Die Tuinroete is een van die gewildste vakansiebestemmings in die land en ons kan verstaan waarom! Dié streek, wat van Mosselbaai na Plettenbergbaai al die langs die kus strek, spog met van die mooiste natuurtonele, insluitend uitgestrekte strande, riviere, ruig plantegroei en berge om te verken. Gedurende die somer is dit lieflik om in die warm see te swem, ’n roomys op die strand te eet en die jolige atmosfeer saam met ander vakansiegangers te geniet. 

LekkeSlaap het ’n lys gesellige vakansiehuise op die Tuinroete saamgestel sodat jy jou volgende wegbreek in hierdie streek kan bespreek. 

Lekkerbreek

Buffelsbaai

As julle nie lus is vir die skares van die besiger Tuinroete-dorpe nie, is Lekkerbreek in die stil dorpie Buffelsbaai net die plek vir julle! Dié huis is vir ’n groep geskik en bied slaapplek aan tien gaste. Daar is ingeboude braaigeriewe in die binnehof en ’n balkon met nog braaigeriewe en ’n uitsig oor die see. Die huis is stapafstand vanaf die swemstrand en ’n klippiestrand en julle kan selfs julle troeteldiere saambring om saam te kom vakansiehou. 

Simbavati Fynbos on Sea Cottage

Sedgefield

Simbavati Fynbos on Sea Cottage skuil teen die duine in Sedgefield en word deur ’n fynbosreservaat omring. Hier kan julle ’n ononderbroke see-uitsig vanaf die dek wat om die huis strek geniet en in die somer in die plonspoel afkoel. Die luukse huis het plek vir vier volwassenes en twee kinders en daar is ’n lekker groot grasperk waar hulle kan rondhardloop. 

Ned

Sedgefield

Ned is ’n ruim vakansiehuis naby Sedgefield se meer, strand, dorp en talle aktiwiteite in die omgewing. Die huis is vir agt gaste geskik en daar is oorgenoeg plek vir julle om saam te kuier. Die stoep bied ingeboude braaigeriewe, ’n etenstafel en gemaklike sitplek en daar is ook ’n houtvuurwarmbad en ’n vuurput in die tuin. Wagter is ook welkom om saam op die Tuinroete te kom kuier. 

Edge of Eden

Wildernis

Met beurtkrag wat deesdae ons lewens reël, is dit die ideale tyd om by Edge of Eden in Wildernis te kom afsaal. Dié selfsorgeenhede is onafhanklik van die nasionale kragnetwerk, so julle kan ’n wegbreek sonder die bekommernis van beurtkrag geniet. Cheesewood is ’n lieflike gesinseenheid vir ses en daar is ook ’n romantiese wittebroodeenheid as jy jou anderhelfte wil bederf. Houtvuurwarmbaddens en braaigeriewe is by al die eenhede beskikbaar.

Kleinkrantz Beach House

Wildernis

Kleinkrantz Beach House is ideaal as jou gesin op soek is na ’n plekkie by die see. Dié vakansiehuis is naby die strand in Kleinkrantz en spog met ’n Jacuzzi op die dek, ’n see-uitsig en ’n kaggel. Daar is slaapplek vir ses gaste in drie slaapkamers en julle troeteldiere is ook welkom. 

Wilderness Delight

Wildernis

Wilderness Delight sit hoog teen die heuwel in Wildernis en bied natuurlik een van die mooiste see-uitsigte in dié omgewing. Dié dubbelverdiepinghuis is geskik vir vier van julle en is gerieflik ingerig vir ’n onvergeetlike seevakansie. Kom kuier lekker op die dek en gooi ’n vleisie oor die kole terwyl julle die pragtige sonsondergang bewonder. 

Constantia Views Villa

Wildernis

Is julle op soek na ’n luukse wegbreekplek in ’n rustige omgewing met ’n ononderbroke uitsig oor die see? Dan is Constantia Views Villa in Wildernis net die plek vir julle! Dié ruim villa bied slaapplek aan agt gaste en ’n kombuis met moderne geriewe. Julle kan ook van die pooltafel, tafeltennistafel en veerpyltjiebord gebruik maak wanneer julle nie op die strand lê of op die balkon ontspan nie. 

Mama Dog’s Lair Luxury Villa

Plettenbergbaai

Dié luukse villa in Plettenbergbaai het ’n privaat paadjie na die strand! Die verblyf bestaan uit twee suites wat saam bespreek word met slaapplek vir twee gaste elk. Een van die stoepe front na die see en het ’n etenstafel en die ander een front na die swembad met sonstoele. Let wel dat die villa op dieselfde perseel as die hoofhuis geleë is en dat die eienaars troeteldiere het. 

River House

Plettenbergbaai

Ons kan nie aan ’n beter vakansiehuis as River House dink nie! Dié ruim huis skuil op die Keurboomsrivier se oewer en is vir tien gaste geskik. Dis die perfekte huis as julle vir die water lief is en graag swem en visvang. Daar is ook ’n swembad, stoep en braai-area met die mooiste uitsig oor die rivier en die bote wat daar verbyvaar. 

Plettenberg View Self-catering

Plettenbergbaai

Plettenberg View Self-catering is naby Blouvlagstrande in dié kusdorp geleë, so julle kan ’n behoorlike seevakansie hier geniet. Die ruim huis bied slaapplek aan ses gaste en het ’n mooi see-uitsig oor die huise en ’n swembad waarin julle kan afkoel. Die groot stoep is ’n lieflike kuierarea en het ’n etenstafel, gemaklike sitplek en braaigeriewe waarvan julle gebruik kan maak. 

Silver Spray

Victoriabaai

As julle nog nie in Victoriabaai gaan draai het nie, is dit nou tyd om daarheen te mik! Silver Spray bied selfsorgverblyf in drie eenhede reg teen die see in dié bekoorlike kusdorpie. Daar is twee ateljeewoonstelle, vir twee en drie gaste onderskeidelik, en ’n huis vir ses gaste om van te kies. Braai met die see op jou voorstoep by die Seafront Beach House en hoor, voel en proe die branders. Victoriabaai bied fantastiese branderplankrygeleenthede, so bring jou branderplank saam!  

Earth Wind and Ocean 8

Ballotsbaai

Ballotsbaai tussen Wildernis en Mosselbaai is elke natuurliefhebber se droom en Earth Wind and Ocean 8 skuil tussen ongerepte natuurskoon. Dié huis het ’n ononderbroke see-uitsig vanuit elke vertrek — in die badkamer kan jy selfs met die see in die agtergrond stort. Die moderne huis is vir ses gaste geskik en het ’n stoepie met gasbraaigeriewe en nóg ’n dek met ’n plonspoel, wat die ideale plek is om ’n skemerkelkie te geniet en die sonsondergang te bewonder. 

Beachside Bliss

Thesen Island

Kom kuier teen die kanaal by Beachside Bliss op die veilige Theseneiland-landgoed. Die huis is pragtig ingerig en het alles wat julle nodig het vir ’n selfsorgvakansie, selfs sy eie strand, so julle hoef nie eers ver te gaan nie. Daar is slaapplek vir agt gaste in drie slaapkamers en ’n woonstel, en die groot stoep het ’n braai-area en gemaklike stoepmeubels waar julle lekker kan kuier. 

Tergniet Beach Villa

Tergniet

Is julle ’n groot groep wat op soek is na ’n wegbreekplek by die see? Dan is Tergniet Beach Villa in Tergniet net die plek vir julle. Dié huis is vir twaalf gaste geskik en bied oorgenoeg plek vir julle om behoorlik uit te span. Berei heerlike maaltye in die twee kombuise voor en kuier op die lekker stoep met braaigeriewe en ’n Jacuzzi terwyl julle die uitsig oor die see geniet. Daar is ook ’n pizza-oond én die huis is troeteldiervriendelik. 

Die Tuinroete is vol skatte om elke hoek en draai, so pak solank jou tas en bespreek jou volgende vakansie hiér langs die kus. 

Hooffoto: Silver Spray (LekkeSlaap.co.za)