Is jou vierpotige vriend moeg vir die hondeherberg? Kyk hy/sy met verlangende oë na die voertuig terwyl jy inpak vir jou lang vakansiewegbreek?
Wel, LekkeSlaap het goeie nuus vir jou … ons weet van troeteldiervriendelike akkommodasie in elke liewe provinsie! Vandag het ons 10 lekke blyplekke in Noordwes uitgesonder om jou en jou woef van ’n vreedsame vakansie saam te verseker.
Salem Farmhouse is ’n huis met ’n gesellige, plattelandse atmosfeer en is ideaal vir gesinne, paartjies of vriende. Hier sal jy ’n pragtige kombinasie van bosveld en ’n tikkie nostalgie ontdek. Gaan stap, ry fiets of perd of swem in die lekker plaasdam ‒ of ontspan eenvoudig op die ruim veranda.
Kliek hier vir meer inligting!
Kleinklip se selfsorgverblyf is ideaal vir ’n groot familiebyeenkoms of gesinne en vriendegroepe van 4. Die lieflike braaiplek onder die sterre en gerieflike lapa skep lekker kuierruimtes waar jy sommer oor die wild kan sit en uitkyk. Daar is oorgenoeg plek vir jou troeteldier om homself/haarself gate uit te geniet!
Kliek hier vir meer inligting!
Pumba’s B&B bied vir enige reisiger ’n rustige, ontspanne wegbreek. Soggens kan jy salig aan jou ontbyt smul in die pragtige, grasgroen tuin terwyl jou brakkie op die gras baljaar. Saans kan jy ’n gesellige braaivleisvuurtjie aansteek of sommer ’n draai gaan maak by die restaurant op die perseel.
Kliek hier vir meer inligting!
Tapologo Lodge is ’n uitstekende keuse vir ’n wegbreeknaweek, weg van die stad se gejaag en geraas. Die restaurant, kroeg en swembad verseker dat jy nie ver hoef te ry vir ’n lekker kuiertjie saam met familie of vriende nie. Jou hondemaat sal al te lekker in die groot tuin kan speel of ontspan.
Kliek hier vir meer inligting!
By Prickly Pear voel jy (en jou hondjie) so tuis soos by jou eie huis. Die gastehuis het verskillende gastekamers en ’n selfsorg-eenheid om van te kies. Die perseel is veilig ommuur en het ’n veiligheidshek, so jy sal jou nie oor jou beste vriend/in hoef te bekommer nie. Daar is selfs ’n spesiale kraan en drinkplekkie vir hom/haar.
Kliek hier vir meer inligting!
By Belle Vue kan jy nie net gerieflike verblyf of ’n gesellige atmosfeer verwag nie, maar ook asemrowende uitsigte oor die dam wat jy vanaf jou balkon kan sit en bewonder. Daar is ook ruim stoepe waar jy rustig met jou hondekind aan jou sy kan sit en teug aan ’n skemerkelkie.
Kliek hier vir meer inligting!
A Tapestry Garden Guest House spog met smullekker maaltye en ’n sprokiesagtige tuin! Die gazebo en stoep skep gesellige kuierruimtes vir ’n familie of vriende en die privaat swembad in die welige tuin is ’n lafenis in die hitte. Terwyl julle sit en kuier sal jou brakkie elke hoekie en draaitjie van die groot, privaat tuin kan verken.
Kliek hier vir meer inligting!
Luukse akkommodasie, sentrale ligging, privaatheid, maksimum gerief en ’n heerlike buffet-ontbyt ‒ wat meer wil jy hê? By The King’s Chateau kan jy in die somershitte saam met jou woef langs die swembad ontspan en in die winterkoue kan julle snoesig voor die kaggel sit. Die perseel is uiters privaat en gerieflik ‒ vir jou en jou beste vriend!
Kliek hier vir meer inligting!
Bietjie Vrede is nog ’n lekker bestemming vir ’n groot groep vriende of familie wat lekker om ’n braaivleisvuur of boma wil sit en kuier. Daar is ook ’n swembadjie as jy bietjie wil afkoel en verder ’n reuse verskeidenheid aktiwiteite in die omgewing, soos fietsry, wildritte, visvang, perdry en wandelpaaie. Dink net hoe lekker sal jou brakkie balspeel in dié ruim agterplaas!
Kliek hier vir meer inligting!
Dié lieflike rietdak-gastehuis bied stil en rustige verblyf teen sakpas-tariewe! Die lekker lapa en lowerryke tuin is ideaal vir ’n braai of piekniek waar jy na hartelus kan kuier, eet en ontspan en jou vierpotige maat net so lekker saam met jou kan vakansie hou. Na ’n dag se visvang, swem, tennisspeel of luilekker ontspanning kan jy op die balkon sit en die sonsondergang in die hartjie van Noordwes sit en bewonder.
Kliek hier vir meer inligting!
Dís mos hoe ’n hond lyk wat met vakansie is! Verbly jou hondevriend se hart en vat hom volgende keer saam met vakansie. Reël net vooraf met die eienaar as jy jou woef gaan saamneem. Hou ons blog dop vir troeteldiervriendelike akkommodasie in ander provinsies.
Alle foto's van akkommodasie afkomstig van instansies se profiele op www.lekkeslaap.co.za Hooffoto: Eddy Van 3000 op Flickr.