Verbeel jou ‘n plek waar geen motors verbyjaag en spoedvrate die verkeersligte ignoreer nie, ‘n plek sonder spitsverkeer en die geraas van swaar voertuie op ‘n besige pad. Hierdie plek bestaan, en jy hoef nie ure te ry, land-uit te vlieg, of op ‘n eiland te gaan kuier om dit ten volle te ervaar nie! Vir ‘n wegbreek uit die boonste rakke, is ‘n spa-wegbreek die beste medisyne om weer daardie huppel in jou stap terug te kry. Suid-Afrika spog immers met talle wêreldklas spa’s mét akkommodasie-geriewe vir ekstra gerief. Vir ‘n naweek van rus en om te verfris, besoek dié gunsteling-plekke in ons mooie land vir top behandelings én LekkeSlaap!

Boulders Lodge & Spa

Vir sakpas ontspanning: Boulders Lodge & Spa****

Dorp: Oudtshoorn, Wes-Kaap

Spa se naam: Boulders Spa

Spa se openingsure: Maandag – Saterdag, 09:00 – 18:00

Vir pret en avontuur is Oudtshoorn se Kangogrotte en volstruisplase definitief ‘n besoek werd, maar vir sakpas ontspanning is Boulders Spa die top keuse! Hierdie spa bied verskeie behandelings met Annique- en Vitaderm-velsorgprodukte. Nooi sommer ‘n vriendin saam vir ‘n spa-besoek of bederf jou geliefdes met geskenkbewyse wat vir drie maande lank geldig is. Vir die res van die dag kan jy Oudtshoorn verken of verder in die luukse Boulders Lodge ontspan. Die lodge spog onder andere met ‘n skitterblou swembad en borrelbad buite op die dek. En terwyl die kleinspan op die klimrame klouter, kan jy tydjies vir jouself afknyp vir behandelings.

Melk en heuning in die Kaap: O on Kloof Boutique Hotel & Spa

Dorp: Bantry Bay, Wes-Kaap

Spa se naam: Milk & Honey Boutique Spa

Spa se openingsure: Maandag – Sondag, 09:00 – 18:00

In die skilderagtige Bantry Bay, in die skadu van die ongerepte Leeukop, staan hierdie paradys, gereed vir gaste wat glorieryke rustigheid wil ervaar. Milk & Honey se houtdek met son deurdrenk, die uitsig oor die Atlantiese Oseaan en die geur van jasmyn sal jou bekoor, om nie eers te praat van die Theravine-bederfies nie – ‘n innoverende en wêreldbekende produkreeks.

Sante Hotel & Spa 2

Breek weg na die Wynlande: Santé Hotel & Spa*****

Dorp: Paarl, Wes-Kaap

Spa se naam: Bakwena Deluxe Spa

Spa se openingsure: Maandag – Saterdag van 09:00 – 18:00; Sondag van 09:00 – 16:00

Hierdie oord tussen die berghange van die majestueuse Simonsbergreeks, is net 40 minute van Kaapstad Internasionale Lughawe af, en is toegewy aan ‘n goeie en gesonde lewenstyl. Gaste wat by die hotel oorbly, geniet komplimentêre toegang tot die gesondheidsgeriewe wat ‘n unieke binnenshuise hidro-swembad met vloeistofklank, multi-hoogte liggaamsproeiers, nekmassering en teen-stroom weerstandswem, ‘n privaat sondek, ten volle toegeruste gimnasium, sauna, stoomkamer, jacuzzi en slakvormige multi-ervaring storte insluit. En dan praat ons nog nie eers van die behandelings wat gaste by die Bakwena Deluxe Spa kan geniet nie …

Pepperclub Hotel & Spa

Die beste in Suid-Afrika: Pepperclub Hotel & Spa*****

Dorp: Kaapstad, Wes-Kaap

Spa se naam: Cayenne Spa

Spa se openingsure: Maandag, Dinsdag, Donderdag en Saterdag van 09:00 – 18:00; Woensdag en Vrydag van 09:00 – 19:00; Sondag (spitsseisoen) van 10:00 – 16:00

Hierdie hotel in Kaapstad se kosmopolitaanse strook word volgens CNN Traveller as die beste luukse hotel in Suid-Afrika beskou, en is sowat R400 000 000 werd. Verwag 5-ster luukshede as standaard geriewe! Cayenne Spa, op die agste vloer van die hotel, is volgens baie mense die gewildste spa in Kaapstad. Vertoef by die sauna of verhitte swembad, geniet ‘n behandeling in een van die vier behandelingskamers, of gaan oefen in ‘n ten volle toegeruste gimnasium met die mees inspirerende uitsig denkbaar.

Saam met die gesin: Hans Merensky Hotel & Spa****

Dorp: Phalaborwa, Limpopo

Spa se naam: Indulgesenses Spa

Spa se openingsure: 09:00 – 22:00

Die gesinsvriendelike Hans Merensky Hotel & Spa spog met 143 kamers – van hotelkamers tot kothuise, selfsorg eenhede en junior suites -, konferensiegeriewe vir tot 200 afgevaardigdes en ‘n spa met basiese behandelings teen bekostigbare pryse. Plaaslike en internasionale gaste vertoef graag hier, omdat dit aan die Kruger Wildtuin grens en ‘n unieke kombinasie van gholf en wildkyk bied.

Stillness Manor & Spa

Stilte in die stad: Stillness Manor & Spa

Dorp: Tokai, Kaapstad, Wes-Kaap

Spa se naam: JoJos@Stillness

Spa se openingsure: Maandag – Vrydag van 08:00 – 19:00; Saterdae van 09:00 -17:00, Sondae en vakansiedae van 09:00 – 15:00

In hierdie klassieke Kaap-Hollandse herehuis, tussen die pragtige wingerde en woude van die Constantiavallei, kan jy verwag om bederf te word. Die herehuis spog met sewe ruim suites vir luukse verblyf waarvanaf Kaapstad en die Kaapse Wynlande verken kan word. JoJos@Stillness biedgesondheidsgeriewe en ‘n volle reeks opwindende spa-behandelings aan dagbesoekers, korporatiewe reisigers en toeriste. Die spa bestaan uit vyf behandelingskamers, ‘n sauna, stoomkamer, ten volle toegeruste fiksheidsentrum en ‘n groot binnenshuise swembad. As vrede, afsondering, privaatheid en ongeëwenaarde uitsigte jou droom is, is dit nét die plek vir jou.

Karkloof Spa 3

Spaar vir dié spa: Karkloof Spa*****

Spa se naam: Karkloof Spa

Dorp: Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal

Vir ‘n een-keer-in-‘n-leeftyd ervaring is Karkloof Spa sonder twyfel die beste keuse. In hierdie luukse boetiek-lodge met 16 versierde villas, ‘n uitgebreide wêreldklas-spa en 3 500 hektaar perseel met diere, sal jy soos ‘n adelike behandel word. Karkloof Spa se volledig-inklusiewe akkommodasiepakkette sluit ondermeer luukse verblyf, onbeperkte maaltye, peuselhappies en drankies, privaat begeleide wildritte, WiFi, ‘n wasgoeddiens en ‘n portier in. Asof dit nie genoeg is nie, word onbeperkte spa-behandelings en onbeperkte gebruik van die Hydro se terapiefasiliteite ook ingesluit. Hierdie bestemming-spa met sy oop ruimtes en intieme eksklusiwiteit, omvat elke aspek van ‘n heerlike reis om herstel en gesondheid aan te bewerkstellig.

Summerfields Rose Retreat & Spa

‘n Unieke pawiljoen-ervaring: Summerfields Rose Retreat & Spa*****

Dorp: Hazyview, Mpumalanga

Spa se naam: Summerfields Rose Spa

Spa se openingsure: Maandag – Sondag van 08:00 – 16:00

Summerfields Rose Retreat & Spa is geleë op een van die oudste plase in die Sabie-vallei, sowat 10 km van die Kruger Wildtuin af. Dit is egter die unieke en bekroonde spa-pawiljoen langs die Sabierivier, waarin die seekoeie teen skemer bad, wat dié spa-ervaring besonders maak. Jy kan ‘n hele reeks behandelings geniet terwyl jy uitkyk oor die berge en voëltjies hoor tjilp, sonder vensters of deure wat die uitsig belemmer. Daar is ook spa-kamers met ondermeer ‘n stoomkamer, jacuzzi, swembad en Vichy-stort. Gaste kan die spa as ‘n dagfasiliteit gebruik of by die fasiliteit oornag vir ekstra gerief.

‘n Turkse modderbehandeling: Emoya Luxury Hotel & Spa****

Dorp: Bloemfontein, Vrystaat

Spa se naam: Emoya Spa

Emoya Luxury Hotel & Spa is op die westelike grens van Bloemfontein geleë en bied sakpas verblyf en ‘n 5-ster spa – so terloops, die enigste spa in Sentraal Suid-Afrika met Turkse Rasul-geriewe (‘n modderbehandeling). Die spa het ondermeer agt behandelingskamers; ‘n verhitte rotspoel met waterval; ‘n eksotiese miskamer met rots-jacuzzi, waterval en kleurterapie; Emoya-voetbaddens in ‘n woud-opset; en ‘n sauna. Vir ‘n unieke ervaring, is dit sonder twyfel dié plek om te besoek … veral as jy in die unieke en outentieke “shack” wil oornag.

As die jaar te lank begin voel, kliek gerus www.lekkeslaap.co.za , tik een van die instansies hierbo in die soekgleuf op die tuisblad in, en bespreek ‘n luukse ontspanningswegbreek om weer so vars soos ‘n briesie te voel.