierdie provinsie. Die Wildekus strek vir 250 kilometer teen die ruwe, ongerepte kus. Op party plekke is die groen heuwels vol kleurvolle rondawels. Dié somerreënvalstreek spog met matige weer gedurende die wintermaande wanneer die Sardientjieloop malgasse, robbe, dolfyne en roofvisse lok. Die Sonskynkus se klein dorpies, skilderagtige strande, rivieroewers en vriendelike mense dra alles by tot die wonder van dié streek.
Daar het jy dit nou! Daar is geen tekort aan fotogeleenthede in die Oos-Kaap nie. Dié provinsie is ’n ware skatkis vol allerhande juwele! Gaan maak sommer gou ’n draai!
As jy op Instagram is, neem gerus ’n foto van jou vakansie en merk (tag) ons ─ @lekkeslaap.co.za! Ons wil graag sien waar jy gaan wegbreek.
Hooffoto: Hole in the Wall op Bigstock