Kaapstad is onlangs aangewys as die hoof mengeldrankie-bestemming in die wêreld en staan gereed om 55 van die wêreld se beste kroegmanne en -vroue te verwelkom by die World Class 2015-eindstyd. Die deelnemers het dinge die afgelope jaar uitgespook sodat hulle hier in Suid-Afrika vir ons kan kom wys hoe om ’n drankie behoorlik te meng.

Van 28 Augustus tot 5 September 2015 kan jy by die World Class House in Woodstock gaan proe wat in hulle mengflesse skuil. As jy ouer is as 21 en dié wêreldklas-idee jou smaakknoppies alreeds laat sing, koop sommer nou jou kaartjie. ’n Kaartjie kos R180 waarvan R80 dien as krediet vir 2 verwelkomingsdrankies of 1 volle mengeldrankie-ervaring in een van die World Class House se kamers. Ekstra krediet vir drankies en ervarings kan by die Top Up Booths in die huis gelaai word (geen kontant word by die geleentheid gebruik nie).

Dink net, 7 groot handelsname in die bedryf, party wat jy dalk ken en ander uit ’n hele nuwe wêreld, wag om ontdek te word: Bulleit Bourbon, Don Julio-tequila, Ron Zacapa-rum, Johnnie Walker Blue Label-whisky, Ketel One-vodka en Tanqueray-jenewer is die kernbestanddele waarmee die koninklike kroegmanne en -vroue magiese mengeldrankies by dié geleentheid sal optower. Elke kamer in die huis verteenwoordig ’n unieke mengeldrankie-ervaring wat deur vorige jare se World Class-wenners gemeng word. Alkoholvrye mengeldrankies en peuselhappies is ook beskikbaar.

By die Bulleit Bourbon Hunting Lodge word gaste bederf met pepermentjulep-drankies in oorvloed en die gasvryheid waarvoor Kentucky so bekend is. Jy kan selfs die skepper, Tom Bulleit, ontmoet.

2

By “Symphony in Blue”, die Johnnie Walker Blue Label-kamer, wag ’n interaktiewe ervaring van 6 van die whiskygeure op jou. Tom Jones, Johnnie Walker se internasionale ambassadeur, sal die intieme proesessie lei (net 12 persone word op ’n keer toegelaat).

3

Die glans, opwinding en optimisme van die 1920’s kraai koning met klassieke mengeldrankies in die Tanqueray-kamer. Wêreldklas-kroegman Thomas Aske sal martini’s met ’n meganiese mengfles van staal optower.

Verbeel jou jy geniet Meksikaanse mengeldrankies en kos in ’n regte Meksikaanse kroeg … Wel, dié kamer loop oor van Latyns-Amerikaanse gees en besoekers kan heerlike parings met Don Julio-tequila geniet.

Lorena Vasquez en Rebecca Quionez nooi besoekers na die Zacapa-kamer vir ’n sensoriese reis deur Guatemala, met voortreflike rum en die wysheid dat ’n mens genoeg tyd moet neem om die lewe te geniet.

Die klassieke Bloody Mary kry ’n kinkel in die Ketel One-kamer. Die hoofbestanddele en geurkomponente word ondersoek terwyl besoekers hulle eie Bloody Mary in die lewe roep.

Domenico De Lorenzo, een van ons eie kroegmanne, verteenwoordig Suid-Afrika in die eindstryd. Ons hou duime vas, Domenico!

As jy ’n plekkie soek om te bly in Woodstock (dan kan jy sommer huis toe stap) kyk en kliek hieronder:

7

9

So, waarvoor wag jy? ’n Hele nuwe mengeldrankie-ervaring wag op jou! Bespreek sommer vandag nog jou kaartjie en blyplek. Ons sien jou daar!

Hooffoto: Tafelberg, Fotograaf: Mattharvey1 op Flickr